by

Blair (2)

September 2, 2012 in Sonder kategorie

Aangesien Monica so mooi vra…

Blair en die Franse president (Chirac ?) staan voor die kameras na dae se samesprekings.Altwee moet nou die gebruiklike

heunigkwas aanwend .

Blair verbeel hom hy sal die Franse behaag en Frans praat. Hy het mos jare gelede op skool Frans as vak geneem.

Te laat besef hy dat die waters te diep is, maar tou opgooi is min.

Die Engelse gedagtes wat hy uit die vuis in Frans wou vertaal was: “Ek begeer ten diepste ek kon vele van jul briljante President se

beleidsrigtings en posisies in Brittanje toepas. “

Wat hy egter in sy krom Frans aan die wêreld uitblaker was :

“Ek gegeer jul briljante president ten diepste in verskeie posisies. “

4 antwoorde op Blair (2)

  1. frandr het gesê op September 2, 2012

    Laat dit ‘n les wees vir elke arme drommel wat probeer Frans leer.

  2. TS het gesê op September 2, 2012

    hehehe… ook maar mens!

  3. Eish ! Aikona, nie goed nie ! He – he !

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.