by

Spanpoging.

Mei 15, 2012 in Sonder kategorie

Ek is n slordige blogaframmelaar. Nou voel ek oor die vingers getik deur Harry Kalmer. Hy is glo n skryfghuru. Leer ouens skryf. Vir publikasie. En hy glo n stuk moet baie oorgeskryf word voordat dit iets werd is. Ek is te lui, maar hier is baie bloggers wat hulle blogs keurig versorg. Veral die vrouens. En dan is daar die storievertellers soos Thomas wat n valetjie nuut kan opkikker.

Hier is nou n uitdaging .

Ek gaan n ou grappie vertel.  Hou julle lyf Tolla of PG of Jan Spies of Dana Snyman, of Modderkoekie, of Vega, of Anha, of FrancoisW

,of Darwinia en vertel die grappie beter.

Hiers hy. Koos is benoud. Hy neem vir die eerste keer Saterdag n aster uit. Hy vra raad by sy ervare pe^l.

“Waaroor praat mens met n girl”

“Ag, girls is stupid man. Laat hulle praat en elke nou en dan se^ jy sy is mooi.” vertel die pe^l.

Koos volg die raad. Hy bly stil. Sy gesette date babbel senuweeagtig.

 Koos krap kop vir n kompliment. Ah hy het hom ! Val sommer  weg met

“Vir n vet meisie, sweet jy  min.”    Afdraand !

17 antwoorde op Spanpoging.

  1. Skerp, Charlene. Lekker gelag.

  2. Ek-Myself het gesê op Mei 15, 2012

    Koos gaan dit nie maak nie!

  3. johanpienaar het gesê op Mei 15, 2012

    PG sou nie daai grappie vertel het nie.

  4. HeavyHenry het gesê op Mei 15, 2012

    Bwhaahaha!

  5. Modderkoekie het onlangs nostalgies karakters uit haar plattelandse verlede laat lewe. Hier het ons vir Koos. Dik aan oor sy voorkoms. Sy gedrag by
    n rugby wedstryd. Hier is Sannie. Vet en eensaam.
    Maar sy is n vrou en verlang na rose ens. Laat die karakters lewe in julle eie steil. Hoe lyk dit ?

  6. Jy is verkeerd , Johan.PG het oor eenvoudige mense geskryf. Met deernis.

  7. loudavisi het gesê op Mei 15, 2012

    Nee, wat…die grappie is perfek nes jy dit vertel.
    😀

  8. Hullo Nina, jou grap was snaaks. Dankie.
    Ook maar n Koos, die overallman, hê !

    So close and yet so far.

  9. Hullo, Henry. Hoe lyk dit, jy vat n bietjie voor daar by julle brandweerstasie. ?

    Ek woon in straat met grasdakke. Dertig jaar gelede was ons op n kursus . Brandweermanne het ons opgelei.

    Miskien moet die diens geprivatiseer word.

  10. HeavyHenry het gesê op Mei 15, 2012

    Ha!

    Dan staan die ouens daar en hou hulle hanne uit vir ‘n tjek terwyl jou plek brand – ‘n “Prepaid service”!

  11. Losbek het gesê op Mei 15, 2012

    Koebaai Koos ! LOL

  12. lisabeth het gesê op Mei 16, 2012

    Koos is amborstig, en dis moontlik die blom wat sy asma aanwakker. Sy pel ly al lankal aan asma, en weet hoe om die benoudheid hok te slaan, maar hy weet (sadly) niks van meisies af nie, en hy is moonltik oo gesiggestremd, of dalk met beperkte woordregister. Koos moet ‘n ander pel kry, maar hy besef dit nie. Hy beland swyend in ‘n situasie waar ‘n ingegote dadel senuweeagtig borrels blaas. Koos se kopvel begin jeuk – van of die allergie vir die blom of dalk vir dadels. Hy krap sy kop en hoop iemand komplimenteer hom daaroor. Toe kry hy ‘n luis en eet hom, en dit het hom laat sing: “vir ‘n vet meisie sweet jy min”.

  13. Dankie , Lisa, lekker gelag oor Koos en sy luis.

  14. Loergaatjie het gesê op Mei 16, 2012

    Eina ! Hoe lank het sy wang gebrand ?

  15. sirpsa het gesê op Mei 16, 2012

    Jip, afdraand.

  16. causerie het gesê op Mei 19, 2012

    Ag Bruggie, ek dink Johan het die grap vertel soos net hy dit sou doen sien?

  17. Twaksak het gesê op Mei 19, 2012

    Hehehe!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.