by

Yoko Ono

Junie 19, 2012 in Sonder kategorie

het n buitelug kunswerk bekendgestel – n skaakbord beman deur  32 normale  stukke , almal wit. Die titel : Play it by Trust.

Skaakmat voordat n skuif gemaak is.

Dit laat n mens dink. Skaak is soos oorlog. Skaak is soos die lewe. n Fel,genadelose stryd. Lis speel n rol. Ook kil redenasie. Alles volgens

reëls. Geen herstel van foute met die terugneem van n skuif nie.Kliniese  (psigopatiese ?)vermorseling van swakkes.

Nou kom Ono en bring verlossing maar vernietig die spel. Sy doen weg gelyke getalle wit en swart stukke . Almal is aan dieselfde kant. Daar is geen vyand nie.

Wat dink julle ?  Is Yoko Ono se utopia moontlik ?     Wenslik ?

20 antwoorde op Yoko Ono

  1. imagine …!

    en hoekom het sy nie al die skaakstukke eerder swart gemaak nie ?

    en hoekom is daar nog blokkies waarop die stukke moet staan ?

    en hoekom kan die perde nie soos die biskoppe beweeg nie ?

    en hoekom is die koningin nie die een wat laaste moet val nie ?

    ( waar, o waar, in die www is die kunswerk dan te besigtig , asseblief ? )

  2. avega het gesê op Junie 19, 2012

    Ek wonder of hulle haar gaan beskuldig van rassisme? Kan jy nie vir ons ‘n foto of skakel plaas van die kunswerk nie.

  3. Vega, dis interessant dat sy NET wit stukke op die bord plaas. Stryd gewonne gee deur Swartes ? Morele hoër grond vir Swartes ? (Hulle neem nie deel aan so n wrede spel nie. )
    Ek is dom met skakels. Sal probeer.

  4. Interessante vrae Exi. 32 normale stukke
    staan soos normaal op n skaakbord .
    Maar omdat almal dieselfde kleur is, is die spel sinneloos. Jy mag nie jou eie kleur aanval nie, volgens skaak reëls.

    Miskien is die kunswerk geslaagd omdat dit vrae ontlok.

  5. Dankie, Nefertiti

  6. Ek het nou eers Yoko se eie interessante verklaring gelees.

  7. TS het gesê op Junie 19, 2012

    Mense se idee van utopia verskil …

  8. thanx , Nefertiti .

  9. Utopia is ‘n illusie!

  10. sirpsa het gesê op Junie 19, 2012

    Dis glad nie realisties nie. Ook nie die wit en swart nie. Dit moet eerder ‘n bonte spul wees, elke liewe stuk ‘n ander kleur. En as individualisme net aanvaar kan word sal baie van ons probleme verdwyn. Dink ek nou my eie utopia uit 🙂

  11. HeavyHenry het gesê op Junie 19, 2012

    Weird!

  12. Individualiste is nodig.

  13. Ek stem saam, maar ons moet oppas vir te veel nasietrots,groepstrots, gelooftrots, hulle -is -boos, ons-is-engele.
    En dan , die lewe is te kort om op oorlog te mors.

  14. Yip, Tina se Utopia sluit vir seker
    mooi fotos in.

  15. Natuurlik is dit moontlik maar nie op hierdie plek D3 nie ons sal moet opskuif 4D toe

  16. Carol460 het gesê op Junie 23, 2012

    In hierdie lewe? Onmoontlik !

  17. Hullo Caro, lank laas met jou gedagte gewissel.

  18. Carol460 het gesê op Junie 23, 2012

    Jip ! Dit het dol gegaan die laaste ruk! 🙂

  19. deonleroux het gesê op Junie 24, 2012

    Ek dink by Yoko Ono is dit net ‘n versugting. As ‘n Vietnamees het sy die lyding van haar land onder die Franse en Amerikaners ervaar.

    Ek was ook vroeer ‘n mededingende skaakspeler.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.