by

teerpad

Augustus 30, 2012 in Sonder kategorie

Hoekom wil die agtergeblewenes in die Noord-Kaap juis 300 km teerpad hê ?

19 antwoorde op teerpad

  1. zephur het gesê op Augustus 30, 2012

    Dis ‘n ronde getal…296km sal nou nie gewerk het nie

  2. avega het gesê op Augustus 30, 2012

    Hulle donkiekarre sukkel op die ongelyke grondpad 🙂

  3. Neander het gesê op Augustus 30, 2012

    Vanoggend is die saak op 702 bespreek en Redi was in trane omdat kinders nie skoolgaan voordat die pad geteer is nie.
    Iemand bel toe in en vertel van ‘n koerantopskrif in Engeland oor ANC beleid, liberation before education.

  4. Ag miskien wil hulle ‘n dragstrip daarvan maak – soos by Tarlton…

  5. Ek weet jy grap, Vega, maar as onlangse
    boorling, het jy n ander verklaring ?

    Is die Noord-Kaap te warm , verlate en stowwerig ?

    Voel die mense vergete terwyl die taxis
    se stof op hulle neersif ?

    Kan die alkoholbeskadigde feotale babas later selfs die lae vereistes van huidige onderwys nie baasraak nie ?

  6. Neander, ek kyk na die welgeklede jong betogers op TV en ek sien selfone en TV
    kykers wat bewus is van hoe ander mense
    luukser leef en wat gehoor het van die onvoltooide ekonomiese rewolusie.
    Kyk ek skeef ?

  7. 300Km teerpad kan n klomp Backhanders veroorsaak

  8. Ek hoor wat Neander se en dit is waar. Ek kan net nie verstaan van wie hulle hulself wil liberate nie want hulle hou aan stem vir die ANC.

  9. endlich het gesê op Augustus 30, 2012

    haha, sies vir julle

  10. Geldige punt, Faansie.

  11. Het jy gelees van die omie van 101 in Kalifornia wat jammer is hy het mense
    doodgery toe hy beheer oor sy kar verloor het, Henry ?

  12. sodat, wanneer die armoede in die land eersdaags regverdig onder alle mense versprei is , almal op geteerde paaie met slaggate kan ry, wat dan verder kan verweer , duh …

  13. Vetjan het gesê op Augustus 30, 2012

    seker om lekkerder te kan ry

    van watter stuk pad praat jy in elk geval?

  14. Petrus, 16000 skoolkinders staak al maande lank en vandaliseer skole. Ek sou graag wou sien dat n koerant iemand stuur om die feite vas te stel en die gehuggies op n kaart bekendstel.n TV span het die toi toi opgeneem en n onderhoud met n burgermeester gevoer.
    Hy sê die verkeer is te min om die onkoste te regverdig.

  15. lora2me het gesê op Augustus 30, 2012

    Hulle is desperaat en sal die hake en toiletsitplekke in badkamers afbreek sodat hulle meer kan hê om oor te kla. Dis krimineel dat skoolkinders aan die soort oproerigheid deelneem en nog meer krimineel dat hulle nou kosbare skooltyd inboet. (Dis soos jare gelede met die struggle, toe die volwassenes die kinders voor laat loop het sodat die BBC lekker foto’s kon neem.) Dis vir my soos kinderprostitusie. Dan kla mense oor kinders wat kwansuis nie kan skool toe gaan nie. Ag nee, sies man, ek begin sommer daaroor toi-toi.

  16. Vetjan het gesê op Augustus 30, 2012

    ek wil net weet WAAR IS DIE PLEK waarvan jy praat

  17. Naby Kuruman, die John Taolo Gaetsewe distrik. Hulle wil met teerpaaie aan die N14 verbind word. Ses gehuggies , 180 skole ,arm, vergete.

  18. Geen mens weet nie, dalk omdat hulle Gauteng wil inval of so iets.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.