Jy blaai in die argief vir 2012 Augustus.

by Bruggie

teerpad

Augustus 30, 2012 in Sonder kategorie

Hoekom wil die agtergeblewenes in die Noord-Kaap juis 300 km teerpad hê ?

by Bruggie

Rugby

Augustus 26, 2012 in Sonder kategorie

Petrus Pap is heftig. Neander.Ouboet. Selfs van die vroue. Afrikaner volkstrots is op die spel. Ander lande se rowwes is rowwer as ons

rofstes. Ellende ! Krisis !

Chill, manne.

Waar is die beskaafde moderne mens se filosoof of sielkundige of teoloog om hierdie eeuoue sug na  gladiatorsports te verduidlik.

Bruggie, die bloedorstige, wil ook weet.

by Bruggie

David Lean

Augustus 23, 2012 in Sonder kategorie

Wie van  julle onthou daai onvergeetlike toneel in die regiseur David Lean se film Lawrence of Arabia toe n spikkeltjie op die horison

stadig oor die meetlose woestyn nader kruip en Lawrence se gids langs hom doodskiet by die enigste waterput wat lewe kan verseker.

Water en dors. Lewenssake in die midde ooste waar die Abrahamgodsdienste (Jode/Christen/Muslim) ontstaan het.

Christus se woorde aan die kruis is dus gekies vir maksimum impak : “Ek het dors.”

by Bruggie

Welvaartgaping.

Augustus 21, 2012 in Sonder kategorie

Wêreldwyd is daar opstand oor die welvaartgaping. Hoekom verdien sokkersterre,  Hollywoodsterre, bankiers TVkerkleiers, politici ens so obseen, terwyl 80% van die wêreldbevolking kripeer ? Marikana gooi ook vir ons die probleem in die skoot.

Miskien is die groot salarisse n manier om die bestes vinnig  te lok. Betaal hoog. Fire vinnig as prestasie uitbly. Korttermyn. Cut throat. Dis die Amerikaanse manier en dit het die afgelope honderd jaar skouspelagtig geslaag.

Vergelyk die VSA met Kuba, die ander uiterste. In Kuba geld dien-jou-medemens. Moenie jou talent gebruik om jouself te verryk nie.

Daarom verdien dokters miskien driemaal soveel as n plaaswerker.

Dit klink eties wenslik. Heel Christelik.

Maar dit mik te hoog. Baie talentvolle mense koop nie in nie. Met alle geweld wil hulle onwettig meer vir hulself kan woeker in die VSA.

Kan ons nie wêreldwyd n middeweg vind nie. Skaal hoë verdienstes drasties af. Vertiendubbel belasting op luukse motors en horlosies. Bespot vulgêre vertoners van uitspattige leefstyle.

Maar dit moet wêreldwyd gebeur sodat die superrykes nie skuiwergate kan vind nie.

(Terloops, die Marikana-ouens is meer bewus van broederverskille. Die paar wat R12,500 per maand verdien, koop  n groter TV, terwyl die R4000 massa swaarkry en die werklose menigtes nog swaarder.)

As ons die opstokende populiste soos Malema effens aan bande wil lê, moet ons obsene welvaartsverskille aanspreek.

(Nogmaals terloops. Ou Cyril R. is gans te lelik vir politieke glamourboyredder. Met sy R18 buffelkoop is hy permanent uitgeskakel.)

by Bruggie

Verlossing en genade

Augustus 20, 2012 in Sonder kategorie

Ons kan op die kuberruim stem vir genadedood . Ook in Suid Afrika. Groot vordering ,maar ek vermoed n lang pad lê voor.

Kom ons pleit intussen  vir n vergunning . Hoe lyk dit met  genadedood vir die wat vrywillig hul naam herhaaldelik op n lys plaas terwyl dinge nog goed gaan.

Ek sal dit waardeer.

by Bruggie

banke

Augustus 18, 2012 in Sonder kategorie

Ek is n leek. Thomas nie. Miskien moet hy liewer vir ons teoreties oor banke en hul funksie skryf.

Ek donner dom voort sodat Thomas of n ander kundige kan sien hoe n leek rondtas.

Dis waar wat Blikskottel sê – vir elke R1 wat ons deponeer word die banke wetlik toegelaat om nog

vyf rande te skep. Dis niks nuut nie , hulle doen dit al lank (twee eeue of meer ?)

Hoekom mag n bank geld skep maar ek mag nie?Hoekom beland ouens wat geld vervals in die tronk?

Omdat bankiers slim sakemanne is en ook opgelei om ander ouens se planne deeglik te oorweeg en dan

te besluit of die planne kan slaag. Kom met n plan by jou bankier en hy leen vir jou geld om jou fabriek te bou, jou lorrie te koop,

jou huis te bou, jou myn te grou. Jy betaal die geleende geld met rente terug. Hoeveel rente die bank mag vra word deur die wet bepaal. Die Mafia se rente is te hoog. Hulle skiet jou knieskyf af as jy nie kan bybly nie. Of jy ontdek jy perd se kop in jou bed.

As baie mensies suksesvol met geleende geld woeker, ontstaan welvaart en n gesonde ekonomie.

