by

Pinelands

Augustus 14, 2012 in Sonder kategorie

se bevolking word al hoe jonger. Gewone middelklas mense, meesal Engelssprekend. Maar daars ook n klomp ou fossiele. Baie

Engels . Land of Hope and Glory. Meerderwaardig.

Veral hierdie groep dring daarop aan dat honde (verkieslik Corgis) aan n leiband deur mommy en daddy (hy met sy brogue skoene en krawat) vir n wandeling geneem moet word.

Hulle lig wenkbroue en sis kwaad :”Disgusting  ! These backvelders. Swearing at his dog !”

Dis nou wanneer ek twee vlieë doodslaan en my Staffie sonder n leiband op die sypaadjie probeer hou terwyl ek winkeltoe fiets.

Ek skree “Kant ! Kant “.

11 antwoorde op Pinelands

  1. hie hie, ek’s net bly die Staffie verstaan daai Afrikaans om uit sy oubaas se fietsspeke te kan bly !

  2. Exi 1- Die Res 0

    Gebelgde blogdose keur die kruheid af.

    Waars Anha om hierdie misverstand te waardeer.

  3. jy’t mooi gepraat en hulle het lelik gehoor . as jy strand ! strand ! in Engels geskree het, dan was jy mos vieslik …

  4. Hahaha!
    o, ons het al so baie steffies gehad, ek sien die prentjie so voor my!
    Jy kan ook nie “kant!” skree voor ‘n spul ingelse nie..

    😀

  5. Neander het gesê op Augustus 14, 2012

    Sonde met die bure.

  6. Vir seker, Lou.

  7. Hulle Engelse ore kon nie anders nie, Exi.

  8. Not cricket, such language ,old chap.

  9. Bwaahaahaaa, jy moet maar liefs skreeu pyfment !

  10. Dis die antwoord, Caro. Sal maar vir die Staffie tweetalig moet beheer.

  11. Gooi sommer ook nog ‘n Sotho of Zoeloe woord ook in. Hamba !

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.