by

Verjaarsdag

Junie 9, 2012 in Sonder kategorie

Gister ry ek op n koue , reëndag , in my afgeleefde Uno met by die R500 se inkopies by Checkers uit.

By die verkeerslig is n Xhosa wat The Big Issue verkoop. Niks verflenterd nie. Geen tekens van drankskade nie.

Hy som gou op ek gaan nie sy tydskrif koop nie, maar hy knoop tog n geselsie aan.

“This car ! Iwant him. My birthday is 25 November. “

 Mooi ,Broer. Stel jou visier. Verkoop jou boekies. Vergeet van die koue en die reën. Bly hoop.

 Stem vir die DA. Dan kry jy dalk n jop. Ek gee jou n groot afslag op hierdie skedonk en help jou om hom op die pad te hou.

13 antwoorde op Verjaarsdag

  1. riem_mamba het gesê op Junie 9, 2012

    As meer mense so kon doen! Mooi!

  2. loudavisi het gesê op Junie 9, 2012

    Kom sopas van die keffie af waar baie nat, koue boemelaars bedel. Vir wie gee mens nou wat? Hap & Tap sit net om die hoek. Ek werk mos vir my eie drinkgeld, sien?

    Die verskil tussen jou ondervinding en myne is dat joune nog ‘n droom het.

  3. TS het gesê op Junie 9, 2012

    mmmmm gaan jy nou in die politiek?

  4. in die gaping tussen deps en gaps
    is daar maar net ‘n paar
    skamel sekondes …

  5. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Dalk was dit sy manier om jou te komplimenteer?

  6. Wyk Satan ! Hier op my oudag my gat op
    BMW leer neerplons en kameraad heet ?
    Aai, nee dankie.

    En Helen se TOI-TOI SKOOL het n waglys.

  7. AS n mens tevergeefs droom dan word gaps
    oorweeg.Anton Rupert : “As jou buurman verhonger, slaap jy nie rustig nie .”

  8. louisna het gesê op Junie 9, 2012

    Pragtig. Wat is ‘n mens sonder ‘n droom?

  9. Carol460 het gesê op Junie 9, 2012

    Foeitog ! So het elkeen maar sy wense en drome

  10. HeavyHenry het gesê op Junie 9, 2012

    Al joppie wat kan kom, is wanneer die regering begin paaie en damme bou – met handearbeid…

  11. Jy’s reg , Henry. Maar Cosatu blokkeer alles behalwe “decent” jobs.

  12. Dankie, ouboet.

  13. HeavyHenry het gesê op Junie 9, 2012

    More fool they!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.