by

Kruispaaie

April 14, 2012 in Sonder kategorie

As jongeling op n net-seuns hoe”rskool het ek in my kop eienskappe van my toekomstige vrou vertroetel. Stupid verby.

Talente het baie getel. Goeie genetiese materiaal. Soms moes sy soos Callas of Streisand kan sing. Soms moes sy

beter as ek wiskunde kan doen (kompenseer, sien). Snaaks, beauty het nie oorheers nie. Totdat my onderwyseres ma

van L begin vertel het.

Sy was die mooi , slim, stil, Hollandse immigrant wat ten spyte van taalagterstand binne n paar maande die res uitgestof het

in my ma se SkeiNat klas.

Na matriek werk vir ek n jaar op n goudmyn en skryf toe op Wits in om medies te swat. Skielik baie meisies. In die Koor. In die

Gilbert and Sullivan oparettes. En saam in die kursus is L. Jis, en was sy mooi en stil, en waardig en begeerlik. En met n

ke^rel. Die donner is n senior (toekomstige sakeman) met n fensie sportskar en aantreklik en fris.En n Springbok (?) hokkie speler. n Moerse vlieg in die salf.

Daar was 200 in ons medies 1 groep sodat n groepsdans sekers onvermydelik was. Ek was nie van plan om te gaan nie. Niemand

behalwe L het my lus geprikkel nie.  So n week voor die dans kom staan Let langs my kampstig in haar hoedanigheid as organiseerder. Kom jy dans ? wil sy weet. Weet nie wie om te vra nie, seg ek. Wel , ek hoop iemand vra my, seg sy.

Poepol is stomgeslaan. Hiers sy kans ! Maar hy huiwer ! Let is net te ver in die hoogste liga. Sy stap toe traag weg. Ag. Was sy

nie so waardig nie. Was sy meer soos Ultra mel kon sy met humor die poepol oor die drumpel gehelp het.

En miskien kon Let en ek n string kinders gehad het wat kon wiskunde doen En sing.

NS. Let word in haar tweede jaar Jool Konigingin. Ek dink sy het later met Blinkjan afgehaak. Op veertig het ek haar 

vir n paar oomblikke van ver gesien. Maer, met n bitter trek. Dalk kinderloos en geskei. Kruispaaie.

20 antwoorde op Kruispaaie

  1. TS het gesê op April 14, 2012

    mmmmm interessant… wonder of julle ook gelukkig sou wees

  2. Ag demit, as jy tog net ‘n rerun kon doen…..

  3. Ek twyfel, Tina. Ons geaardhede verskil net te veel.

  4. Dankie, Monica. Ek dink dit sou n dans wees om te onthou en ek glo nie Let sou neus op getrek het vir my Fiat 500 nie.

  5. Jammer exi, maar my lewe is deesdae
    smaaklik. Moontlik het jou Wyse Vader vir my en Let op die regte pad geplaas.

  6. HeavyHenry het gesê op April 14, 2012

    *sug*

    Ook maar bietjie toe, as die oomblik daar is!

  7. Ja, Henry. Regterbrein word oorskat.

  8. DallaSePa het gesê op April 14, 2012

    Ek hou hiervan.

  9. loudavisi het gesê op April 14, 2012

    Ek is seker dat Let haar kussing natgetjank het oor jou – laat dit maar vir jou ‘n troos wees.

  10. HeavyHenry het gesê op April 14, 2012

    🙂

  11. Dankie Lou. Kom ons glo so.

  12. Dankie

  13. Stadige gans…

  14. lora2me het gesê op April 14, 2012

    ‘n Mooi, hartseer herinnering. Ag wat, agteros kom ook in die kraal – jy het seker darem toe iemand anders ontmoet. Sulke dinge gebeur nogal meermale as wat ‘n mens dink.

  15. Ja Lora bo verdienste goed getref met
    TWEE vrouens wat met my getroud was.

  16. … beland in die pot en verloor sy vere ?
    Ek is heel tevrede met die verloop van sake in later jare.Dankie.

  17. Trakie het gesê op April 14, 2012

    Dis dan wat jy jouself kan skop dat jou voet skoon in gips moet kom.

  18. Hullo Kelkie, hehe vir so hard gatskop dat die voet gegips moet word.

  19. freebird49 het gesê op April 16, 2012

    Hi daar! Kom nou eers weer op jou blog af – was totaal verlore (of maar net normaal rigtingloos soos meeste vrouens). Ek reken al hierdie wesens wat ons paaie kruis, het wel iets bygedra tot die groeiproses – en die keuses wat ons vandag nog maak. Of hoe? EN: Dis ‘n bonus dat ons nog hier is om so te mymer… Groetnis!

  20. Ja, ek as oue mymer graag. Dankie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.