by

Gumede

Julie 15, 2012 in Sonder kategorie

Vir die wat na die Sondagslapie wil peusel aan die insigte van William Gumese ,google hom gerus.

Hier is n voorsmakie :

Wittes is in die spervuur want hulle is te suksesvol. Swarttes kan nie op gelyke voet met Wittes kompiteer nie want die Wittes se voorsprong is te groot. Wittes is beter geskoold, het kapitaal, is vaardig. Swartes is jaloers en voel magteloos.

Die ANC buit hierdie welvaartverskil uit.

Swartes is ook jaloers op ryker Swartes , wat erg deur geweldmisdaad geteiken word.

Ek dink Gumede praat waar. Daarom moet suksesvolle Wittes Swartes help. Met mentorskap. Met lenings. Met indiensopleiding.

Met beter skole.

As die Wittes slim is kan hulle hul basse en die land red.

WAT DINK JULLE ? (So lekker knus  op hierdie koue Sondag , voor die vuur.)

21 antwoorde op Gumede

  1. met beter skole??. Het hulle dit dan nie juis oorspronklik teen skoling deur wittes gehad nie? ( wat wel bereid was om hulle skoling te gee maar nie hulle taal magtig was nie)

  2. Roos, die klimaat is nou gunstig. Lou,Lora en baie ander wat hier blog, help alreeds met beter skole. Dis die (dronk, afwesige, swart) Cosatu lede wat deesdae die onderwys van swartes saboteer.

  3. TS het gesê op Julie 15, 2012

    Dis nou regtig nie iets waaraan ek graag peusel nie…

    Ek dink jy is in ‘n mate reg, maar die wil om gehelp te word moet daar wees. ‘n Vriendin het die week ‘n swart onderwyser gehelp – ons trek by Julie… niemand het handboeke nie maar almal het die basiese dokumente By die een skool het mense ingespring en hulle eie leermateriaal geskep … by die swart skool het die onderwyser nog met die ou goed probeer aangaan. Ongelukkig weet die jonger onderwysers ook nie hoe om van niks iets te maak nie… alles moet vir hulle gegee word.

  4. Jy sal ook van suksesverhale weet, Tina.

    Ja baie swartes is gemaklik met die rol van slafoffer, maar die meeste smag na
    goeie onderwys vir hul kinders. Veral n wit onderwyser wat omgee en help , doen geweldig baie vir beter verhoudinge.

  5. avega het gesê op Julie 15, 2012

    Hindsight is a perfect science! Swartmense moes die oorgang stadiger laat gebeur het deurdat die bekwame witmense hulle mentor veral in bestuursposisies, maar hulle het gedink hulle is bekwaam genoeg. Dis embarrassing om te erken jy kan nie die werk goed doen nie.

  6. loudavisi het gesê op Julie 15, 2012

    Ek wou al my bekkie uitspoel oor die handboeke. Elke onnie het ‘n goed uitgewerkte leerprogram wat gevolg MOET word, met of sonder die handboeke! Die handboeke is net ‘n hulpmiddel, ‘n baie welkome een, maar met of sonder een, die werk moet gedoen word!

    Oor die res bly ek maar liewerste stil, want Johan se ek is dom en my nerwe is effe fragiel op die oomblik.

  7. Vega, ek ken baie min mense wat nie hul eie vermoeëns oorskat nie. “Bestuursvernuf ? Dis n mite, man. Daai ouens sit net op hul gatte en verdien groot.”is wêreldwyd die mantra. n Paar jaar later sit die oorgretiges met gebakte pere. Nou moet sondebokke gesoek word. Dis bitter moeilik om te erken jy’s te dom. Slim wittes verstaan en krap kastaiings sonder leedvermaak uit die vuur. Om hul eie basse te red.

  8. pasella het gesê op Julie 15, 2012

    Ek is gatvol om as blanke verantwoordelik gehou te word vir (sommige) swartes se onvermoë om suksesvol te wees.

  9. Hullo, Lou. Tina stem met jou saam. Goeie onderwysers sal n manier vind . Ek vermoed elke jaar se nuwe handboeke is meer n geleentheid vir n kader om n ryk kontrak los te slaan.

  10. Ons is almal gatvol, Lewies, maar ek reken ons speel in die ANC se hande as ons stilstaan by gatvolheid. In hierdie tawwe tye sneuwel selfs bedrewe sakemanne sonder ondersteuningsnetwerke. Help n swart drenkeling en sy afguns en rasvooroordeel verdwyn miskien. Vennote is verkieslik bo n verbitterde gepeupel.

  11. mentorskap = paternalisme van wittes teenoor swartes en vice versa sal in geen politieke bestel werk nie, bloot omdat wedersydse respek vir mekaar se waardes so jammerlik afwesig is.

  12. Jy’s reg , Exi , dis baie moeilik om n mentor sonder paternalisme te wees. Daarom is ek so dankbaar wanneer iemand dit reg kry. Wit Suid Afrikanerskap is nie vir sissies nie.

  13. loudavisi het gesê op Julie 15, 2012

    Ons moet mos die handboeke gebruik en natuurlik bewys lewer dat ons dit wel doen. Ek het sopas klaar vir die kwartaal uit die boeke uit voorberei. Werklik ‘n goeie handleiding en so gebruikersvriendelik. (Grondslag-fase)

  14. Jis, ou veteraan ! Voorbereid en kundig. Mooi so !

  15. HeavyHenry het gesê op Julie 16, 2012

    Ek wonder soms of daar nie ander, basiese verskille is nie – hoekom het van Riebeeck, toe hy hier gekom het, nie ‘n wiel gevind nie?

  16. Henry, ja ,geen wiel destyds nie, maar
    daar is honderde duisende wat vandag
    slim genoeg is om nie die Zim roete in te slaan nie. Ongelukkig is daar te min wittes om genoeg wen/wen
    verhoudings met swartes te bedink.
    Onthou wat met die Jode onder Hitler gebeur het. n Suksesvolle minderheid is kwesbaar.

  17. HeavyHenry het gesê op Julie 16, 2012

    Net as hulle hulle laat bedonner – jy moet ook onthou wie dit is wat die belasting betaal – ‘n ding behoort aan die ou wat hom kan vernietig – en dit werk weerskante toe.

  18. Carol460 het gesê op Julie 16, 2012

    Eish, gaan ons ooit die verlede agter ons kan sit?

  19. Ek dink ons doen dit in elk geval, uit ons huise uit.

  20. Jy’s reg, Monica.

  21. Iemand se sukses was nog altyd iemand anders se jaloerse begeerte.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.