by

Verlossing en genade

Augustus 20, 2012 in Sonder kategorie

Ons kan op die kuberruim stem vir genadedood . Ook in Suid Afrika. Groot vordering ,maar ek vermoed n lang pad lê voor.

Kom ons pleit intussen  vir n vergunning . Hoe lyk dit met  genadedood vir die wat vrywillig hul naam herhaaldelik op n lys plaas terwyl dinge nog goed gaan.

Ek sal dit waardeer.

22 antwoorde op Verlossing en genade

  1. frikve het gesê op Augustus 20, 2012

    Hi Bruggie,

    Ek is vir genadedood want as ek terminaal siek raak en begin ly, gaan my mense met ‘n morsige home-made-exit sit.
    My naam is op daai lys vir genadedood asseblief.

  2. Daar KAN n wen/wen oplossing wees, Frik.

  3. Adage10 het gesê op Augustus 20, 2012

    My naam definitief.
    Ek word woedend as ek dink iemand wat anders glo wil namens my besluit dis ‘n sonde.

  4. lora2me het gesê op Augustus 20, 2012

    Ek sê nou net daar by Adage dat dit reg is solank die pasiënt nog self kan besluit en die verantwoordelikheid nie na iemand anders oorgedra word nie.

  5. Adage en Lora, google asseblief intussen die kuberpetisie en stem, sodat ons vir die wetgewers kan wys wat baie mense wil hê.

  6. Adage10 het gesê op Augustus 20, 2012

    Wil jy nie vir ons die link gee nie asseblief?

    Oor die algemeen tensy jy jou besonderhede bekendmaak tel petities nie.

  7. TS het gesê op Augustus 20, 2012

    Ek weet nie… ‘hoop’ speel ‘n baie belangrike rol in my lewe. Dis dalk te persoonlik om my naam op ‘n lys te sit sodat ander mense my soos ‘n hond kan uitsit… ek weet nie.

  8. Adage, Dignity SA vra wel details en probeer jou dan oorreed om jou Face Book
    vriende ook aanboord te kry. Ek hoop baie mense neem deel.

  9. Sonder jou toestemming is dit moord.Vir jou naastes kan jy mooi uitspel onder watter omstandighede jy wat verkies.Of bly eenvoudig van die lys af.

  10. TS het gesê op Augustus 20, 2012

    ek het nie naastes nie

  11. Twaksak het gesê op Augustus 20, 2012

    Wil jy dood? Ek stem vir genadedood vir alle verkragters.

  12. Nee, maar ek wil nie rondhang as dinge onherroeplik skeef loop nie.

  13. Dokter, verpleërs ?

  14. Ek stem beslis vir genadedood! Ek wil nie eendag in pyn, verkramp, hulpeloos , en…..noem maar op, in iemand se pad wees nie (dit sal heel waarskynlik my kinders wees…)…..Dit kos geld en is ‘n frustrerende verantwoordelikheid vir iemand wat sy alie nie kan draai agv jou nie! Ek gun hulle ook ‘n lewe!
    As vandag se ouetehuise nou al so vervalle en gehawend is, hoe sal dit nie dan wees nie! Dan verkies ek maar liewer onder die lang bome….!

  15. TS het gesê op Augustus 20, 2012

    Dis juis die argument … so het gewone mense beheer oor dood? Die mense bepaal dalk die wetenskaplike waarde van my lewe… maar daar is meer aan my as net die fisiese. Dis soos die doodstraf… een mens moet die verantwoordelikheid neem oor ‘n ander… ongeag van wat hy verkeerd gedoen het, is die dood ‘n maklike uitweg. Op die ou einde maak ons alles dood wat vir ons ‘n las word.

    Wie is jy om te besluit of die stukkie mens wat van jou oorbly ‘n las is vir ander. Dalk wil hulle jou met die grootste liefde versorg? Ek weet jy glo nie maar vir my is dit of mense God wil speel.

  16. “hulle” v e r m o o r reeds, op ‘n wettige wyse, ongebore babas, wat as fetusse in die pad sal wees, met vrugafdrywing op aanvraag, in “ongewensde” swangerskappe.

  17. TS het gesê op Augustus 21, 2012

    Daaroor voel ek net so sterk.

  18. avega het gesê op Augustus 21, 2012

    Ek en my susters het met tye my ma versorg terwyl sy ‘n laekwaliteit lewe gelewe het. Ons almal is naderaan mekaar en het baie geleer van liefde en omgee vir ‘n ander. As jy iemand moet was, aantrek doeke omruil ens is daar ongelooflik baie goeie goed wat daaruit voortspruit. En die grootste is liefde, die wereld sal ‘n baie armer plek wees as ons nie vir mekaar kan sorg tot natuurlike einde nie.

  19. Elke mens moet na sy eie omstandighede en geloof besluit. Ek het goed gelewe en sal liewer wil sterf as om hulpeloos of komatoos vir ander n duur las te wees.
    Ek sal dit nie as n liefdesdaad beskou as
    iemand my teen my wil aan die lewe hou nie. Vir my is dit eerder liefdevol as iemand my waardig help om n einde te maak.

  20. Dis nie ‘n maklike kwessie nie.Niemand sal weet hoe moeilik dit sal wees om so ‘n besluit te neem nie.Die drang om te lewe is geweldig sterk en voor ‘n mens nie self voor so ‘n keuse geplaas word nie,is dit maklik om te praat.Die oermense het ‘n punt beetgehad om die swakkes agter te laat,maar die moderne mens se hele wêreld is verander en onnatuurlik met baie etiese bagasie.

  21. endlich het gesê op Augustus 24, 2012

    Sjoe, dis diep sake die. Ek en ‘n vriend is dit eens dat ons bereid is (dis praktyk) om ‘n dier van sy lyding te verlos deur hom sagkens aan die slaap te maak, maar ‘n mens wat le en roggel vir ure moet maar self end-uit. Omdat hy ‘n siel het? Dis onmenslik! Ek stem vir genadedood. Hupstoot. Living will.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.