by

gorrel

Julie 7, 2012 in Sonder kategorie

Ek sit vanoggend op die troon. My oog val op n erdwurm wat voortuitsigloos wriemel op die teëlvloer. Twee weke gelede

was hy buite in die tuin. Verkeerde roete ingeslaan. Nou is hy/sy op moedverloor se vlakte. Gedaan. Moedeloos. Pateties.

Al kakkende voel ek jammer vir die vaal stukkie lewe. Toemaar, Bruggie gaan jou red. Versigtig opscoop en by die agterdeur

uitslinger.

Nou kom ons by die gorrel. Vrouens gorrel meesterlik. Jy sukkel om n ooptetjie te kry vir saam gorrel. Daarom is  alleen op die troon sit so n uitkoms. Jy kan jou gedagtes laat gaan. Ongestoord.

Soos . Hierdie erdwurm is tog sekerlik die nederigste van god se skepsels. (as daar n god is ). In die bybel sê Christus: Sien om na die nederigstes, anners is daar pêre. Dan staan ou Bruggie mos voor in die ry as hy hierdie erdwurm red. Maar , ai, daar staan ook

in die bybel, jy mag nie oor jou weldaad brêg nie.

Die geslingerde erdwurm trek duisenmaal sy eie dikte deur die lug en maak n veilige landing. Mense het valskerms nodig om so n val te oorleef.

Lekker gegorrel nê !

18 antwoorde op gorrel

  1. HeavyHenry het gesê op Julie 7, 2012

    Is jy seker dis ‘n erdwurm en nie ‘n rondewurm nie?

  2. ‘n diepe gegorrel, bruggie . amper so diep soos ‘n longdrop .

    duisendpote klim as die reen hier by ons in die somermaande teen die binnekleinhuisie se gladde mure op . sonder valskerms of absailing equipment.

    jy weet natuurlik hoekom vroue nie sulke kragtige flatus kan passeer soos ons manne nie , ne^ ? – omdat hulle aanhoudend gorrel (lees: babbel) is hul lippe mos nooit lank genoeg geseel om kompressie te kan opbou nie …hie hie hie.

  3. Hullo Exi, lekker gelag oor die babbelaars wat nooit hard kan poep nie

  4. Henry, geskreeulag oor jou voorstel van n rondewurm. Dink jy ek kan hom dwarsdeur
    die porselein lanseer ?

  5. MK, jy ken my mos as n sagte outjie.

  6. HeavyHenry het gesê op Julie 7, 2012

    Die bleddie goed is nie net in mense nie – katte en honde dra hulle ook – en nee mens sien hulle normaalweg in die spoelbak, nie oppie badkamervloer nie.

    Tensy jy dalk een van daai ouens is wat hurk, en miskien ‘n bietjie eksplosiewe diarhee gehad het…

    🙂

  7. Spuitpoep gespaar, dankie Henry

  8. HeavyHenry het gesê op Julie 7, 2012

    🙂

  9. TS het gesê op Julie 7, 2012

    lintwurm?

  10. TS het gesê op Julie 7, 2012

    Jy gorrel baie beter as baie vrouens wat ek ken.

  11. loudavisi het gesê op Julie 7, 2012

    Wat jy in, moet jy uit
    Dis die wonderlikste om voor te bly
    Ek ken ‘n paar wat ‘n paar kakke agter is…

    😀

  12. Blikskottel het gesê op Julie 7, 2012

    Absoluut…dis amper soos waneer Malema, Zommer of een of ander ANC liegbek praat….gorrel, gorrel….

  13. postatdo het gesê op Julie 7, 2012

    Nice save

  14. Ja Lou, mens moet ligloop vir die wat n paar kakke agter is. Dis nou n Lou-isme.
    Dankie.

  15. Maar nie beter as MK nie.

  16. aikona. (Niemand gorrel oor sy lintwurm nie. Siessa)

  17. Loergaatjie het gesê op Julie 9, 2012

    He – he ! My suster het een keer gesit so lekker minding her own business, toe wurm ‘n padda homself onder deur die deur. Sy is broekloos en gillend daar uit !

  18. Bwhaa. Broekloos en gillend. Twee paddas pas nie in een klein kammertjie nie. !

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.