by

Herwinnaars.

Julie 17, 2012 in Sonder kategorie

Gisteraand vertel TV 3 (?) van mense wat n bestaan maak uit herwinbare afval op stortingsterreine (dumps)

Een jong vrou vertel (trots ?) hoe sy al jare op die dump bly. Haar oornag skuiling van plastiek is in die agtergrond.

Sy sorg vir haarself en haar 3 of vier kinders , almal jonger as ses.

Sy lyk gesond en skoon. Haar kinders ook.

Sy lyk na n raakvatter. Praat  forse, suiwer Afrikaans.

Ek sal miskien n nat wintersnag op n dump oorleef. Ek ag jou hoog, suster.

12 antwoorde op Herwinnaars.

  1. “die wereld is ons woning nie”

  2. TS het gesê op Julie 17, 2012

    Dis een van my grootste wense dat mens iets vir mense wat regtig ‘wil’ iets kan doen

  3. Jy is n MENSCH, Tina.

  4. hulle is onwettig daar, maar gelukkig word dit oor die hoof gesien.
    Buiten vir die onaangename omgewing, is dit ook nog gevaarlik met die vragmotors wat in en uit ry asook die stootskrapers wat gedurig die hope toestoot.

    Ek sal dit ook nie daar maak nie

  5. HeavyHenry het gesê op Julie 17, 2012

    Eish!

  6. lora2me het gesê op Julie 17, 2012

    Sy moet ‘n medalje kry. Hoe innoverend moet ‘n mens nie kan wees as jy iets uit die gemors van ‘n ashoop kan skep nie?

  7. avega het gesê op Julie 17, 2012

    3 of 4 kinders almal onder 6? Sal graag haar storie wil hoor.

  8. the mind boggles, Vega

  9. Sy sit ten minste nie en bedel op ‘n straathoek met die kleingoed gebalanseer op die smal middelmannetjie by die robot nie.Daardie vrou moet werklik ‘n medalje kry.Wonder net waar is die pappie van al die kinders?

  10. Ja , daars baie vrae oor die vrou. Elsa Joubert word beroemd met Poppie Nongena.
    Ek vermoed hierdie vrou sou ook n boek kon word.

  11. Carol460 het gesê op Julie 20, 2012

    Ek haal my hoed af vir die dame. Ai, ons kan darem met die witbrood onder die arm kla.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.