by

banke

Augustus 18, 2012 in Sonder kategorie

Ek is n leek. Thomas nie. Miskien moet hy liewer vir ons teoreties oor banke en hul funksie skryf.

Ek donner dom voort sodat Thomas of n ander kundige kan sien hoe n leek rondtas.

Dis waar wat Blikskottel sê – vir elke R1 wat ons deponeer word die banke wetlik toegelaat om nog

vyf rande te skep. Dis niks nuut nie , hulle doen dit al lank (twee eeue of meer ?)

Hoekom mag n bank geld skep maar ek mag nie?Hoekom beland ouens wat geld vervals in die tronk?

Omdat bankiers slim sakemanne is en ook opgelei om ander ouens se planne deeglik te oorweeg en dan

te besluit of die planne kan slaag. Kom met n plan by jou bankier en hy leen vir jou geld om jou fabriek te bou, jou lorrie te koop,

jou huis te bou, jou myn te grou. Jy betaal die geleende geld met rente terug. Hoeveel rente die bank mag vra word deur die wet bepaal. Die Mafia se rente is te hoog. Hulle skiet jou knieskyf af as jy nie kan bybly nie. Of jy ontdek jy perd se kop in jou bed.

As baie mensies suksesvol met geleende geld woeker, ontstaan welvaart en n gesonde ekonomie.

Probleme ontstaan wanneer bv. die politici , die vakbonde, kerkmense, do-gooders ens. die banke dwing om arm mense ook

finansieël op die been te help. Miljoene Amerikaners kry huislenings by groot banke. Hierdie bankiers verkoop hul risiko aan

ander groot finansiëele intellings. n Rondomtalie ontstaan. Roer dan nog by slim numbercrunchers wat groot winste wil maak deur kanse te waag op toekomstige dalings of stygings in waardes. Een ou misgis hom en omdat hy 100 maal die wins wou maak, skuld sy bank nou 100 maal meer.Ziljoene is op die spel. Lehman bros. vou. n Domino effek dreig om die hele kaartehuis saam te sleur. Om dit te keer, druk reserwebanke papiergeld.

Nou moet die howe besluit of die hele stelsel verkeerd en korrup is. My gevoel is nee. Daar is nie n geheime plot om die klein man

vir ewig te befok nie. Blikskottel se groep wil die teendeel in die hof bewys. Ek skat die saak gaan 20 jaar of meer duur.

5 antwoorde op banke

  1. TS het gesê op Augustus 18, 2012

    niks nuuts onder die son.

  2. Ek hou nie van banke en howe nie! (die hof)
    BASTA!

  3. Van hierdie tipe goed verstaan ek minder as niks !

  4. Twaksak het gesê op Augustus 18, 2012

    Biesnies ies biesnies. Tog, nou die dag in Finweek, hoekom eet haaie nie bankiers nie? Professionele hoflikheid.

  5. Ons het bewyse, sommer baie ook en die banke het nog nooit ons bewyse ontken nie. Nie eers een keer het hulle ons beeedigte verklarings op gereageer of teengestaan nie. Al wat hulle doen is staatmaak op die howe om die sake uit die hof te hou en nooit getuienis aan te hoor nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.