by

Rugby

Augustus 26, 2012 in Sonder kategorie

Petrus Pap is heftig. Neander.Ouboet. Selfs van die vroue. Afrikaner volkstrots is op die spel. Ander lande se rowwes is rowwer as ons

rofstes. Ellende ! Krisis !

Chill, manne.

Waar is die beskaafde moderne mens se filosoof of sielkundige of teoloog om hierdie eeuoue sug na  gladiatorsports te verduidlik.

Bruggie, die bloedorstige, wil ook weet.

17 antwoorde op Rugby

  1. TS het gesê op Augustus 26, 2012

    Grinnik… ek bly doodstil!

  2. Twaksak het gesê op Augustus 26, 2012

    Bloedsport. Heilige koei.

  3. Bwhaahaha!

    Ja!

    Panem et circensus, of so iets!

  4. Ja, kom ons lag, Henry

  5. Koei ? Aai Twaksak, die manne voel al klaar sleg.

  6. louisna het gesê op Augustus 26, 2012

    Rugby is deel van ons siel, en as dinge daar verkeerd gaan is die siel siek. Ek dink werklik ons was pateties. Ons het vanjaar geen kans teen die magtige All Blacks nie.

  7. Vetjan het gesê op Augustus 26, 2012

    Hahahahaha……. nooi Joan vir ‘n ete en hoor wat sy dink van AP Brink se nuwe boek.

  8. pasella het gesê op Augustus 26, 2012

    Dis ‘n ramp, Bruggie, erger as die runderpes toentertyd. Dit vreet aan die psige van die Afrikaner–dis hoekom ons deesdae sulke kak Afrikaanse musiek het, dis oor die rugby so treurig is.

  9. Hullo, Petrus. Ek glo nie die tante breek brood met liggewig oompies nie.

  10. Vetjan het gesê op Augustus 26, 2012

    Toe ek laas gekyk het was Beast nie ‘n Afrikaner nie, maar om jou vraag spesifiek te beantwoord – die verskynsel manifesteer nog erger elders :

    http://tvnz.co.nz/national-news/rugby-new-religion-says-academic-4425439

  11. Vetjan het gesê op Augustus 26, 2012

    “Toe’t ons eerste by die groot ou varksog verbygekom,dis nou Hamboud. Die Oubaas wou haar lankal slag oor sy so niksnut is, maar die Ounooi bly aanhou ons moet wag tot haar vetgathamboude nog groter word” bl 13

  12. Die ou man word roekeloos kêns. Geen
    normale mens pis op n pruttende vulkaan nie.

  13. Waar gaan dit eindig,Lewies ? Waars die goeie ou dae. Selfs Zoid verskiet. Die Antwoord en tennis is ons voorland. Hoe verlang ek nie na Olaf se pragtige vrou se soet stemmetjie nie.

  14. Jy beter koes vir die klippe ! Jy trap nou op heilige grond !My man is diep bedroef ! 🙂

  15. Joan is n wannabee en baie happy dat die real item APB haar soveel aandag gee.

  16. So 2012 is toe die einde van die wêreld. Gelykop teen die Pumas in so n kak game. Alles is verby.

  17. endlich het gesê op Augustus 30, 2012

    dit wil-wil lyk asof jy vuuraanblaas. 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.