by

Vabond.

Junie 9, 2012 in Sonder kategorie

Ek het twee stelle huurders. In die kothuis is n jong statistikus uit Amerika en sy stroewe jong vrou.

Hulle het twee honde uit Amerika saamgebring. n Waardige ou dame groter as n Rotweiler en n allerfraaiste

vyfjarige bruin worsie wyfie.

Ook in die agterplaas is n lewendige pavement special van die ander huurder. n Swart , wollerige brakkie wat uitgehonger is vir aandag. Lastig as n mens wil loop.

Hierdie vabond dwing homself op aan die ouer honde.  Spring op om die speeksel uit ou grote se bek te lek. Gee ook nie vir langer as twee sekondes pad nie as sy vererg na hom hap en grom nie.

Vanoggend aanskou ek die opperste vermetelheid. Hy lig sy been en pis vir worsie papnat. Ek is verbaas sy het hom nie n goeie les geleer nie. Moet haar laat inskryf by Bitches’ Lib. Nou kom japsnoet haar kortkort besnuffel. Hierdie ses maande oue vabond het n middeljarige dame ongestraf omskep in n wandelende marker.

Swerkater.

( Dis die eerste keer dat ek so iets sien. Is swartbrak n afwyking, n honde skollie ? Sal hy dit ontgroei ?Wat dink die honde kenners. )

9 antwoorde op Vabond.

  1. lora2me het gesê op Junie 9, 2012

    Sies! Ons het ‘n ou hond gehad wat altyd die kleiner honde en ons babakatjies so natgepiepie het. Ek hoop sy hap hom (saggies) op sy fyn vleisies as hy dit weer doen.

  2. HeavyHenry het gesê op Junie 9, 2012

    Het dit ook nog nie gesien nie!

  3. Smaail ek vir jou beskaafde kommentaar, Lora.

  4. As sy mede honde hom nie kan opvoed nie, weet ek as mens beslis nie hoe nie, Henry.

  5. TS het gesê op Junie 9, 2012

    Nog nooit gesien… ‘n regte swerkater!

  6. Hullo Tina. Help bietjie met Afrikaans vir Womens’ Lib. Tawwe tewe ? (Koes)

  7. TS het gesê op Junie 9, 2012

    Jou hel!

    Gelukkig is ek nie een nie

  8. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Nee wat,hy is nog net jonk en dom!

  9. HeavyHenry het gesê op Junie 10, 2012

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.