by

Middelpunt.

April 30, 2012 in Sonder kategorie

Ek as leek voel aan dat gesonde verstand moet bepaal waar n mens staan, en dat  ekstremiste moet

verwerp word.

Monica is reg. Daar is wetenskaplikes wat hul loopbane beskerm omdat Groot Geld hulle borg. Sulkes bevind dat rook

onskadelik is.

Ek hou van beskeie wetenskaplikes wat besig is met klein onderafdelinkies van hul spesialiteitsgebied. Dikwels lyk hul navorsing

onbenullig. Hulle versamel data om n klein bydrae te maak. Hulle is oop vir peer group evaluation.

Ek hou ook van teoloe” wat nuut wil dink oor n godsbegrip sonder die bagasie van verouderde sienings.

Wanneer ons verskil, moet gedagtes met feite ondersteun word. Persoonlike aanvalle is uit.

Spookstories ? Het wel n plek as deel van literatuur.

Modderkoekie se spookervarings ?

In die politiek praat hulle dat persepsie is die werklikheid. As Modderkoekie voel n spook vat aan haar , of praat met haar,

of ruik na iets , dan is dit haar werklikheid. As ek in dieselfde kamer kom en die spook bly weg is daar te veel moontlike

verklarings om van harde feite te kan praat. Miskien hou die spook nie van my nie.Miskien bestaan spoke nie. Miskien is die temperatuur n aks anders. Linker of regter breine wat oorheers. Wie weet.

Dawkins en kie. val Die Kerk heftig aan. Ek hou nie van die slogans nie maar in hierdie stryd gaan dit nie om Wetenskap/Godsbegrip nie maar oor wie wen. Die slogans pas in die politieke arena. Dis n politieke faait en in die politiek dreunsing mens blykbaar.

Wanneer Fundamentaliste onverdraagsaam is en via politieke mag wette wil maak wat ons lewens gaan raak, moet ons terugveg

met slogans. Wanneer ouens begin bomme gooi, soos die Protestante en die Katolieke in Noord Ierland, of die Sunni teen die

Shia muslims, stel ek voor dat alle redelike mense vir Dawkins en die Progressiewe Teoloe”steun.

Met slagspreuke en baniere op busse wat waarsku teen The God Delusion.

Die beskawing le^ te vlak by 99% van die mensdom (renosterhoring…pamflette wat beloof om 100 probleme bonatuurlik teen

R10 op te los.)

Sheldrake ? Kom ons takel een Delusion op n slag.

14 antwoorde op Middelpunt.

  1. HeavyHenry het gesê op April 30, 2012

    Hoor Hoor!

  2. Ek voel ook redelik gemaklik met die trant van hierdie blogplasing …die lewe en laat lewe beginsel . En of die hoender en of die eier nou eesrste was, klink my ook weer na ‘n alewige sinlose kompetisie .

  3. Wetenskaplikes wat resultate lewer om hul borge te pas se toepassings werk nie. So eenvoudig soos dit.

  4. Hullo Henry.

  5. Dankie, Exi

  6. In die politiek maak die waarheid nie saak nie. Groot Geld koop mediablootstelling. Soundbites. n Aantreklike Akteur met Einstein hare en
    n witjas oortuig momenteel miljoene.

  7. ons kan maar vir mekaar ‘n plekkie in die son gun sonder om noodwendig eenders oor elke liewe sakie te voel.

  8. TS het gesê op April 30, 2012

    Sinvolle redenasie…

  9. Hullo MK. Wat het geword van jou Goth prentjie ?

  10. loudavisi het gesê op April 30, 2012

    Die gesprekke op ModderKoekie se blog het my laat dink:
    As almal oordentelik met mekaar sou kon redeneer of debat voer, sou dit so leersaam vir hierdie leek gewees het. Ek sien in die koerante se kommentare ook dat die mense mekaar afkraak en dus min tot die gesprek kan byvoeg. Ek verstaan nie sulke mense nie!

  11. Ons mense is besig om mekaar met woorde te vermoor en te verslind. Ek hou van jou redenasie

  12. bernster het gesê op April 30, 2012

    As IT konsultant is daar talle geleenthede in my veld en is daar salarisgewys baie geleentheid vir groei…dit terwyl ek nie eers IT geswot het nie! In vergelyking moet wetenskaplikes uitsonderlik gekwalifiseerd wees met baie ondervinding (en ‘n gesonde skoot geluk daarby) om werklik goed betaal te word en toegang tot fondse te kry. As so ‘n wetenskaplike skielik sy uitgangspunt verander, word die gevaar geloop dat alles (finansiel) verloor kan word…

  13. Jy raak aan n netelige probleem, Bernard.
    Wetenskaplikes is mense wat dikwels nie vry is nie.

  14. sirpsa het gesê op April 30, 2012

    Wat is ‘n huis sonder ‘n spook? 😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.