by

Jenkins

April 29, 2012 in Sonder kategorie

Leon Starker was tot n week gelede vir my slegs n naam. Toe kom die uitnodiging om deel te word

van sy koor en orkes daarstelling van Karl Jenkins se Armed Man. Ek weet nog steeds min van Leon

maar is nou bewus van sy groot musikaliteit, dinamika, en mensverhouding en -bestuurstalent.

Armed Man is n moderne, ritmies moeilike werk. Leon het iewers die geld vandaan getower om n groot

hoofsaaklik professionele orkes te betaal. Amateurs sou nie die mas kon op nie.

Die groot koor het bestaan uit leerders van DF Malan hoe”r, oud leerders, ouers, tien of wat mans van die

Kaapse Waliese koor, 20 of wat lede van n jong swart koor.

Google gerus vir Karl Jenkins en luister na Armed Man op youtube.

Afrikaanse gehore is beleefd en geduldig besef ek toe hulle n vervelige pretensieuse stuk Avo Pert

voor pouse verduur het.

Wat n vreugde die knap , vinnige skakelings en ree”lings via internet, behartig deur n skaam , fraai alt.

Ek raai sy is n onderwyseres. Nee, tog nie. Selfs Afrikaanse tieners sal haar kneus. Aletta Dorfling, take a bow.

7 antwoorde op Jenkins

  1. TS het gesê op April 29, 2012

    aitsa jy kan sing? 🙂

  2. shlwanjan het gesê op April 29, 2012

    wow wat ‘n voorreg! Jy moet die deelname geniet.
    Charlene het vir my ‘n dubbel Karl Jenkins cd present gegee, met ‘n groot deel van Armed Man op…nou weet ek gelukkig ook waarvan jy praat (-; dit is baie indrukwekkend!

  3. benvanbruggen het gesê op April 29, 2012

    Kan jy ook ?

  4. loudavisi het gesê op April 29, 2012

    O, Bruggie!
    Geluk.
    Dis regtig ‘n moereskiese eer.

  5. Madhatter het gesê op April 30, 2012

    Genade mens. Nie van hier nie nê? Baie geluk. Ek gaan vanaand by die huis luister.

  6. TS het gesê op April 30, 2012

    Nie meer soos lankal… en niemand sal my nooi nie. Geluk!

  7. benvanbruggen het gesê op April 30, 2012

    Hullo Tina.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.