Jy blaai in die argief vir 2012 September.

by Bruggie

Duimpies

September 29, 2012 in Sonder kategorie

Ek lees Leopold Scholtz se rubriek oor hoe plaaslike regses hulself en die Afrikaner-saak verongeluk . Hul saak het meriete. Hulle wil

plaasmoorde en die ANC se onvermoeë om dit stop te sit, dramaties onder die wêreld se aandag bring.

Hulle besluit om, in samewerking met n Vlaamse (?) verregse groep , n  geleentheid te kaap waartydens Nelson

Mandela vereer word.

Volgens Scholtz het n afgesaagde tirade deur Ahmed Katradra die wêreldmedia vervreem toe hy uitvaar teen die Nazi-agtige Afrikaners.  Die buffelagtige ontwrigtingpoging van ons regses en hul plaaslike venote met rookbomme en slagspeuke teen Madela, die terroris, red egter die geleentheid vir die ANC en bevestig Katradra se Nazi smet.

Ek stem hartlik met Scholtz saam dat hierdie poging stoopid was.

Wat my verbaas is die (ge-orkestreerde ?) kommentare van plaaslike Scholtz haters op sy rubriek in Beeld.

Almal wat vir Scholtz aanval kry 50 of meer op duimpies. Ouens wat met hom saamstem dat hulle skaam is vir die verleentheid wat die fanate vir die deursnee Afrikaner is, word oorstroom deur af duimpies.

As ons die duimpies moet glo, dink 95% van Afrikaners Mandela is n terroris wat hom verheug oor plaasmoorde.

Afrikaanse koerante kan seker die giftige opinies van verregses sensureer om hulle gratis oprui geleentheid te ontneem .

n Manier kan seker gekry word om die manipuleer van op en af duimpies te keer.

Ek sê : Geen sensuur nie. Laat manipulering van duimpies toe.

Hoekom ?

Want ek het vertroue in die gesonde verstand van mede Afrikaners om die meriete van Scholtz se argument teen die van die naamlose fanate op te weeg.

En die duimpies?  Beskou hulle as n desperate poging van fanate om die waarheid dood te gil. Kubergeraas.

by Bruggie

Dronkbestuur

September 25, 2012 in Sonder kategorie

Waarom bestuur feitlik alle drinkers , ek by tye lank gelede ingesluit, dronk ?

Dieselfde mense stem saam dat dronkbestuur verkeerd is. Wanneer hulle nugter is.

Almal weet dat alkohol jou oordeel verwoes. n Dronke sien kans vir enigiets. Hy verander skielik in n supermens.

Met al die kennis is dit mos logies om vooraf te reël vir a designated driver. Of n huurmotor.

Kuier gerus. Maar verantwoordelik.

by Bruggie

Koos

September 20, 2012 in Sonder kategorie

Koos skree vir laaities wat water uit sy plaasdam skep:

“Moenie die vokken water drink nie. Dis vol kolera. Julle sal vrek.”

Die hooflaaitie :

“I am Julius  Malema. I don’t understand your language. Speak to me in English.”

Koos:

“Use boaf hands , Boet. That way you get more into your moaf”

by Bruggie

Swane op fietse

September 16, 2012 in Sonder kategorie

Lees hoe raak skryf die moeder van my twee oudste kinders oor n dag in haar lewe in Holland.

Sy pas n sterwende omie op in n woonstel op die agste verdieping naby Arnhem.

Ek wou haar e-pos copy en paste maar kry dit nie reg nie.

Nou sal ek maar moet opsom wat sy sê.

Terwyl haar pasient vroeg soggens slaap, sit sy op die balkon met n lekker koppie koffie.

Vrydag het kinders op pad skool toe vir haar gewuif.

Saterdagoggend ervaar sy stil die nuwe dag. Sy verwag geen kindergroete nie en kyk uit op die

stroom water aan die voet van die gebou.

Skielik sien sy iets eg Hollands. n Pa en Ma op fietse gevolg deur ses kinders  op  n fietsrit deur die

platteland. Haar beeld: Twee swane met hul kuikens in gelid.

by Bruggie

Drie balle

September 13, 2012 in Sonder kategorie

Lees asb my vorige blog oor hoe om rugby weer kykbaar te maak.

Intussen is ek verder geinspireer met hierdie verbeterings.

Vir die eerste keer in die geskiedenis, kyk 3D rugby. Tikskop DRIE balle na n oortreding.

Begin op die aanvallers se doellyn met drie balle. Een links teen die kantlyn ,een regs en nog een in die middel.

Nou sal die (verdunde) verdedigers werklik hul keer moet ken en die kanse op drie drië is groot.

Ja, ek weet. Daar is GEEN kans dat hierdie radikale wysigings in top rugby aanvaar gaan word nie. Te verstar.

Maar voer dit dadelik tot by onder vyftien in skole rugby in.

Leer die outjies vaardighede.

Wie weet, miskien oor tien jaar driebal almal wêreldwyd, met pelgrimstogte na briljante Bruggie se graf.

by Bruggie

Swane op fietse

September 12, 2012 in Sonder kategorie

Lees hoe raak skryf die moeder van my twee oudste kinders oor n dag in haar lewe in Holland.

Sy pas n sterwende omie op in n woonstel op die agste verdieping naby Arnhem.

Ek wou haar e-pos copy en paste maar kry dit nie reg nie.

Nou sal ek maar moet opsom wat sy sê.

