by

Wensdenkery.

Mei 29, 2012 in Sonder kategorie

Genadedood. Ek vermoed 99% van alle mense stem saam oor die wenslikheid daarvan.

Wat is die kans dat 99% van lande dit sal wettig ? Nul.

Hoekom ? Want die klein groepie wat om hulp roep is polities onbeduidend. Geen politikus gaan

hul stemme probeer werf nie. Die 99.999% stemmers  wat nie in die aaklige situasie verkeer nie, skram weg.

Hier is nou n groot wensdenk. Kerke neem die saak op. Dit gaan oor genade. Daarom is dit n kerksaak.

Kyk bietjie hoe spring die politici as alle gelowiges sê kom ons help, genade is die kern van ons geloof.

11 antwoorde op Wensdenkery.

  1. lora2me het gesê op Mei 29, 2012

    Genadedood is so ‘n persoonlike besluit dat ek nie dink dat wette dit sal kan regverdig nie. Dit behoort wel die keuse van ‘n individu te wees om te sterf sonder hulpmiddels, ens. ens. Dit sou egter net so onregverdig wees om dit te wettig sodat medici of derde partye ‘n persoon sou kon help om te sterf, want die las en die besluit om te sterf, word dan na die helper oorgedra – dieselfde redenasie geld waar medici vandag aborsies moet uitvoer omdat dit deel van hul “werk” geword het al sou hulle nie daarmee saamstem nie. Dit werk teen die hele definisie van demokrasie en vrye keuse, maar ek verstaan jou punt.

  2. Lora,onder wettiging verstaan ek n leidende individu wat wil sterf en deur n vrywillige gehelp word of self instaat is om met waardigheid sy eie lewe te neem.
    As dit nie gewettig is nie, vererger die gemeenskap die leiding van die geliefdes
    en word almal medepligtig aan die leiding van die hulpelose. Ek salueer Kervorkian en Davidson. Niemand hoef gedwing te word
    om genade te betoon nie, maar elke persoon het die reg om te besluit of die lewe onuithoudbaar is.Respek en genade.

  3. exionperfexi het gesê op Mei 29, 2012

    Hierin sou die universele definisie van wat lewe is ‘n groot rol speel, asook wanneer presies hierdie lewe spontaan begin en wanneer dit spontaan eindig. Dat wettiging van abosie op aanvraag wetgewing van aktiewe genadedood, met die lydende persoon wat moet doodgaan se uitdruklike toestemming, vooruit kon loop, is vir my een van die grootste morele enigmas van die moderne mensheid, “kerk” of de not.

  4. Wees n mens en kies barmhartigheid, Exi.

  5. abrham het gesê op Mei 29, 2012

    ons het meer empatie met ons troetediere as mense
    god kan dokters gebruik om teen beterwete ‘n mens se lewe te ‘red’, dieselfde dokters is onkundig oor die kwaliteit van lewe van sekere ‘terminale’ gevalle. ek glo ek behoort in my testament te kies of ek so ‘n opsie wil uitvoer of nie

  6. Absoluut.

    Terloops, n mediese fonds is gevaarlik. Dokter en hospitaal lag al die pad bank toe. Oorstelpte geliefdes is magteloos.
    Ek hoop as n mens vooraf skriftelik omlyn dat GEEN redding mag toegepas word nie, jy die hiënas van jou lyf kan hou.

  7. loudavisi het gesê op Mei 29, 2012

    Dis ‘n sombere onderwerp, Bruggie.

    Jy het dalk nie my nuutste skrywe gesien nie, gaan kyk gerus. Ek het netnou al vir Hartman gese dat genadedood ‘n redding sal wees…nog voor ek hier kom lees het.

  8. sirpsa het gesê op Mei 29, 2012

    Dit gaan oor die era waarin ons leef. In elke era word verskillende kwessies bespreek en word wette daarvolgens verander. Dink maar aan aborsie, homoseksualiteit en vigs. Die kwessie wat nou bespreek moet word is genadedood en wie weet, dalk volg ons in die voetspore van lande soos Nederland, Switserland, België en Luxemburg.

    Ek sou egter nie my hoop op kerke vestig nie. Hulle is mos maar die remskoene van vooruitgang.

  9. exionperfexi het gesê op Mei 29, 2012

    Ek het redelik breedvoerig oor aktiewe genadedood probeer blog so paar plasings gelede . Daar het ek dalk te intensief aangetoon dat die kwessie nie beoordeel kan word sonder relevante kennis nie. Almal wat sterk voel kan gaan inloer op die webadres

    http://www.dignitysa.com/

    en selfs daar ‘n petisie onderteken om die saak te ondersteun .

  10. Ek het jou blog gelees, Lou. Genadedood
    sou vir die arme man welkom wees.

  11. Aspris, Ek het juis gehoop dat moderne kerkleiers hierdie saak sou aangryp om
    hul regmatige plek in te neem oor hedendaagse morele vraagstukke. Mense soos Abel Pienaar, Johan Badenhorst,Doom
    Bileam, Gerrit Brand. Ek is seker daar is talle meer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.