by

Deeg

Mei 9, 2012 in Sonder kategorie

Tina spog so oor hoe vrouens slimmer is as mans. Luister n bietjie hier.

Net na die oorlog (1946) het die Sapregering duisende Ford oorlogbakkies  verkoop. ( Wie onthou hulle nog ?)

So n bakkie moes pannekoekdeeg van n plaas in die Magaliesberge oor uitgespoelde grondpad by die kerkbazaar kry.

n Man sou die deeg in n melkkan gegooi het of in een van daardie groot enamel bekers.

Die jong vrou wat die deeg in n groot skottel opgeklits het, vou n doek oor die vol skottel, neem plaas in die bakkies en laat die skottel op haar ruim skoot plaas.

Nog nie eers by die plaashek uit nie besef sy hiers fout. Die bakkie het stywe vere en al kruie dit in low versigtig, lek die deeg handevol oor die skottel se rand.

Nuwe plan. Skottel uit. Vrou op haar n[kniee” op die sitplek. Helpers plaas die deegskottel op haar rug wat sy dan meen te versee”l

teen die bakkie se dak.

Die tog word hervat . Up hill and down dale op n pad eitlik vir 4X4 ‘s bedoel. Deeg skommel lustig oor skottelrand.  Op die bolla. Op die boude. Glibber teen die keel af in die borstrok in. Maar jong vrou byt vas. Oumagrootjie was immers kaalvoet oor die Drakensberge.

By die bazaar aangekom, word die oorblywende deeg afgelaai maar die bakster moet eers weer plaas toe om te verklee en te ontdeeg.

15 antwoorde op Deeg

  1. TS het gesê op Mei 9, 2012

    hehehehe… dis soos om ‘n vuurwarm Wimpy koffie in die kar te drink voor die karre die handige houertjies gehad het.

  2. benvanbruggen het gesê op Mei 9, 2012

    As sulke warm koffie op n bestuurder se gulp stort en hy beginne woes skadebeheer toepas, staan hy altyd by n verkeerslig
    met n bus vol mense wat neersien op hom.

  3. TS het gesê op Mei 9, 2012

    eish… min pyn kan daai een klop!

  4. zephur het gesê op Mei 9, 2012

    Kwaai deeg daai

  5. HeavyHenry het gesê op Mei 9, 2012

    🙂

  6. loudavisi het gesê op Mei 9, 2012

    Sien dit so my afspeel – die melkkan sou mos die oplossing wees!
    Lekker storie, Bruggie

  7. benvanbruggen het gesê op Mei 9, 2012

    Dankie, Lou

  8. benvanbruggen het gesê op Mei 9, 2012

    Dankie, maskerman

  9. wonkytrolley het gesê op Mei 9, 2012

    My pa het eenkeer n skreeusnaakse storie vertel van hoe hy op n braai was en hoe die mense daar roosterbrood wou maak oor die kole en hoe die deeg te slap was en als deur die rooster op die kole geloop het

  10. benvanbruggen het gesê op Mei 9, 2012

    Sulke verkoolde askoek – oneetbaar.

  11. benvanbruggen het gesê op Mei 9, 2012

    Hullo Henry, jy’s skaar deesdae

  12. HeavyHenry het gesê op Mei 9, 2012

    Dis waar – bietjie besig

  13. Haha. Ons vrouens is darem maar vasbyters, party van ons!

  14. Loergaatjie het gesê op Mei 11, 2012

    Oh my goodness ! He – he !

  15. Twaksak het gesê op Mei 14, 2012

    Ontklee en verdeeg met haar ruim skoot? Poëties! Dankie hiervoor.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.