by

Wolke

April 14, 2012 in Sonder kategorie

Ek kom nou net van die NG kerk , Pinelands, se jaarlikse konsert ten bate van n enkele beursfonds.

En ek sweef. Wonderlike talent. Veral Hendrik Hofmeyer wat sy eie werk op die klavier gespeel het.

Vooraf het hy verduidelik oor n Boesman tema wat die eensaamheid en oneindige van die Karroo oproep.

n Wereldklas moderne komponis tree gratis op in sy ma se gemeente.

Soos gewoonlik kon die oumas oe toe die kleine Nicola Botha, gebril en gevlegsel en  begelei deur haar ouma n vioolstukkie

gespeel het. Gevolg deur Susan Maartens , viool, en haar man Peter, tjello en Veranza Joubert, klavier. Drie stukke van Max Bruch.

Wat n voorreg om twee meter van hierdie top kunstenaars te sit en sien hoe intens hulle konsentreer.

Vanjaar het klaviersterre van dertig jaar gelede besef dat die jong Mark Spence liewer n kans moet kry.  Rachmaninov wat oorrompel.

En dan die kersies op die koek. Voor pouse Minette du Toit -Pearce met  Ave Maria gevolg deur Carmen en Samson en Delilla.

Lieflike Mezzo. Ten laaste die sopraan Janel Speelman. Strauss en Victor Herbert met Victor Tichardt as begeleier. Met oorgawe,

talent en professionalisme.

Ek moet vertel van die krisis. Een van die organiseerders, n Engelssprekende dame van so by die sestig, hare perfek, juwele smaakvol,raak te meegevoer deur die Mezzo se Delilah . Sy raak aan’t ween en haar maskara vloei.

Ja, daar is iets te se vir Kerke en hul geldinsamel vir  verdienstelike sake. Kan NGO’s hulle vervang ? Haal uit en wys.

12 antwoorde op Wolke

  1. Kan net dink dat dit ´n besonderse aand was.

  2. Daar was n gratis glasie wyn met pouse
    maar nie sulke kosse soos jou Mennoniete nie, Latino. Die R70 toegang moet alles na die beursfonds.

  3. frandr het gesê op April 14, 2012

    Klink na ‘n lieflike aand. (Ek dra glad nie meer maskara nie…)

  4. Hullo Fran. Sonder maskara sou jy rustig
    kon ween oor die treurige verhaal.

  5. frandr het gesê op April 14, 2012

    Juis om daardie rede het ek maar die glamour laat vaar. Ergste is, ek huil sommer oor mooi goed ook!

  6. loudavisi het gesê op April 15, 2012

    Wat ‘n belewenis!

    Kos vir die siel..

  7. loudavisi het gesê op April 15, 2012

    Pst: Glam Guru – Hannon se maskara loop nie! En dit kan maklik afwas.

  8. TS het gesê op April 15, 2012

    klink na my soort musiek

  9. Hullo Tina. Wens jy was daar.

  10. Hullo ou staatmaker. Dis nodig om soms te sweef weet jy.

  11. HeavyHenry het gesê op April 15, 2012

    Klink nice!

  12. Hullo ou mede ongelowige. Baat jy ook soms by die
    dinge van die kerk ?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.