Groot geld.
Mei 1, 2012 in Sonder kategorie
Ek luister so flussies op TV 3 na Katie Melua. Sag op die oog. Sprankel beskeie. Toeganglike, alle daagse
klank. Skatryk . Wiki skat sy was in 2008 R200 milj. sterk.
Amy Winehouse. Ook suksesvol. Omstrede.
Altwee ewe oud. Altwee Brits. Kom bloggers, bespiegel julle verder.
exionperfexi het gesê op Mei 1, 2012
Elke individu is maar die produk van ‘n genetiese predisposisie asook die invloed wat unieke sosio-ekonomiese omgewingsfaktore in sy/haar lewe op liggaam en gees uitoefen.
abrham het gesê op Mei 1, 2012
wys, wys – bruggie, dink jy mens kan op jou rug so baie verdien???
benvanbruggen het gesê op Mei 1, 2012
Abrham, altwee het arm begin. Katie het meer tussen die ore. Amy se sukses ten spyte van die dwelms en alkohol,het gesorg vir aanbidding van die wat self woes gelewe het.Blootstelling aan n wereldmark wat soek na kultusfigure help.
Amanda Strydom sing beter maar haar mark is klein. Oop bene help deesdae min.
abrham het gesê op Mei 1, 2012
amandla amanda, nou da is ‘n girl met bols
Ou-Top het gesê op Mei 1, 2012
Abrham, ek hou baie van Amanda Strydom, maar as sy daai goed het wil ek haar nie graag in n horisontale posisie betrag nie!
Ou-Top het gesê op Mei 1, 2012
Ek het al baie oor hierdie soort van ding gedink en omdat ek oud is en baie dingetjies beleef het, kom ek al meer tot besef dat sukses maar eintlik n primitiewe oorsprong of dryfveer het: waaghalsigheid,geloof en n stek wind van agter(n goeie bemarkingsagent).
Soos ou Shakespeare eeue gelede gese het, ek haal dit per geheue waarskynlik effens verkeerd aan:
There is a tide in the affairs of men, omitted all their lives, leads on to shallow water and miseries.
Kyk nou vir die musiekgroep: Die Antwoord. Eintlik net een mooi song gemaak, en daar rol die miljoene in.
benvanbruggen het gesê op Mei 1, 2012
Ek hoop dit bly jou gespaar, ou Top
Neander het gesê op Mei 1, 2012
Katie het baie verloor met die resessie, sowat +-R100m.
Sy is van Russiese oorsprong en het drie lande se paspooorte.
loudavisi het gesê op Mei 1, 2012
Julle manne bespiegel lekker – verskoon tog, wil nie inbreek maak nie..
: )
Ou-Top het gesê op Mei 1, 2012
Russiese meisies het iets aan hulle, wonder of dit die hardheid van die lewe daar hulle so vasberade maak om sukses te behaal. Gaan kyk in die Landbouweekblad se geel bladsye, jy kan tot n Christen Russie vrou invoer om mee te trou. Ek ken twee ouens wat dit gedoen het en hulle se die mooi vrouens werk verskriklik hard op die plase.
Neander het gesê op Mei 1, 2012
Ek ken drie ouens van Naboom met Russiese vroue, hulle kuier gereeld saam, maar ek weet nie hoe gelukkig die huwelike is nie.
Dan ‘n ander ryk ou hier in Pta het drie keer Moskou toe gevlieg om sy bruid te gaan haal, ek sien hulle gereeld.
benvanbruggen het gesê op Mei 1, 2012
Lou, die ouens ruk hand uit. Kom swaai sweep. Of met ons vir Roosmaryn daarvoor
inroep.
loudavisi het gesê op Mei 1, 2012
HA!
😀