by

Seks

Julie 22, 2012 in Sonder kategorie

Wie het die debat in Rapport gesien oor die wettiging van sekswerk ? Lees gerus ook die kommentare.

Die kortste was vir my snaaks.

“Crouch, Touch, Pause, ENGAGE !”

5 antwoorde op Seks

  1. lora2me het gesê op Julie 22, 2012

    Nog nie gelees nie – sal later. Wettiging van sekswerkers kan in lande soos Nederland werk, maar hier is die toepassing van al ons duisende oornaguitgedinkte wette nie moontlik nie. Kan jy nou dink hoe die korrupte kwasi-dokters vals verslae oor die prostitute se gesondheidstoestand sal uitreik? Ek dink wel, al stem ek nie met die losbandigheid van prostitusie saam nie, dat dit nooit uitgeroei sal kan word soos sommige kerkvaders wens nie.

  2. sirpsa het gesê op Julie 22, 2012

    Ding is, prostitute was gewoonlik as kinders mishandel en gemolesteer en word nou maar net verder uitgebuit deur klante sowel as hulle pimps. En om hulle ‘werk’ te kan verduur moet hulle dikwels staatmaak op drank en dwelms.

  3. Aspris, ek is jammer vir die vroue wat
    uitgebuit word deur pimps en polisie.
    Dis n gevaarlike onderwêreld.

    Die opportunistiese vroomheid van sekere
    Kerkvaders is om van te kots.

  4. Lora, ek glo nie postitute is losbandig nie. No pay, no lay.

    Dis net amateurs en middelklas hedoniste wat losbandig kan wees. Die ouens wat
    motorsleutels in n hoed gooi by partytjies.

  5. Agge-Nee. Niemand lag saam oor Crouch , Touch etc nie.

    Seks, Stoei , en Skrum .. almal kontaksport. Dikwels is aldrie ook ROF en SWETERIG.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.