by

Wie stem met Andre saam ?

Mei 19, 2012 in Sonder kategorie

‘n Woord onderweg

2012-05-18 23:57

Artikelopsies

Deel

Kry Beeld op

André van Niekerk

Hoe gee ’n mens rekenskap van moeilike aspekte van geloof soos “hemelvaart” en die “uitstorting” van die Heilige Gees? Twee verskillende moontlikhede is:

’n Mens kan jou geloof so versigtig verduidelik dat uiteenlopende mense met jou saamstem.

Diegene wat die antieke voorstelling handhaaf van ’n blou hemel bo, daaronder ’n aarde en met ’n doderyk as kelderverdieping, bly tevrede.

Maar ook die moderne mens word gelukkig gehou met goedklinkende, maar vae beeldetaal.

Hierdie soort verduideliking werk met geloof as verstandelike instemming. Kerke verkies so ’n geloofsbeskouing omdat dit tot die minimum spanning lei.

Volgens die teoloog en skrywer Marcus Borg is sulke geloof egter kragteloos. Dit verander ons nie.

’n Tweede manier is om “hemel-vaart” as Jesus se vertrek na ’n ruimte daar bo en die Gees se neerdaal na die aarde onomwonde as vergissing te erken.

Nie alleen is dit in stryd met ons heden-daagse kennis van die werklikheid nie. Dit verskil ook van ’n noukeurige luister na die Bybelboodskap.

Wolke verwys in die Bybel na God se misterieuse teenwoordigheid. En “hemel” verwys nie na ’n ver plek waar God is nie, maar na God se eiesoortige bestaans-wyse.

Wanneer Jesus met ’n wolk weggeneem word, beteken dit dus dat Hy gaan na God wat die Teenwoordige is.

Hoekom anders sou die dissipels vol-gens Lukas 24 bly gewees het? Jesus se weggaan lei tot ’n nuwe nabyheid.

Die tweede soort verduideliking kom ooreen met wat Borg geloof as visie noem. Geloof in God en Christus se teen-woordigheid lei dat ons die werklikheid as genadig beskou.

Ons kan God as die hart van die werk-likheid vertrou en daarom onselfsugtig lewe, ons vrese ontgroei en oor grense heen na mekaar uitreik om ’n nuwe soort mensheid te word.

11 antwoorde op Wie stem met Andre saam ?

  1. HeavyHenry het gesê op Mei 19, 2012

    “Ons kan…” “…onselfsugtig lewe, ons vrese ontgroei en oor grense heen na mekaar uitreik om ’n nuwe soort mensheid te word.”

    Ja en mens het nie die denkbeeldige god-konsep nodig nie.

  2. Sover stem ek, jy en Andre saam. Ons drietjies. Hullo Henry.

  3. loudavisi het gesê op Mei 19, 2012

    Jou laaste sin het my nou so beindruk, bruggie kaspaas!

    As almal dit net kan/sal doen.

  4. Ek stem sam met jou oor die laaste sin , Lou.

    *(Tussen hakies, miskien moes ek my naam Kaspaas
    verander het vir Andre se blog. Kaspaas is mos n
    bullshitter , dan nie ? Bruggie is dikwels n bullshitter maar nie oor geloof nie.)

  5. loudavisi het gesê op Mei 19, 2012

    Ek sien dit ook so, bruggie.
    Bullshit ook nie oor geloof nie.

  6. TS het gesê op Mei 20, 2012

    Interessant… geen getwis? Dalk hang dit af van WIE wat sê op Litnet.

  7. Dis waar. Lekker dag vir jou.

  8. pasella het gesê op Mei 20, 2012

    Elke ketter het sy letter, bedoelende elkeen vertolk die Bybel om sy sienswyse te pas.

  9. Jy’s reg Lewies. Gun ook die ketters hul siening, solank hulle nie moles maak nie..

  10. By die herlees van Andre se stuk wonder ek of
    hy gepootjie word deur te veel teologie. Keep it simple ,vir ons eenvoudige ouens. Gestroop van die teologie : Elke mens skep sy eie goeie of slegte lewe deur ordentlik of varkerig te leef.
    Hemel-op-aarde vir die ordentlikes, hel vir die varke. Innerlik.

  11. exionperfexi het gesê op Mei 20, 2012

    Soos wat Neil Armstrong op die maan geloop het , het Jesus hier op aarde vir ‘n kort tyd geleef en gewoeker . Die waarheid van God die Skepper van die heelal en die tyd , daardie Seun wat mens en God was en die Heilige Gees in ons , is onomstootlik . Hoedat die “moderne” mens die verhaal wil inkleur deur eie persepsies , is eintlik geheel en al irrelevant … as Hy weer kom sal ons ten volle KEN.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.