Ek kyk na die Britte se konsert vir hul koningin. Uitstekende kunstenaars. Massas mense wat vlaggies swaai.
Seremoniemeesters wat gevat dank betuig vir sestig jaar se afsloof (?) deur die monarg. Honderde miljoene wat wêreldwyd
saam geniet. Modder Koekie , oud Noord-Kapenaar se hart warm klop saam. En sy is vies vir AFRIKANERS wat na honderd jaar
afsydig staan en nog steeds kwaad is oor die onreg van die Boere Oorlog.
Ek vra vir Koekie askuus . n Week gelede het ek gesmaal oor koninklikes as belaglik in die moderne eeu. Parasiete.Dien geen doel nie. Geen talent nie. Swak gene. Koekie was kwaad , en met reg.
Vanoggend was ek by n boekbekendstelling van nog n boek oor die Boere Oorlog. Tien bejaardes in die gehoor. Die arme
skrywer werk sy gat af om drie duisend boeke te verkoop. Groot gewag word gemaak van 500 Hollanders , 400 Duitsers, 100 Franse, 50 Russe, 30 Switsers, 20 Swede wat destyds saam met die Boere geveg het.Elke groep het al sy eie boek. Moeisaam nagevors.
Meesal avonturiers wat skaats kon perdry en skiet. Meeste spoedig krygsgevangenes. Almal teen die Emperialiste. Teen die Rooinekke, Teen die hooghartige Engelse. Vir n tydjie was die Afrikaner underdogs flavour of the decade.
Ek lees ook hoe n slim man gis waarom FW en andere terugverlang na die goeie ou dae. Oor hoe die Witmense bevrees was
om afstand te doen van mag en hoe Verwoerd probeer het om vir die Swartes in hul eie gebiede erkenning te gee om n Witland te behou. Waar Wittes veilig sou voel.
Tye het verander. Afrika behoort aan die Afrikane, Indië aan die Indiers. Die Britse Ryk het verdwyn. Tog bly die Engelsprekende
wêreld n belangrike ruimte waar ook bekwame Afrikaners n tuiste kan vind. En dit sluit feitlik die ganse aardbol in. Wie het nie deesdae n kind of kleinkind wat vir die ryk Oosterlinge Engels leer nie.
Daarom kan ook Afrikaners dankbaar wees vir n simbool soos die Britse Koninging. Ons kan ook n deel van die Westerse Wêreld
wees. Ons het n veilige plekkie in die nuwe tyd, waar 1.3 biljoen Chinese nie westers is nie. En waar poepholle soos Mugabe en Malema deur Westerse opinie en Westerse beleggings in toom gehou word.
Daarom kan ons ook saam met die Britte trots wees oor n jolly good show. En ook cringe vir ou Charles se speech en ou Charles se broer (Andrew ?) se verveelde teenwoordigheid. Hierdie allerdaagse gesin is geen bedreiging nie. Ons kyk maar verby Charles se eng Nasionalisme. Die Britte is n klein deeltjie van die Westerse Wêreld. Afrikaners neem deel aan Rugby, Krieket, Wimbledon. Ons is dankbaar vir hul wêreld taal en letterkunde. Maar ons weet ook dat ander volke meer bygedra het tot Westerse kultuur.Sokrates, da Vinci, Bach,Beethoven, Sjostakovic, Van Goch, Freud,Sibelius, Kepler,Newton, Einstein, Darwin Dawkins, van Wyk Louw, Exi en Francois , Abel Pienaar.. Ons gun sommige Britte hul Jingoisme.
‘Skuus Modder Koekie. Ek sal nie weer oor die Royals smaal nie. Hulle is n sprokiesverhaal, wat trou, skei, gekroon word, kind doop.
n Sepie wêreldwyd gevolg.
Dankie vir n lekker konsert.
Onlangse kommentare