by

Welvaartgaping.

Augustus 21, 2012 in Sonder kategorie

Wêreldwyd is daar opstand oor die welvaartgaping. Hoekom verdien sokkersterre,  Hollywoodsterre, bankiers TVkerkleiers, politici ens so obseen, terwyl 80% van die wêreldbevolking kripeer ? Marikana gooi ook vir ons die probleem in die skoot.

Miskien is die groot salarisse n manier om die bestes vinnig  te lok. Betaal hoog. Fire vinnig as prestasie uitbly. Korttermyn. Cut throat. Dis die Amerikaanse manier en dit het die afgelope honderd jaar skouspelagtig geslaag.

Vergelyk die VSA met Kuba, die ander uiterste. In Kuba geld dien-jou-medemens. Moenie jou talent gebruik om jouself te verryk nie.

Daarom verdien dokters miskien driemaal soveel as n plaaswerker.

Dit klink eties wenslik. Heel Christelik.

Maar dit mik te hoog. Baie talentvolle mense koop nie in nie. Met alle geweld wil hulle onwettig meer vir hulself kan woeker in die VSA.

Kan ons nie wêreldwyd n middeweg vind nie. Skaal hoë verdienstes drasties af. Vertiendubbel belasting op luukse motors en horlosies. Bespot vulgêre vertoners van uitspattige leefstyle.

Maar dit moet wêreldwyd gebeur sodat die superrykes nie skuiwergate kan vind nie.

(Terloops, die Marikana-ouens is meer bewus van broederverskille. Die paar wat R12,500 per maand verdien, koop  n groter TV, terwyl die R4000 massa swaarkry en die werklose menigtes nog swaarder.)

As ons die opstokende populiste soos Malema effens aan bande wil lê, moet ons obsene welvaartsverskille aanspreek.

(Nogmaals terloops. Ou Cyril R. is gans te lelik vir politieke glamourboyredder. Met sy R18 buffelkoop is hy permanent uitgeskakel.)

19 antwoorde op Welvaartgaping.

  1. Neander het gesê op Augustus 21, 2012

    Jou vertrekpunt is edelmoedig, maar ek twyfel of dit inslag gaan kry.
    Die bespotters moet eers daarop inkoop voordat hulle dit gaan implimenteer en dit druis teen die gene van die mens in.
    Jou definisie van etiek is nie korrek nie.
    Lees ook my verwysing by Petrus oor die Lonmin salarisse, jy is nie korrek.

    Korrek, Cyril is uitgeskakel.

    Sela!

  2. TS het gesê op Augustus 21, 2012

    En die oplossing is? Geen ryk mens gaan sommer sy weelde opgee nie.

  3. Dis waar, maar miskien kan wette hulle aan bande lê.

  4. Dankie. Ek sal jou by Petrus gaan lees en probeer vasstel hoekom my etiek verkeerd is.

  5. Neander het gesê op Augustus 21, 2012

    Salarisse by Petrus, etiek is geneties.
    Ons is nie almal eenders nie.

  6. Ek eer jou as wetenskaplike, maar glo nie
    n mens moet etiese sake slegs uit n wetenskaphoek benader nie. Is dit maklik om by jou vorige skrywes hieroor uit te kom ?

  7. Neander het gesê op Augustus 21, 2012

    Nee, ek het nie ‘n indeksrekord van my vorige goed nie.

    Nou, etiek verskil van mens tot mens en kultuur tot kultuur.
    Dink aan die Romeine wat mens/dier teen mekaar laat veg het?
    Dink aan saketransaksies wat sonder/met vertroue/waarborge gedoen word?

    Daar is niks wat die mens doen wat nie geneties is nie.
    Dis alles dade om homself/groep/staat te bemagtig om voordeel te trek en daar is geen ‘normale’ reels nie.
    Verskillende lande het verskillende wette om die orde te reel, steniging vir owerspel ens.
    Dink ook aan die reels van Levitikus waar jy jou dogter/bees/perd/seun moet opoffer.

