Jy blaai in die argief vir 2012 Junie.

by Bruggie

Gematig ?

Junie 2, 2012 in Sonder kategorie

Turkeye veg jare lank al vir n sekulêre staat. Ataturk het Islam met geweld teruggedruk. Met die terugkeer van demokrasie het modernistiese partye Muslim ekstremiste getroef. So tien jaar gelede het Muslim gematigdes by die stembus gewen. Turkeye is vandag n progressiewe , moderne gemeenskap met sterk bande met die Europese Unie. Maar godsdiens bly maar n probleem.

Selfs onder die gematigdes.

Lees gerus die berig in w.w.w.timeslive.co.za oor die wêreldberoemde pianis, Fazil Say, wat moontlik moet tronkstraf uitdien omdat hy erken hy is n atei”s. Die berig verskaf ook n video.Luister hoe hierdie verstommende virtuoos n bekende stuk vervorm.Geniet !

Lyk my dis nie net ANC grootkoppe wat hul land bespotlik maak nie.