Jy blaai in die argief vir 2012 Augustus.

by Bruggie

Top koor.

Augustus 12, 2012 in Sonder kategorie

Vandat ek agtien jaar oud was , het ek in goeie kore gesing. Ses jaar Wits Koor onder vier dirigente. SAUK massa kore onder Anton Hartman en Edgar Crie, n goeie groot koor in Keulen (Duitsland)wat Beethoven se 9de in Parys gesing het,Stellenbosch (oom Flip MacClaclan), St Georges Singers die afgelope 30 jaar  (Barry Smith)

Die afgelope jare luister ek elke Sondagaand na die uurlange TV uitsending oor Cape TV na die 80 man/vrou Nuwe Apostoliese Koor en ek wens n ou fossiel soos ek kan dalk n lid  word. Ongelukkig is die gemiddelde ouderdom seker 25. Vars jong stemme. Mooi jong mense uitstekend afgerig. n Fees vir die oor en die oog.

Hierdie koor oortref enige koor waarin ek gesing het. Die 40 Stellenboschsers wat in Portugal aan n koorfees deelgeneem het , is n kort kop agter. Johan Stemmet het skaars die paal gehaal met Randal en Koba Wiccomb en Doon Bester uitstaande. Die St Georges Singers was ook by tye amper so goed.

Maar hierdie Apostole is die beste. Luister gerus en wees oorweldig.

(Die huidige Stellenbosch Universiteitskoor onder Andre van der Merwe is waarskynlik beter, maar hulle sing moderne, flashy werke wat beoordeelaars van kompetisies moet beindruk. En hulle is nie elke week vir n uur op TV met bv uitreksels uit Die Messias of verwerkings van Spirituals, of met soloiste wat bv La Chi da rem of met duete wat Die Pêrelvisser treffer sing nie. Om nie te praat van die uitstekende volle orkes en groot orrel begeleiding nie.)

Kapenaars, julle is bevoorreg. Wees trots.

by Bruggie

stoopit en onsensetief

Augustus 12, 2012 in Sonder kategorie

is hierdie ou poephol, Bruggie.

My 25 jarige laatlam was tot twee jaar gelede ongelowig en verlore soos sy pa. Hy sien toe die lig by n happy clappy groep.

Ek oorleef net net sy drie uur lange doopseremonie.

Vanmiddag reis sy halfsuster 60 km om saam met hom kerk toe te gaan.

Poephol word genooi maar sê te heftig nee dankie en kan boonop nie weerstaan om met hul vertrek wreed te grap met n

“Clap up a storm ” wens nie.

Ai. Byt daai tong. Wees dankbaar dat die seun geborge voel tussen die vrolike mense.

Ek skuld hom n verskoning.

by Bruggie

Stratosfeer

Augustus 10, 2012 in Sonder kategorie

Goddelike wesens. Dis nou besondere mense soos Nina Schuman. Wonderlike (x 10 !) twee uur lange onderhoud met hierdie

musikale reus oor FMR. Sy vertel en  sy speel. Ai yai yaai. Vreugde.

n Gewone mensie soos ek voel trots as ek vorder van 91% tot 101. Hierdie stratosfeer mense se rekwydte is soveel groter.

Hulle sweef moeiteloos tussen 90100 – 100100. n Ander dimensie.

Dankie Adriaan Fuchs.

by Bruggie

Klein Henrik

Augustus 10, 2012 in Sonder kategorie

Vier VSA roeiers staan trots in n ry in stywe swembroeke met hul bronsmedaljes om die nek.Een ou se massiewe voël  is duidelik

vasgeknel op vyf voor twaalf. Wêreldwyd word hy bewonder.

Hy skryf ter verskoning .”Honestly, it was not erect. I don’t know why it ended up there.”

Hy kry die antwoord “Never mind ,Hendrik. We are impressed and excited. And so is Little Hendrik. Hurrah ! 

by Bruggie

Wêreldwyd

Augustus 10, 2012 in Sonder kategorie

is al hoe minder mense godsdienstig volgens n onlangse opname, maar in ons land is  net 4-5 % atheiste, met 28%

ongelowig.  Deesdae is slegs 64% Suid Afrikaners kerkgangers . n Jaar of wat gelede was dit 83%.

Ghana is  kwaai godsdienstig (96%). Wêreldwyd is slegs 49% van hoë inkomste mense kerkgebonde teenoor 66% armes.

In Sjina is 47% atheiste, in Japan, 31 % en in die Czech Republiek 30%.

