by

Is ek verkeerd

Junie 26, 2012 in Sonder kategorie

as ek sê :

Dis immoreel as ek ten koste van ander leef.

Daarom moet robotte sleurwerk doen.

Selfs die Chinese buit mense uit om teen lae lone gevaarlik en haglik in myne te werk.

Helaas, n Morele wêreld is buite bereik. Ons is almal huigelaars as ons dit nie aanvaar nie.

Persoonlike moraliteit is n ander storie.

Godsdienstiges probeer sê dis alles God se skuld . Hy het mense met lae IK’s geskep

wat nie van hul koppe afgaan as hulle sieldodende fabriekswerk moet verrig nie.

Ons hoef nie skuldig te voel as ons stukkende mense sien nie. God het n plan, al lyk dit verkeerd.

Gebruik gesonde verstand .

(Maar wat van die baie sonder gesonde verstand ?In elke Volk. Met n Weermag)

17 antwoorde op Is ek verkeerd

  1. TS het gesê op Junie 26, 2012

    Nou wat wil jy hê moet ek doen?

  2. Wees so eerlik as moontlik.

  3. jy is reg . die lewe is ‘n strand en dan gaan jy dood .

  4. Dankie vir die lees.

  5. Ek wonder wat die Plan is?
    Persoonlike moraliteit..ek stem saam dat mens by jouself moet begin en seker maak dat jy nie jou naaste vertrap vir eie gewin nie.

  6. skurwesan het gesê op Junie 26, 2012

    Ek dink weer dit is elke mens se voorreg en reg om te kan werk, maak nie saak hoe beskeie die werkie is nie.
    Maar om minder bevoorregtes, soos bv ‘n tuinier en huishulp uit te buit teen jou morele verwagtinge, ja, dis nie goed nie.

  7. avega het gesê op Junie 26, 2012

    Moraliteit sal altyd ‘n probleem wees, want mense is hebsugtig. Daar sal altyd mense wees wat die sleurwerk moet doen, maar werk behoort altyd menswaardig te wees. En waarom sê mense altyd dat godsdienstiges probeer sê dis alles God se skuld? Dis nie die waarheid nie. Die Bybel is mos godsdienstiges (sommige) se riglyn en dis wat nie daarin staan nie.

  8. Hoe dink jy voel mense wat gedoem is om altyd die sleurwerk te doen ? Hulle, plus die werkloses , maak seker 80% van die mensdom uit. Almal is God se skepsels. Die afleiding is dat dit God se plan is.
    Ou Testament se houthakkers en waterdraers.

  9. avega het gesê op Junie 26, 2012

    Niemand is gedoem daartoe nie, enige mens kan homself opwerk uit ‘n situasie as die wil daar is. Niemand is onmisbaar in sy werk nie. En daar bestaan nie soiets dat die Bybel sê dis God se plan dat mense moet krepeer van ellende nie. Elke mens moet werk sodat hy kan eet en sy werk (al is dit wat) na die beste van sy vermoë doen.

  10. Miskien is jy reg. Enige mens kan homself
    opwerk as die wil daar is. Maar hoekom is dit soveel moeiliker vir 80% van die mensdom. God het ons mos almal ewe lief.
    Of hoe ?

  11. Neander het gesê op Junie 27, 2012

    Moraliteit is ‘n genetiese eienskap, ons het nie almal ewe veel daarvan nie, nes enige ander eienskap.
    Die mens sal meesal blaam plaas op ander mense, die gode, hulle ouers, die val van die dice, ens.

    Rangordes word oral in die natuur gevorm, ook by die mens. Daarom is party ryk, met status en ander nie.
    Almal klim die leer.
    Alle leeus vang ook nie ewe veel bokke nie, ens ens.
    Ons is almal maar net organismes op aarde wat streef om beter te kan leef.

  12. avega het gesê op Junie 27, 2012

    Ja jy’s reg, God het almal ewe lief, maar Hy gaan nie jou werk vir jou kies of doen nie. Jy maak jou eie keuses endra die gevolge daarvan.

  13. As dit waar is, dan is is howe mos sinneloos. Hoe kan iemand dan skuldig wees aan enige iets as sy moraliteits vermoens vanwee genetika hom so beperk het dat hy Bv nie kon insien dat ‘n moord verkeerd is nie….die redenasie van jou is vanwee ontkenning van die bestaan van ‘n mense se gees en siel. As ek verkeerd verstaan sal ek graag wil hoor hoe dan?

  14. @Liz: Is dit dus imoreel om ‘n persoon te vergoed volgens die werklike waarde wat sy werk het? Onthou alles het ‘n waarde, werk ook en dit sou ook immoreel kan wees om ‘n persoon meer te betaal as wat hy werd is, soos bv wat met politici gebeur.

  15. Neander het gesê op Junie 27, 2012

    Nee, die mens het ook ‘n vrye keuse en wil. So, ons is diere met ‘n groot bewussyn. Ons kan reageer op straf en opvoeding, ‘n leeu kan nie.
    Baie moorde word instinktief gepleeg, ander nie. Daarom verskillende strawwe ens.
    Kombineer dit met opvoeding, menseregte en strawwe, dan het jy ‘slegs’ die ‘arbitrêre poging’ om die samelewing beter te maak.
    Die meeste mense en geen regering oor die hele wêreld besef die werking en beginsels van evolusie nie.

    Ek voeg by: wat van die mens verstaan jy nie?
    Ons is ‘n bemagtigingspesie wat die potensiaal het om mekaar uit te roei, daarom wette en reels en opvoeding.

  16. Dankie. Dit lyk of jy optimisties is oor die mensdom se toekoms

  17. Neander het gesê op Junie 27, 2012

    Ek het net die psige van die mens aan jou verduidelik.
    Daar was nog altyd goeie en slegte mense.
    Ek is wel negatief oor die bestuur van ons land en dit weet jy ook al.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.