by

Murray de la Vita

Junie 30, 2012 in Sonder kategorie

vertel van sy besoek aan L.M. Hy laat my terug dink  toe ek en n maat , albei 15, van Pretoria na 

L.M. gehike het. 1955. Met goggles. Ons wou eksotiese visse gaan sien.  (Dadels van gekom)

Verbeel ek my of kon n mens destyds sonder n paspoort die grens oorsteek ?

n Wit Portugees was teleurgesteld dat ons as wittes nie skoene gedra het nie.

Letting the side down.

Bedags het ons ons slaapsakke met die goggles en tandepasta en nog n paar besittings binne in, iewers opgerol gelaat.

Saans weer aangetref. Niemand steel nie !

Die ruik van vasgebakte Portugese rolletjies en die swart bakkers wat met n stukkie hout ritmies bondeltjies deeg van n

groot hoop deeg afkap.

Ek het die indruk gekry die rasseverhouding tussen die wittes en swartes was mensliker as in destydse Suid-Afrika.

Laat hoor gerus van hoe julle Mosambiek ervaar het.

15 antwoorde op Murray de la Vita

  1. Klink amper idillies ! Ek was nog nooit daar nie,maar ek hoor dit is ‘n pragtige land !

  2. louisna het gesê op Junie 30, 2012

    Ek was in 1963 in Mosambiek as kind. Pragig. Prawns etc. Toe weer in 1990. Vervalle Toe gaan die ligte af in die restaurant en hulle steek die Primus op. Verskoning: Een deel van die stad kry in die oggend krag en die ander deel in die middag.

  3. Mosambiek weet ek nie van nie, maar in Angola is dit so love hate verhouding.

  4. Na wat ek verneem, gaan dit deesdae beter.

  5. louisna het gesê op Junie 30, 2012

    Ek hoor ook so. Seuns wil daar gaan visvang.

  6. lora2me het gesê op Junie 30, 2012

    Ek was nooit daar in die vroeër jare nie, maar my man het vertel hoe verskriklik gaaf en behulpsaam die plaaslike mense was en hoe ongerep en idillies alles gelyk het. Tye verander en mense kry seer as hulle baie ly.

  7. Wrong het gesê op Junie 30, 2012

  8. Jy handhaaf n lae profiel, nê .

  9. Ja , seker byna twee duisend kilos kuslyn.

  10. Vetjan het gesê op Julie 1, 2012

    Hel, ek was die naweek 3 keer beboet vir spoed,eerste keer net voor Inharrime, 2de keer naby Xai Xai en die 3de keer net voor Resano Garcia.

    Vrydagaand lekker gekuier in Maputo

  11. Daardie jare was ons nog nie daar nie, maar ek dink die Portugese was ook maar hard op hulle. Die dat hulle nou nog nie maklik steel nie. Nou gaan ons met gereelde tussenposes en vind die plattelandse mense vriendelik en hardop vir ‘n werkie. Meeste kampeerplekke is mos darem goed georganiseer en net die uitverkorenes mag daar kom werk. Hulle het nog steeds skoene, skottels, ketels en mooi lap nodig. Daarmee kom jy ver.

  12. Hullo. Joanna.

  13. Twaksak het gesê op Julie 3, 2012

    Ek het dit vir die eerste keer drie jaar terug beleef toe ek ‘n vrind help om sy vakansiehuis op te kikker en ‘n plaaslike ou grinnik en sê, “Thank you that you’re working so hard on my house.”

  14. HeHe. Seker Ju Ju se nefie.

  15. My vrou het as kind in 1974 die land moes uitvlug. Werk ook weer die afgelope drie en ‘n half jaar op verskillende plekke in Moz. Haar mening: Ander land, dieselfde moeilikheid en rasseverhouding.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.