by

Barend

Mei 27, 2012 in Sonder kategorie

“Goeie rasverhoudings is nie n gegewe nie. Dit moet bestuur word “

Barend le Grange.

Lees gerus Hanlie se onderhoud met hom in vandag se Rapport.

www.rapport.co.za/Rubrieke/Hanlie

12 antwoorde op Barend

  1. pasella het gesê op Mei 27, 2012

    Ek het lekker geglimlag oor die “Dulux Drie”!.

  2. exionperfexi het gesê op Mei 27, 2012

    Maar in effek word “rassisme” tog weer onderskryf :

    1. Die “handlanger” wat die “piece job” help doen het, meneer Louis Mabokela en die graffiti kunstenaar, meneer George Moyo, wat die galery se buitemuur wou versier, kry soveel minder aandag in die vrye pers.

    Sal Hanlie Retief haar asseblief verwerdig om ook met hulle meer breedvoerige onderhoude te voer ?

    2. Die simboliek dat die wit “voorman” die kruise moes trek om aan die swart “leerling vakman” aan te dui waar die verf aanbring moes word , was opvallend , al was dit nie so bedoel nie.

    (ns – ek hoop jy lees die as ‘n tong in die kies bydra tot die satire wat die hele aangeleentheid omgeef )

  3. exionperfexi het gesê op Mei 27, 2012

    Ja ! die Plascon Planmakers allitereer ook lekker.

  4. elgado het gesê op Mei 27, 2012

    Jong ek sou graag die artikel beloer maar daars geen link nie? Kry hom nie.

  5. kalinka, kyk asb. of die link wat ek nou opgesit het werk.

  6. loudavisi het gesê op Mei 27, 2012

    Ek het hom nou die oggend oor die radio gehoor praat – toe hy vertel het hoekom hy dit gedoen het. Hy het ook my respekte.

  7. shlwanjan het gesê op Mei 27, 2012

    exi, jy het my nou sommer boos gehad tot met jou laaste sin. Maar vir interessantheid: ons moenie die ‘vrye pers’ met ‘die afrikaanse pers’ verwar nie. uit nuuskierigheid juis oor ‘the other side’ se persepsie, het ek hierdie week die sowetan, die times en die pretoria news se berigte en kommentare ook gevolg. Die balans wat die dekking van o.a. die drie manne se profiele ontvang het, was beter. (daar is ewe min gesê oor al drie, hehe…) en die kommentare was BAIE interessant! Daar is baie swartmense wat la grange sien as ‘n held, dan is daar weer net soveel wat net in een ding vaskyk, en dit is dat die swart man harder grond toe gebring is as die wit man, na sy ‘misdaad’! Dit het weer die hele debat ‘off on another tangent’ laat gaan. Ek hou baie van Hanlie se onderhoud met La Grange. Dit bevestig alles wat ek vroeër die week oor hom gedink het, as dit MY pa of oupa was, sou hy meer as ooit my hero wees na dese!

  8. shlwanjan, n veel-faset-vrou.

  9. Blikskottel het gesê op Mei 27, 2012

    Om dit te bestuur kan net op een manier werk: Maak seker elke volk wat dit versoek het sy eie land. Sonder dit sal die bakleiery nooit ophou nie.

  10. shlwanjan het gesê op Mei 28, 2012

    spot jy? {-;

  11. Nee, ek komplimenteer.

  12. shlwanjan het gesê op Mei 28, 2012

    nou maar dankie, dan {-;
    (vir die rekord ek het laasweek meer koerante gekoop en op die web gelees as wat ek seker die hele laas jaar gedoen het…gewoonlik ignoreer ek die nuus soveel ek kan…)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.