by

My Fair Lady.

Junie 24, 2012 in Sonder kategorie

Maak hope geld vir ou Bernard Shaw, die suurgat Ier wat lekker ryk geword het deur die Engelse op hul snobisme te wys.

Sy gelukskoot/insig ?

Kombineer  kritiek met kuns.

Is P.G du Plessis die Afrikaner se Shaw ?  Nie Koos Kombuis nie. Ook nie David Kramer nie.

Is dit nie tyd dat ons bietjie vir onsself lag nie ? 

24 antwoorde op My Fair Lady.

  1. pasella het gesê op Junie 24, 2012

    Ou Koos Kombuis is verby sy sell by date–dalk iets te doen met die feit dat hy Tassies verruil het vir Beyerskloof? Praat van snobisme!

  2. Jy MOET Piekniek by Hangklip lees

  3. TS het gesê op Junie 24, 2012

    Wat vertel jy my? Is daar iemand wat kan ryk word uit Afrikaners?

  4. Angus en die Vrotmelk ou.

  5. Jy’s reg. Ek is patalogies suinig en sal
    te vergeefs wag om die boek uit die bib.
    te leen. Raak spandabel, ou man, en dra ietsie by tot ons skrywers se eina verdienstes, moet jy eintlik sê.

  6. Beslis PG – hy kon ons vir onsself laat lag met ‘n Seder val in Waterkloof en met Ko-opersiestories ( hy kon ons egter ook laat huil het met die Fees van die Ongenooides ) Lank lewe gebalanseerde Boereskap !

  7. Selflag is n netel, Lewies.

    Op die oomblik voel die Afrikaner bedreig en kwaad. Daarom lag ons wrang vir Zuma en swart ploeteraars.

    P.G. se Ko:op stories spot met gister se
    landelike stereotipes.

    Zoid, Parow ens. steek tong uit vir agtergeblewenes. Kampe. Wie is vir my en wie spot met my.Wie is cool en wie nie.
    Wie verlos ons knyppoephol volkie ?

  8. PG is gin niks die Afrikaner se Shaw nie. Hy is die Afrikaner se PG.

    In elk geval is hy heelwat nader aan Steinbeck as aan Shaw.

  9. PG spot nie met daardie mense op die platteland nie, hy leef met hulle mee. Hy wys aan ons uit wat in daardie stereotipes eintlik eie oan ons is.

  10. Ja, meer Steinbeck as Shaw.

  11. Bedoel jy dat PG n sprokieformaat
    gebruik ? Ons lag saam want die vinger is nie beskuldigend nie.

  12. Jammer Exi, ek ervaar PG as n gevatte snob en n chauvinis. Kan verkeerd wees.

  13. TS het gesê op Junie 24, 2012

    Angus maak dalk geld uit Afrikanermans maar uit my sal hy nie ‘n dooie duit kry nie… en daar was dalk waarheid in Shaw se uitsprake terwyl Angus nie baie meer as vrotmelk voorhou nie.

  14. Ja, Kaspaas. Ai, selfs jy kon toe nie altyd reg gewees het nie. Moet net nie verder hier bieg oor jou onsekerheid nie – Johan Pienaar sal dit beslis nie duld nie ! As hy jou uitvang dat jy twyfel aan jou eie geloof of gevoelens(menings) sal hy jou betrol tot die ANC nie meer hier aan bewind sal wees nie. Wees vriendelik gewaarsku.

  15. Ai, Exi, hoe lekker laat jy my lag.
    Johan is n lekker gespreksgenoot. Hy
    is konsekwenter as as loskanon ek.Ek dink hy is te slim om tyd te mors om my belagliker te maak as wat ek is. Ek hoop jy gaan dit nie ontgeld nie. Jou besorgheid raak my.

  16. As ek dit sou doen sou ek dit nie duld nie. Dult is vir wel wannabe digters.

  17. Wat maak Angus as enige ander dominee of priester?

  18. TS het gesê op Junie 24, 2012

    Hy vertel vir mense hulle is magtig en beter as ander.

  19. ek skult jou ‘n apologie, grote hogere priester van die geengotgeloof . ek het gekorrigeer . dit was vermetel van my om die woord dult so ‘uit ‘n gedig uit’ te gebruik . wat sou u as my verdiende loon beskou vir hierdie disleksie ??? ek wag in spanning …

  20. Nee ek dink in PG se werk is die vinger altyd ferm op himself gerig en ek dink ook Fees van die Ongenooides is een van die sterkste feministiese Afrikaanse romans.

  21. avega het gesê op Junie 25, 2012

    Kan dit amper nie glo nie, ek stem actually saam met Johan! PG is ‘n uitsonderlike mens, alhoewel intellektueel lewe hy soos ‘n maplotter op sy ‘plasie’ naby Rysmierbult, daarom kan hy skryf oor alle tipes Afrikaners. Hy leef letterlik met hulle mee 🙂

  22. Hullo Vega. Wat dink jy van PG se Engelse
    roman ? Ek vind PG neerbuigend teenoor die Maplotters. Beide Johan en PG is fassinerende gevalle. Durf ek sê n aanwins vir die Volk ? Minder twyfel oor een van die twee.

  23. Vega, Is daar n strepie Peter Blum in PG ?
    Duiwels begaafd maar skewerig.

  24. avega het gesê op Junie 25, 2012

    Bruggie van watter Engelse roman praat jy? Ek weet hy het Fees van die Ongenooides eers in Engels gedoen, toe die Afr weergawe geskryf. Ken nie vir Blum nie en ek lees nie baie poësie nie, maar my pa ken vir PG goed, hy bly naby my pa se plasie en hy is vir seker nie ‘n snob nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.