Jy blaai in die argief vir 2012 Julie.

by Bruggie

Onkunde

Julie 29, 2012 in Sonder kategorie

Gister blog Abram dat niemand wil n betaal vir n verlepte piesang nie.

Dit laat my wonder oor die wêreld van die manlike postituut.

Hennie Aucamp skryf oor hoe n verfynde man vervalle jongelinge soek vir betaalseks.

Gay mans is dikwels hiperbewus van spiere. Mooi gelaatstrekte.

Ander gays soek n sielsmaat.

Koos Prinsloo vertel van onverskillige, onpersoonlike, gevaarlike seks.

Oor die algemeen lyk dit of heteroseks besadiger is. Tot onlangs. Nou hoor ons van bind en looi.

Ek is maar bra onkundig.  n Verlepte piesang is altyd ongewens. Miskien kan iemand ons inlig of daar geld te verdien is met

n stywe poephol ? (Of moet n mens liewer kuis verneem oor n sluitspier. Of miskien moet mens glad nie wonder nie.)

by Bruggie

Reklame

Julie 23, 2012 in Sonder kategorie

Dogma is ongewild. Maar noodsaaklik. Anders spat die spulletjie uitmekaar.

n Gedagte tref my. Die styl van die bybel , die taalgebruik, is goeie reklametaal.

Kort kort is daar n profeet wat sê “Verily, verily I say unto you…. “

Geen miskien dit of miskien dat nie. Taal wat gedeklameer kan word.

Daarom gaan Abel Pienaar geen hond haaraf maak nie.

Te moeilik. Ander mense word nie as vyande uitgeken wat uitgedelg moet word nie. Abel het nie n  formule om in die hemel te kom nie. Gays is ook mense.

Gelukkig kan 1% van moderne mense sonder reklametaal dinge self uit puzzle. Tot n mate.

by Bruggie

Seks

Julie 22, 2012 in Sonder kategorie

Wie het die debat in Rapport gesien oor die wettiging van sekswerk ? Lees gerus ook die kommentare.

Die kortste was vir my snaaks.

“Crouch, Touch, Pause, ENGAGE !”

by Bruggie

Peasant TV Saterdagaand

Julie 22, 2012 in Sonder kategorie

Babel is n onstellende (lang) movie. Brad Pitt. Morocco. Mexico. Tokyo.

n Halfuur standup (Engelse) comedy. 

Wie kan saam praat ?

by Bruggie

Trooswoorde

Julie 21, 2012 in Sonder kategorie

Ek was nooit n mooi ou nie. En toe kom die ouderdom. Nou stem almal saam ek is vrek lelik. Ek ook.

Vanoggend kom n trooswoord. Karaktervol.

Ja, die soort gevreet wat vir n skilder n uitdaging is.

by Bruggie

Herwinnaars.

Julie 17, 2012 in Sonder kategorie

Gisteraand vertel TV 3 (?) van mense wat n bestaan maak uit herwinbare afval op stortingsterreine (dumps)

Een jong vrou vertel (trots ?) hoe sy al jare op die dump bly. Haar oornag skuiling van plastiek is in die agtergrond.

Sy sorg vir haarself en haar 3 of vier kinders , almal jonger as ses.

Sy lyk gesond en skoon. Haar kinders ook.

Sy lyk na n raakvatter. Praat  forse, suiwer Afrikaans.

Ek sal miskien n nat wintersnag op n dump oorleef. Ek ag jou hoog, suster.

by Bruggie

Gumede

Julie 15, 2012 in Sonder kategorie

Vir die wat na die Sondagslapie wil peusel aan die insigte van William Gumese ,google hom gerus.

Hier is n voorsmakie :

Wittes is in die spervuur want hulle is te suksesvol. Swarttes kan nie op gelyke voet met Wittes kompiteer nie want die Wittes se voorsprong is te groot. Wittes is beter geskoold, het kapitaal, is vaardig. Swartes is jaloers en voel magteloos.

Die ANC buit hierdie welvaartverskil uit.

Swartes is ook jaloers op ryker Swartes , wat erg deur geweldmisdaad geteiken word.

Ek dink Gumede praat waar. Daarom moet suksesvolle Wittes Swartes help. Met mentorskap. Met lenings. Met indiensopleiding.

Met beter skole.

As die Wittes slim is kan hulle hul basse en die land red.

WAT DINK JULLE ? (So lekker knus  op hierdie koue Sondag , voor die vuur.)

by Bruggie

Weermag

Julie 13, 2012 in Sonder kategorie

Ja , daar sal vir lank nog n weermag in ons land wees want dit help met werkloosheid. Maar moenie geld op n weermag mors nie.

Beperk die aantal generaals  en ouens wat meer a R9000 per maand kry. Bespaar op  toerusting veral duikbote, kanonne, tenks en duur vegvliegtuie.

Gebruik die gespaarde geld om veel meer polisie op te lei. Dit help ook met werkloosheid. Minder leeglêers wat gangstas word.         

by Bruggie

Wie

Julie 10, 2012 in Sonder kategorie

is die regte een om n nuwe biografie oor Catherine the Great deur Robert Massie te lees en bespreek ?

Die Russiese adelikes moes destyds soos  Engelse hulle bo-lippe styf hou oor die eskapades van hierdie Czarina.

Wee die hofknaap wat haar nie kon bevredig nie. Praat van performance anxiety !

Nee, sy is glo nie noodlottig beseer toe sy met n hings wou paar nie.

Massie onthul sy is roemloos heen op n commode na n beroerte.

Ek hoop die bloggers met kindles sal Massie se boek deurkyk.  Is die Czarina te onsmaaklik vir die leesklubs ?

by Bruggie

gorrel

Julie 7, 2012 in Sonder kategorie

Ek sit vanoggend op die troon. My oog val op n erdwurm wat voortuitsigloos wriemel op die teëlvloer. Twee weke gelede

was hy buite in die tuin. Verkeerde roete ingeslaan. Nou is hy/sy op moedverloor se vlakte. Gedaan. Moedeloos. Pateties.

Al kakkende voel ek jammer vir die vaal stukkie lewe. Toemaar, Bruggie gaan jou red. Versigtig opscoop en by die agterdeur

uitslinger.

Nou kom ons by die gorrel. Vrouens gorrel meesterlik. Jy sukkel om n ooptetjie te kry vir saam gorrel. Daarom is  alleen op die troon sit so n uitkoms. Jy kan jou gedagtes laat gaan. Ongestoord.

Soos . Hierdie erdwurm is tog sekerlik die nederigste van god se skepsels. (as daar n god is ). In die bybel sê Christus: Sien om na die nederigstes, anners is daar pêre. Dan staan ou Bruggie mos voor in die ry as hy hierdie erdwurm red. Maar , ai, daar staan ook

in die bybel, jy mag nie oor jou weldaad brêg nie.

Die geslingerde erdwurm trek duisenmaal sy eie dikte deur die lug en maak n veilige landing. Mense het valskerms nodig om so n val te oorleef.

Lekker gegorrel nê !