Met hul een kind beleid , ekonomiese groei en nugter denke oor godsdiens wys die Sjinese die toekoms. Die VSA met hul biblebelt politiek en die Muslim ekstremiste val van die bus af in n wêreld van goddeeltjies in Switserland en n tuig op Mars.

Ek skat daar is 2.5 miljoen invloedryke mense in Suid Afrika en van hulle is 1.3 mil. atheiste, n verdere 1.3 milj. agnostici, en slegs

900,000 oortuigde kerkgangers. Die laaste groep krimp jaarliks,ook wêreldwyd.

Ongelukkig maak George Claasen, Abel Pienaar en daai oortuigende Engelse atheist(Richard Dawkins -The God delusion) onder die massa geen hond haar af nie.

Inteendeel.

by Bruggie

Brendan Boyle

Augustus 10, 2012 in Sonder kategorie

skryf n uitstekende rubriek oor die gemors in ons onderwys. Lees gerus in vandag se Times koerantjie.

Hy kla dat ons verkeerde maatstawwe gebruik. Boeke wat nie afgelewer word nie, hoeveel modderskole op die platteland jaarliks vervang word, hoeveel kinders die nuttelose matriek slaag en dan onbruikbaar is omdat hulle steeds nie kan lees of somme maak nie.

Al wat tel is goeie ,begeesterde onderwysers wat selfs sonder boeke en elektrisiteit in n modderkamertjie kan slaag.

Die land is in krisis. Kundige administrateurs, bestuurders, innoveerders van buite moet aangestel word. Die kaders moet waai.

Dooie hout moet gefire word. Begeesterde onderwysers moet ondersteun word.

Lees Boyle . Uitstekend.  (Jammer oor die geen link, maar die artikel Education Wasteland is op my face book.)

by Bruggie

Neem gerus kennis

Augustus 8, 2012 in Sonder kategorie

van die argument in hierdie skryfsel van Schutte  www.sacsis.co.za. (Jammer die link bring jou by ander sacsis goeters. Ek sal moet opsom.)

Sy is kwaad want vroue stop hulself in n manlike (patriagale) tronk. Hulle word bomdardeer met skoonheidsprodukreklame.

Die boodskap is jy betekenis niks as jy nie mooi is nie. Swart vrou word die ergste getref. Hulle is te vet, te swart, en hul hare moet

ontkorrel word met duur produkte.

Prikkelpoppies het hulle plek maar for the long haul kies ek liewer n vrou met karakter , verstand en talent.

Mooi is n bonus.

by Bruggie

Flip Buys

Augustus 5, 2012 in Sonder kategorie

Volgens Flip gaan die ANC ons grondwet gebruik om te vat by die wat het en te herverdeel onder die wat nie het nie.

Liberales skuil agter die grondwet om eiendomsreg te verseker en glo in gelyke geleenthede. Buys glo ANC gaan aanhou regeer omdat hulle sekerlik die Liberales by die stembus gaan oorwoeker.

Ek dink die land se enigste hoop is n party soos Cope wat skrik vir Zimbabwe en aan versoening glo. Middelklas Swartes wat

genoeg swart stemme kan trek. Die DA is te wit en moet agter die skerms vir Cope ondersteun.

Die stryd is opdraand.

Onthou, die Kommuniste , Cosatu en populiste soos die Youth League dwing almal na links. As Zuma oor vier maande uitgeskop word,sal die realiste binne die ANC wat nasionalisering (gryp en herverdeel) teestaan, staande kan bly ? As hulle verloor en Malema kom terug, sal ANC leiers wat liberaal neig, hopelik by Cope aansluit.

As n vergrote Cope knap verkoop word, kan die linkse populiste miskien by die stembus verslaan word.

Dis die Liberales se enigste hoop.

Lees gerus Buys se stuk in Rapport. Hy sê niks van Cope nie.

Wat dink  julle. ? 

by Bruggie

Hoera vir die vroulike specie.

Augustus 4, 2012 in Sonder kategorie

Gister trap ek fiets skaak toe. Langs die besige Belmont straat kwaak-kwaak n eendemoeder vir vier bondeltjies

om haar te volg op die sypaadjie, weg van die motors af. Waarheen ? Waarvandaan ?  Die Rondebosch common is

1 km , twee verkeersligte , vyflaan hoofwegkruising ver.Nader is die tuin van n woonstelgebou omring deur tralies waaroor sy sal moet vlieg. Waar is veiligheid vir hierdie wilde voëls met katte wat ook hul instinkte volg?

Geen teken van die pa nie.

Dit sal n wonderwerk wees as hierdie ma haar oorblywende bondeltjies groot kry.