Jy blaai in die argief vir 2012 Mei.

by Bruggie

Kuns

Mei 31, 2012 in Sonder kategorie

Kyk gerus na hierdie portrette van vroue vervorm deur photo shop/

by Bruggie

sak

Mei 30, 2012 in Sonder kategorie

Die koffiemoer sak, n bui sak, sak Sarel, die son sak – almal neutrale gevoelswaardes . Sak n gewone werkwoord.

Maar dan kom rugby en die voorry. En ons verneem dat Karstens Saterdag vir die Stormers of vaskop gaan sak.

Enorme gevoelswaarde. Karstens is n redder. Of is hy oor die muur ?Plaas hy sy lewe op die spel deur in die voorry te sak ?.

Moet Stormer ondersteuners juig, of moet hulle wanhoop ?

Karstens speel nie op vaskop nie. Nee, hy sak.

Ook n Afrikaanse kultuurgebeurtenis is n skrum wat sak. Skande as ons skrum opgefrommel word.

by Bruggie

Wensdenkery.

Mei 29, 2012 in Sonder kategorie

Genadedood. Ek vermoed 99% van alle mense stem saam oor die wenslikheid daarvan.

Wat is die kans dat 99% van lande dit sal wettig ? Nul.

Hoekom ? Want die klein groepie wat om hulp roep is polities onbeduidend. Geen politikus gaan

hul stemme probeer werf nie. Die 99.999% stemmers  wat nie in die aaklige situasie verkeer nie, skram weg.

Hier is nou n groot wensdenk. Kerke neem die saak op. Dit gaan oor genade. Daarom is dit n kerksaak.

Kyk bietjie hoe spring die politici as alle gelowiges sê kom ons help, genade is die kern van ons geloof.

by Bruggie

Barend

Mei 27, 2012 in Sonder kategorie

“Goeie rasverhoudings is nie n gegewe nie. Dit moet bestuur word “

Barend le Grange.

Lees gerus Hanlie se onderhoud met hom in vandag se Rapport.

www.rapport.co.za/Rubrieke/Hanlie

by Bruggie

Melinda Gates

Mei 20, 2012 in Sonder kategorie

Ek luister/kyk vanoggend na Melinda waar sy n TED praatjie lewer. Google gerus vir TEDxChange of Melinda Gates:Let’s put birth control back on the agenda again en kyk self.

Sy pleit vir n dringende bespreking van die beskikbaarstelling van voorbehoedmiddels in Afrika, Indië, sekere dele van Latyns Amerika.

Een voorbeeld wat sy noem: n Vrou in Senegal stap elke 3 maande hoopvol na n ver kliniek vir haar voorbehoedinspuiting.

Dis haar keuse, want haar man is onverskillig. Sy het reeds vier kinders. Haar lappie grond lewer skaars genoeg kos. Sy wil haar

kinders se lewenskanse verbeter.  Maar elke keer moet sy weerloos terugkeer , want die kliniek sit sonder voorraad.

Melinda Gates wil op voetsoolvlak vroue in Afrika bemagtig.

Sy het begrip vir tradisionele besware. Vir Patriagale gemeenskappe. Vir Godsdienstige teenkanting. As Katolieke vrou wil

sy nederig vra dat die regte van vroue om te kies hoeveel kinders hulle wil hê, erken moet word.

Asseblief. Kry hierdie vrou se praatjie op jul skerms en julle sal saam uitroep

“Melinda Gates,    JY   is n vrou en n redenaar duisend   !”

by Bruggie

Wie stem met Andre saam ?

Mei 19, 2012 in Sonder kategorie

‘n Woord onderweg

2012-05-18 23:57

Artikelopsies

Deel

Kry Beeld op

André van Niekerk

Hoe gee ’n mens rekenskap van moeilike aspekte van geloof soos “hemelvaart” en die “uitstorting” van die Heilige Gees? Twee verskillende moontlikhede is:

’n Mens kan jou geloof so versigtig verduidelik dat uiteenlopende mense met jou saamstem.

Diegene wat die antieke voorstelling handhaaf van ’n blou hemel bo, daaronder ’n aarde en met ’n doderyk as kelderverdieping, bly tevrede.

Maar ook die moderne mens word gelukkig gehou met goedklinkende, maar vae beeldetaal.

Hierdie soort verduideliking werk met geloof as verstandelike instemming. Kerke verkies so ’n geloofsbeskouing omdat dit tot die minimum spanning lei.

Volgens die teoloog en skrywer Marcus Borg is sulke geloof egter kragteloos. Dit verander ons nie.

’n Tweede manier is om “hemel-vaart” as Jesus se vertrek na ’n ruimte daar bo en die Gees se neerdaal na die aarde onomwonde as vergissing te erken.

