by

Modder Koekie

Junie 10, 2012 in Sonder kategorie

Ek kyk na die Britte se konsert vir hul koningin. Uitstekende kunstenaars. Massas mense wat vlaggies swaai.

Seremoniemeesters wat gevat dank betuig vir sestig jaar se afsloof (?) deur die monarg. Honderde miljoene wat wêreldwyd

saam geniet. Modder Koekie , oud Noord-Kapenaar se hart warm klop saam. En sy is vies vir AFRIKANERS wat na honderd jaar

afsydig staan en nog steeds kwaad is oor die onreg van die Boere Oorlog.

 Ek vra vir Koekie askuus . n Week gelede het ek gesmaal oor koninklikes as belaglik in die moderne eeu. Parasiete.Dien geen doel nie. Geen talent nie. Swak gene. Koekie was kwaad , en met reg.

Vanoggend was ek by n boekbekendstelling van nog n boek oor die Boere Oorlog. Tien bejaardes in die gehoor. Die arme

skrywer werk sy gat af om drie duisend boeke te verkoop. Groot gewag word gemaak van 500 Hollanders , 400 Duitsers, 100 Franse, 50 Russe, 30 Switsers, 20 Swede wat destyds saam met die Boere geveg het.Elke groep het al sy eie boek. Moeisaam nagevors.

Meesal avonturiers wat skaats kon perdry en skiet. Meeste spoedig krygsgevangenes. Almal teen die Emperialiste. Teen die Rooinekke, Teen die  hooghartige Engelse. Vir n tydjie was die Afrikaner underdogs flavour of the decade.

Ek lees ook hoe n slim man gis  waarom FW en andere terugverlang na die goeie ou dae. Oor hoe die Witmense bevrees was

om afstand te doen van mag en hoe Verwoerd probeer het om vir die Swartes in hul eie gebiede erkenning te gee om n Witland te behou. Waar Wittes veilig sou voel.

Tye het verander. Afrika behoort aan die Afrikane, Indië aan die Indiers. Die Britse Ryk het verdwyn.  Tog bly die Engelsprekende

wêreld n belangrike ruimte waar ook bekwame Afrikaners n tuiste kan vind. En dit sluit feitlik die ganse aardbol in. Wie het nie deesdae n kind of kleinkind wat vir die ryk Oosterlinge Engels leer nie.

Daarom kan ook  Afrikaners dankbaar wees vir n simbool soos die Britse Koninging. Ons kan ook n deel van die Westerse Wêreld

wees. Ons het n veilige plekkie in die nuwe tyd, waar 1.3 biljoen  Chinese nie westers is nie. En waar poepholle soos Mugabe en Malema deur Westerse opinie en Westerse beleggings in toom gehou word.

Daarom kan ons ook saam met die Britte trots wees oor n jolly good show. En ook cringe vir ou Charles se speech en ou Charles se broer (Andrew ?) se verveelde teenwoordigheid. Hierdie allerdaagse gesin is geen bedreiging nie.  Ons kyk maar verby Charles se eng Nasionalisme. Die Britte is n klein deeltjie van die Westerse Wêreld. Afrikaners neem deel aan Rugby, Krieket, Wimbledon. Ons is dankbaar vir hul wêreld taal en letterkunde. Maar ons weet ook dat ander volke meer bygedra het tot Westerse kultuur.Sokrates, da Vinci, Bach,Beethoven, Sjostakovic, Van Goch, Freud,Sibelius, Kepler,Newton, Einstein, Darwin Dawkins, van Wyk Louw, Exi en Francois , Abel Pienaar.. Ons gun sommige Britte  hul Jingoisme.

‘Skuus Modder Koekie. Ek sal nie weer oor die Royals smaal nie. Hulle is n sprokiesverhaal, wat trou, skei, gekroon word, kind doop.

n Sepie  wêreldwyd gevolg.

Dankie vir n lekker konsert.

19 antwoorde op Modder Koekie

  1. TS het gesê op Junie 10, 2012

    Mens maar jy is laat in die koue nag op?

    Interessante siening

  2. loudavisi het gesê op Junie 10, 2012

    Ek soek vir MK…oral.
    Meeste gelees, meeste kommentaar – NIKS

    Wat gaan aan?

  3. Unicorn007 het gesê op Junie 10, 2012

    Sy het haar vir Anha vervies en gewaai.

  4. Neffertiti het gesê op Junie 10, 2012

    Ek het na beide die Teemsvaart en musiekkonsert gekyk en ek het dit baie geniet.
    Ek dink Kate en Will is pragtig en die beelde van die jong koningin wys haar toewyding.

  5. Hullo Tina. My slaaptyd is deesdae 1 uur-8.Lekker dik aangetrek.

  6. Ja, Nefertiti, Kate is n aanwins.

  7. loudavisi het gesê op Junie 10, 2012

    Ai Fokkietog!

  8. Carol460 het gesê op Junie 10, 2012

    Ek stem saam. Viva, Brittanje !

  9. Viva ons toekoms in n Engelsprekende
    wêreld. Indië swaai deesdae die sweep met
    20/20 krieket, by Gad.

  10. Sal oorwaai.

  11. huge things , empty minds

  12. lora2me het gesê op Junie 10, 2012

    Die konsert was lieflik en ek verwonder my aan die koningin se hardwerkendheid op haar ouderdom. Sy is ‘n top bemarkingsproduk, al wil buitelanders dit nie altyd erken nie. Ons moet ophou om stiksienig net in een tydperk, nl. die AO of die WO vas te kyk en ook weet dat daar baie positiewe, tegnologiese vooruitgang saam met, en na oorlogperiodes gekom het. Nie maklik as ‘n mens voorsate in daardie oorloë gehad het nie, maar nie onmoontlik om te verstaan as ‘n mens net mooooooi daaroor gaan nadink nie. Ek hou van jou tong-in-kies-lys van bydraers tot die samelewing. Skerp, jy!

  13. Guerreiro het gesê op Junie 10, 2012

    Diana en Kate se middeltjies lyk min of meer dieselle, impossibly slank en fiets. Ek is nie n Royalist nie, maar ek is mal oor die moderne monargie. My gunsteling GUNSTELING is toe Charles joernalis Nicholas Witchell ‘that ghastly man’ genoem het per ongeluk voor n mikrofoon wat hy nie geweet het aan is nie.

  14. Hallo, Ru. Jaanee Sepies se kroon, die
    hele ou show.

  15. Guerreiro het gesê op Junie 10, 2012

    Ek hou van Charles want hy doen hope vir agriculture maar sy boet is maar on par met ons eie geld verkwisters.

  16. zephur het gesê op Junie 11, 2012

    Gaan help gou bietjie daar op my blog…

  17. Bruggie,jy kan maar paartiehou as jy wil, maar ek glo dat wat fout is eers reggemaak moet word. Die UK gaan sy gat sien, maak geen fout nie en net omdat hulle almal uitgenooi het om by hulle te kom lekker lewe.

  18. Het die hele eskapade gemis.Nie vreeslik gepla oor hulle nie.Eintlik kry ek hulle intens jammer..Wat ‘n onnatuurlike lewe..in ‘n glaskas vir die hele wêreld om te kyk en ginnegaap!

  19. deonleroux het gesê op Junie 24, 2012

    Ek het gemengde gevoelens oor monargiee. Aan die een kant sien ek die koningsgesin as parasiete, aan die ander kant verskaf hulle sement om ‘n volk aanmekaar te hou.

    In S.A. behoort die Zulus en Xhosas hulle onderskeie koningsgesinne te onderhou, nie die land se belastingbetalers nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.