by

Waardes in n 8 biljoen wêreld.

Augustus 13, 2012 in Sonder kategorie

n Maand gelede ontplooi die stadsraad van Kaapstad n span werkers. Hulle moet n paadjie skoffel. Eers word die gebied

met n tydelike plasiese heining afgesper. (Hoekom ? Hulle grawe nie n sloot nie.) Daarna staan die werkers binne hierdie kampie uur na uur op hul grawe en leun.Al n maand lank.

Moet ons kopskud oor vermorsing van geld of moet ons bly wees dat werk vir tien geskep is. Iewers in die agtergrond is daar nog verder ” werk” vir klerke,politici, teemakers en konsultante geskep.

As mens optimum werkverigting wou sien, moes jy al die middelmanne uitgeskakel het en een man met n graaf stukwerk laat doen. Een ou werk dat die sweet hom aftap want die werk moet klaar. Nege bly werkloos.

Geen kameraadskap nie. Geen tydelike (valse ) gevoel dat jy iets bydra nie.  Geen nog nege gesinne met “onmisbare” broodwinners wat ook kos op die tafel sit nie. Geen illusies nie.

Kommunisiese lande het volle indiensneming want jy stel tien man aan om een man se werk te doen.

In n kapitalistiese land tel doeltreffendheid.Wat tel die meeste , mense of afgehandelde take teen die laagste koste?

Watter stelsel pas die beste  in n oorbevolkte wêreld. Ek vermoed die Kommunisme. As jy jy n kapitalis aan bande wil lê, moet jy met vraag en aanbod werk. n Kapitalis waardeer n skaars kommoditeit. As daar biljoene mense te veel op aarde is, val die waarde van

die individu. Tap die werker tot hy val, steek hom in die pad. Huur n nuwe.     Plenty more where he came from.

Maar die lewe is goor in n kommunistiese land, want waardes word skeef getrek. Hoe minder gedoen word, hoe langer hou n stuk “werk”. Werk hard en jy word n bedreiging.

Twee honderd jaar gelede was daar 3 miljard mense op aarde. Toe kom die slim masjiene wat werkers oorbodig maak.

Met ons huidige vernuf is 1 miljard mense genoeg. Ons neig na 8 miljard binne kort.

Daarom gaan ons instede van n paradys n wêreld van skewe waardes skep. Ouens met grawe wat rondstaan.

8 antwoorde op Waardes in n 8 biljoen wêreld.

  1. Ek het mos anderdag geskryf oor ons Salamander-buurman Jerry…en toe amper jou kop afgebyt omdat jy ‘n realistiese kommentaar gemaak het….nou moet ek jou vertel van ons en ons werkershuisies en Jerry se span bouers en die doefpoefs…

  2. Die hele saak gaan eerder oor die werkers se houding en werksetiek. Duidelik is hulle sin helemal weg. Geen stelsel kan goed werk as die werkers nie wil werk nie daarom is RSA se massas poer in hulle se moer.

  3. TS het gesê op Augustus 13, 2012

    sal moet dink hieroor…

  4. Entitlement, hulle sal kry sonder om te werk.

  5. Ons val vinnig en hard in ons mooie land.

  6. Huidige vraag en aanbod maak van vele net maar spreekwoordelike suurstofdiewe – mense sal net weer belangrik word as ons op klein en groot skaal kan de-industrialiseer en kan de-tegnoliseer , en DIT sal dalk outomaties gebeur sodra die ligte skielik afgaan …

  7. Ek dink jy beskryf die woeste toestand
    1000 jaar gelede in Europa toe die Vikings so lekker geplunder het en ook hier in Afrika 400 jaar gelede. Klein groepies wat met vee en boerdery n bestaan maak het voordele maar ook n donker kant. Dankie vir die prikkelende saamdink.

  8. die kante is nou nog donkerder , dit word net kunsmatig blink opgevryf .

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.