Terwyl haar pasient vroeg soggens slaap, sit sy op die balkon met n lekker koppie koffie.

Vrydag het kinders op pad skool toe vir haar gewuif.

Saterdagoggend ervaar sy stil die nuwe dag. Sy verwag geen kindergroete nie en kyk uit op die

stroom water aan die voet van die gebou.

Skielik sien sy iets eg Hollands. n Pa en Ma op fietse gevolg deur ses kinders  op  n fietsrit deur die

platteland. Haar beeld: Twee swane met hul kuikens in gelid.

by Bruggie

Straat of tafel.

September 6, 2012 in Sonder kategorie

Ons veelgeprese grondwet maak voorsiening vir vakbonde wat met base onderhandel oor lone , pensioene, behuising,

ontslagvoorwaardes, werksure ens.Lang ure om n tafel wat lei tot n bindende ooreenkoms wat strek oor n bepaalde tydperk.

Die vakbond verbind sy lede om vir die ooreengekome tyd tevrede te wees met die onderhandelde voordele. Die base is ook verbind. Wetlik mag geen party van die ooreenkoms afwyk nie.

Base onderhandel met die grootste vakbond. Ontvrede werkers kan besluit om n nuwe vakbond te steun. Indien die nuwe

bond teen die volgende onderhandelings die meeste lede het, vervang dit die ou bond.Slegs die nuwe bond onderhandel dan met die base.

Wanorde is n land se voorland as ontevrede werkers hul nie by die onderhandelde ooreenkoms hou nie.

Dit lyk my ons grondwet belet nie sulke tussentydse rewolusionêre wanorde hard genoeg nie.

Ons grondwet is die produk van taai onderhandeling en het in die Mandela-jare versoening gebring. Die meeste mense was tevrede.

Vuurvreters aan beide kante het gemor oor uitverkoop. Die ANC elite het intussen ryk geword en met onbevoegde kaders die land wan-regeer.Kon n beter grondwet hierdie wan-regeer voorkom het ? Dis nou te laat vir trane.

Die ANC moet dringend n sondebok vind . Kan nie beter as walglik ryk , wit , base wat die land se rykdom steel.

Ons is terug in die ou struggle dae met die linkse wêreld en media tog te gretig om wit varke te verdoem en arm swart onderdruktes

se rewolusie te ondersteun. Slagtings en n gedruis met spiese maak uitstekende TV

Malema-politiek en Zimbabwe is ons voorland. Daar is weinig aptyt vir stadige, onderhandelde verbetering. Weg met reëls. Weg met tafel. Viva , straat (of koppie)

by Bruggie

Ivoortoring

September 2, 2012 in Sonder kategorie

Ek lees met skok dat die goedige Afrikaanse seun wat ek as jong onderwyser elke dag n harde hou op die gat gegee het omdat hy geweier het om onsinnige drilwerk te doen, gesterf het. Deon du Plessis was maar 59.

Ek lees verder hoe hy as wit Boer vir die swartes n ponikoerant gestig het. Die Daily Sun het geweldig opgang gemaak en die magtige Sunday Times op sy nuus laat kyk.

Deon se sukses resep was om onbeskaamd vir die skaars geletterde swart werkersklas uit hul eie kultuur sensasie te bied.

Banier opskrifte soos: Woman penetrated by Python, vertel kortliks hoe n vrou in Soweto wat rustig op haar toilet gesit het,deur n luislang verkrag was. Of : Raped by a gorilla. n Vrou vertel hoe haar ex , n toordokter betaal het om die verkragting te reël.

Deon se sensasieblad was oorals welkom in plekke waar sy bygelowige lesers hul sensasionele stories wou vertel. Gevaarlike plekke

soos Diepsloot en Orange Farm. Daaglikse kontak. Plekke wat die intellektuele swart joernaliste slegs tydens massa zenofobiese slagtings sou dek.

 Deon se mense is deel van Suid-Afrika. Om hulle te verstaan moet ek en baie andere uit ons ivoortorings klim.

Dan sal ons nie verbaas wees om te hoor van mense wat toordokters betaal vir muti teen koeëls, soos nou met Marikana nie. 

Rus sag, wit Boer.      

by Bruggie

Blair (2)

September 2, 2012 in Sonder kategorie

Aangesien Monica so mooi vra…

Blair en die Franse president (Chirac ?) staan voor die kameras na dae se samesprekings.Altwee moet nou die gebruiklike

heunigkwas aanwend .

Blair verbeel hom hy sal die Franse behaag en Frans praat. Hy het mos jare gelede op skool Frans as vak geneem.

Te laat besef hy dat die waters te diep is, maar tou opgooi is min.

Die Engelse gedagtes wat hy uit die vuis in Frans wou vertaal was: “Ek begeer ten diepste ek kon vele van jul briljante President se

beleidsrigtings en posisies in Brittanje toepas. “

Wat hy egter in sy krom Frans aan die wêreld uitblaker was :

“Ek gegeer jul briljante president ten diepste in verskeie posisies. “

by Bruggie

Toets.

September 1, 2012 in Sonder kategorie

Tony Blair en Desmond Tutu is haaks. Albei is invloedryk.

Altwee verskil van Mugabe, Hitler en Stalin.

Hoe ?

Blair en Tutu kan vir hulself lag.

(Blair vertel hoe sy land moes bloos toe hy  Frans probeer praat het. Skreeusnaaks.)