Probleme ontstaan wanneer bv. die politici , die vakbonde, kerkmense, do-gooders ens. die banke dwing om arm mense ook

finansieël op die been te help. Miljoene Amerikaners kry huislenings by groot banke. Hierdie bankiers verkoop hul risiko aan

ander groot finansiëele intellings. n Rondomtalie ontstaan. Roer dan nog by slim numbercrunchers wat groot winste wil maak deur kanse te waag op toekomstige dalings of stygings in waardes. Een ou misgis hom en omdat hy 100 maal die wins wou maak, skuld sy bank nou 100 maal meer.Ziljoene is op die spel. Lehman bros. vou. n Domino effek dreig om die hele kaartehuis saam te sleur. Om dit te keer, druk reserwebanke papiergeld.

Nou moet die howe besluit of die hele stelsel verkeerd en korrup is. My gevoel is nee. Daar is nie n geheime plot om die klein man

vir ewig te befok nie. Blikskottel se groep wil die teendeel in die hof bewys. Ek skat die saak gaan 20 jaar of meer duur.

by Bruggie

Mag ek maar

Augustus 15, 2012 in Sonder kategorie

hierdie onverhewe stukkie plaas? Naas Jeanne se mooi honne, naas die wrang stuk oor Diepsloot.

My toilet borsel roes morsaf. Na n dag se onderbewussyn besluit ek op n nuwe era in my lewe.

Gereed lê van nou af n ou smal verfkwassie (25 mm.)

Nous dit nie meer die vasgeklewe stront hardhandig bestorm nie. Aikôna.

Dis delikaat vir kwassie opneem en  kunstig die strontjies in die ribbes kielie.

Lekker, man.

by Bruggie

Onwrikbaar.

Augustus 14, 2012 in Sonder kategorie

Party mense verander nooit van standpunt nie. Hulle is onwrikbaar . Verskans soos in n dooie skildpad met n harde dop , toegewikkel in 20 seekoeivelle , deeglik begrawe onder in n vergete mynskag in die woestyn. Hulle het n standpunt en basta.

Francois Williams vat op hierdie blogs hierdie ultimate koek.

Maar gelukkig daar is ook sommiges wat nou en dan n bietjie wrik.  Verkluime skildpaaie .   Hulle haal net net nog asem.

Woon daar dalk een in Bloemfontein ? Skottelploeg se turf sit ook nie heeltemaal nie.

by Bruggie

Pinelands

Augustus 14, 2012 in Sonder kategorie

se bevolking word al hoe jonger. Gewone middelklas mense, meesal Engelssprekend. Maar daars ook n klomp ou fossiele. Baie

Engels . Land of Hope and Glory. Meerderwaardig.

Veral hierdie groep dring daarop aan dat honde (verkieslik Corgis) aan n leiband deur mommy en daddy (hy met sy brogue skoene en krawat) vir n wandeling geneem moet word.

Hulle lig wenkbroue en sis kwaad :”Disgusting  ! These backvelders. Swearing at his dog !”

Dis nou wanneer ek twee vlieë doodslaan en my Staffie sonder n leiband op die sypaadjie probeer hou terwyl ek winkeltoe fiets.

Ek skree “Kant ! Kant “.

by Bruggie

Waardes in n 8 biljoen wêreld.

Augustus 13, 2012 in Sonder kategorie

n Maand gelede ontplooi die stadsraad van Kaapstad n span werkers. Hulle moet n paadjie skoffel. Eers word die gebied

met n tydelike plasiese heining afgesper. (Hoekom ? Hulle grawe nie n sloot nie.) Daarna staan die werkers binne hierdie kampie uur na uur op hul grawe en leun.Al n maand lank.

Moet ons kopskud oor vermorsing van geld of moet ons bly wees dat werk vir tien geskep is. Iewers in die agtergrond is daar nog verder ” werk” vir klerke,politici, teemakers en konsultante geskep.

As mens optimum werkverigting wou sien, moes jy al die middelmanne uitgeskakel het en een man met n graaf stukwerk laat doen. Een ou werk dat die sweet hom aftap want die werk moet klaar. Nege bly werkloos.

Geen kameraadskap nie. Geen tydelike (valse ) gevoel dat jy iets bydra nie.  Geen nog nege gesinne met “onmisbare” broodwinners wat ook kos op die tafel sit nie. Geen illusies nie.

Kommunisiese lande het volle indiensneming want jy stel tien man aan om een man se werk te doen.

In n kapitalistiese land tel doeltreffendheid.Wat tel die meeste , mense of afgehandelde take teen die laagste koste?

Watter stelsel pas die beste  in n oorbevolkte wêreld. Ek vermoed die Kommunisme. As jy jy n kapitalis aan bande wil lê, moet jy met vraag en aanbod werk. n Kapitalis waardeer n skaars kommoditeit. As daar biljoene mense te veel op aarde is, val die waarde van

die individu. Tap die werker tot hy val, steek hom in die pad. Huur n nuwe.     Plenty more where he came from.

Maar die lewe is goor in n kommunistiese land, want waardes word skeef getrek. Hoe minder gedoen word, hoe langer hou n stuk “werk”. Werk hard en jy word n bedreiging.

Twee honderd jaar gelede was daar 3 miljard mense op aarde. Toe kom die slim masjiene wat werkers oorbodig maak.

Met ons huidige vernuf is 1 miljard mense genoeg. Ons neig na 8 miljard binne kort.

Daarom gaan ons instede van n paradys n wêreld van skewe waardes skep. Ouens met grawe wat rondstaan.