Nie alleen is dit in stryd met ons heden-daagse kennis van die werklikheid nie. Dit verskil ook van ’n noukeurige luister na die Bybelboodskap.

Wolke verwys in die Bybel na God se misterieuse teenwoordigheid. En “hemel” verwys nie na ’n ver plek waar God is nie, maar na God se eiesoortige bestaans-wyse.

Wanneer Jesus met ’n wolk weggeneem word, beteken dit dus dat Hy gaan na God wat die Teenwoordige is.

Hoekom anders sou die dissipels vol-gens Lukas 24 bly gewees het? Jesus se weggaan lei tot ’n nuwe nabyheid.

Die tweede soort verduideliking kom ooreen met wat Borg geloof as visie noem. Geloof in God en Christus se teen-woordigheid lei dat ons die werklikheid as genadig beskou.

Ons kan God as die hart van die werk-likheid vertrou en daarom onselfsugtig lewe, ons vrese ontgroei en oor grense heen na mekaar uitreik om ’n nuwe soort mensheid te word.

by Bruggie

Spanpoging.

Mei 15, 2012 in Sonder kategorie

Ek is n slordige blogaframmelaar. Nou voel ek oor die vingers getik deur Harry Kalmer. Hy is glo n skryfghuru. Leer ouens skryf. Vir publikasie. En hy glo n stuk moet baie oorgeskryf word voordat dit iets werd is. Ek is te lui, maar hier is baie bloggers wat hulle blogs keurig versorg. Veral die vrouens. En dan is daar die storievertellers soos Thomas wat n valetjie nuut kan opkikker.

Hier is nou n uitdaging .

Ek gaan n ou grappie vertel.  Hou julle lyf Tolla of PG of Jan Spies of Dana Snyman, of Modderkoekie, of Vega, of Anha, of FrancoisW

,of Darwinia en vertel die grappie beter.

Hiers hy. Koos is benoud. Hy neem vir die eerste keer Saterdag n aster uit. Hy vra raad by sy ervare pe^l.

“Waaroor praat mens met n girl”

“Ag, girls is stupid man. Laat hulle praat en elke nou en dan se^ jy sy is mooi.” vertel die pe^l.

Koos volg die raad. Hy bly stil. Sy gesette date babbel senuweeagtig.

 Koos krap kop vir n kompliment. Ah hy het hom ! Val sommer  weg met

“Vir n vet meisie, sweet jy  min.”    Afdraand !

by Bruggie

Deeg

Mei 9, 2012 in Sonder kategorie

Tina spog so oor hoe vrouens slimmer is as mans. Luister n bietjie hier.

Net na die oorlog (1946) het die Sapregering duisende Ford oorlogbakkies  verkoop. ( Wie onthou hulle nog ?)

So n bakkie moes pannekoekdeeg van n plaas in die Magaliesberge oor uitgespoelde grondpad by die kerkbazaar kry.

n Man sou die deeg in n melkkan gegooi het of in een van daardie groot enamel bekers.

Die jong vrou wat die deeg in n groot skottel opgeklits het, vou n doek oor die vol skottel, neem plaas in die bakkies en laat die skottel op haar ruim skoot plaas.

Nog nie eers by die plaashek uit nie besef sy hiers fout. Die bakkie het stywe vere en al kruie dit in low versigtig, lek die deeg handevol oor die skottel se rand.

Nuwe plan. Skottel uit. Vrou op haar n[kniee” op die sitplek. Helpers plaas die deegskottel op haar rug wat sy dan meen te versee”l

teen die bakkie se dak.

Die tog word hervat . Up hill and down dale op n pad eitlik vir 4X4 ‘s bedoel. Deeg skommel lustig oor skottelrand.  Op die bolla. Op die boude. Glibber teen die keel af in die borstrok in. Maar jong vrou byt vas. Oumagrootjie was immers kaalvoet oor die Drakensberge.

By die bazaar aangekom, word die oorblywende deeg afgelaai maar die bakster moet eers weer plaas toe om te verklee en te ontdeeg.

by Bruggie

Dartel

Mei 3, 2012 in Sonder kategorie

Wat is die Engelse woord vir DARTEL , seblief ?

by Bruggie

Groot geld.

Mei 1, 2012 in Sonder kategorie

Ek luister so flussies op TV 3 na Katie Melua. Sag op die oog. Sprankel beskeie. Toeganglike, alle daagse

klank. Skatryk . Wiki skat sy was in 2008 R200 milj. sterk.

Amy Winehouse. Ook suksesvol. Omstrede.

Altwee ewe oud. Altwee Brits. Kom bloggers, bespiegel julle verder.