    Ek onthou onlangs het iemand ook Bileam uitgedaag oor die toegelate verkragting van dogters ens.

  8. Ek sal aanvaar dat die mens meesal geneties gedraad is om sake te bewimpel om persoonlike of groepsvoordeel te verkry. Daarom is dit in eie belang om
    in hierdie demokratiese tye die underdog
    n billike kans te gee. Hoe werk die bedrading van die do-gooders en die onbaatsugtiges van alle tye ?Moeder Theresa in Indië. ?

  9. Neander het gesê op Augustus 21, 2012

    Ek wil nie tesisse skryf nie, dit mors tyd.
    Dis net genetika wat tel.
    DNA kodeer vir vorm en funksie by ALLE organismes op aarde, ook die mens.

    Altruïsme is ook geneties om voordeel/status vir nou of die hiernamaals te kry.
    Daarom sorg ons vir ons nageslag om die stamlyn te bevorder.
    Moeder T om status vir die Ewige te kry.\Moeder T het ook haar seksualiteit, wat ook geneties is, ontken in die proses.

    Ons sal ook iemand lang die pad help in nood, maar nooit ‘n nuwe kar koop nie.
    Jy moet bietjie oplees oor genetika en evolusie.

  10. Vetjan het gesê op Augustus 21, 2012

    Die eerste slagoffer van enige bevelsgemeenskap is altyd onafhanklikheid van denke.

    Ek werk grotendeels met mense uit Oos Europa, almal bokant 45 verag sosialisme… uitgesonderd die sleg moere (ek sien hulle selde) en die beste soustreinryers van die kommiejare.

  11. Petrus,ja, daar is ontnugtering wanneer
    die harde feite dikteer as almal min of meer gelyk aan die koek mag eet, dan verbeter die massas minimaal terwyl die knappes onaanvaarbaar minder kry. (bv. die wittes na apartheid.) Voeg by beelde
    op TV wat wys hoe lekker leef andere, dan is niemand tevrede nie.Bv. ons probeer te veel teenstydige balle in die lug hou. Sonder menseregte kon n elite die
    komende rewolusie dalk keer. Sjina het
    meer antwoorde, minder illusies.

  12. Meeste rykes deel nie graag nie…..

  13. Vetjan het gesê op Augustus 21, 2012

    Het hulle ? Sjina regeer met ‘n ystervuis, doodstraf is alledaags, en stakings word hoegenaamd nie geduld nie.

    get real

  14. Ek herhaal: minder illusies.

    Beheerde voorplanting is noodsaaklik.
    Doodstraf vir psigopate wat dwelms smokkel of giftige besoedelde melkpoeier
    verskaf.

    Afrika sal baat by Sjinese realisme.

  15. Nee!

    Die antwoord is nie om die rykes arm te probeer maak nie.

    Doen die somme – die armes word nie ryk nie.

    Die antwoord le in getalleberking en ordentlike opleiding.

    En daarin om die huidige ongewaste massa te gebruik om infrastruktuur met hulle hande te bou. Vir kos en klere.

  16. Jou oplossing het met die 33 depressie
    gewerk, veral in die VSA. Hier het baie
    arm blankes (hoofsaaklik Afrikaners ) vir
    n tiekie n dag paaie gebou, pik en graaf. Daar was geskel teen die Hoggenheimers. Die Nattes se Youth Wing
    het eers in ’48 aan bewind gekom.
    Gaan dit solank vat in 2012 se kuberwêreld ?

  17. Dit maak nie saak wie aan bewind is nie – die probleme bly dieselfde – te veel onopgeleide mense, ‘n te vinnige aanwas van nog meer onopgeleide mense, en dan die dom politici wat net na hulle self kyk – ek sien nag!

  18. Ek sien ook nag, Henry

  19. *grin*

    Het jy al begin ammunisie en bully beef opgaar?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.