Jy blaai in die argief vir 2012 April.

by Bruggie

Middelpunt.

April 30, 2012 in Sonder kategorie

Ek as leek voel aan dat gesonde verstand moet bepaal waar n mens staan, en dat  ekstremiste moet

verwerp word.

Monica is reg. Daar is wetenskaplikes wat hul loopbane beskerm omdat Groot Geld hulle borg. Sulkes bevind dat rook

onskadelik is.

Ek hou van beskeie wetenskaplikes wat besig is met klein onderafdelinkies van hul spesialiteitsgebied. Dikwels lyk hul navorsing

onbenullig. Hulle versamel data om n klein bydrae te maak. Hulle is oop vir peer group evaluation.

Ek hou ook van teoloe” wat nuut wil dink oor n godsbegrip sonder die bagasie van verouderde sienings.

Wanneer ons verskil, moet gedagtes met feite ondersteun word. Persoonlike aanvalle is uit.

Spookstories ? Het wel n plek as deel van literatuur.

Modderkoekie se spookervarings ?

In die politiek praat hulle dat persepsie is die werklikheid. As Modderkoekie voel n spook vat aan haar , of praat met haar,

of ruik na iets , dan is dit haar werklikheid. As ek in dieselfde kamer kom en die spook bly weg is daar te veel moontlike

verklarings om van harde feite te kan praat. Miskien hou die spook nie van my nie.Miskien bestaan spoke nie. Miskien is die temperatuur n aks anders. Linker of regter breine wat oorheers. Wie weet.

Dawkins en kie. val Die Kerk heftig aan. Ek hou nie van die slogans nie maar in hierdie stryd gaan dit nie om Wetenskap/Godsbegrip nie maar oor wie wen. Die slogans pas in die politieke arena. Dis n politieke faait en in die politiek dreunsing mens blykbaar.

Wanneer Fundamentaliste onverdraagsaam is en via politieke mag wette wil maak wat ons lewens gaan raak, moet ons terugveg

met slogans. Wanneer ouens begin bomme gooi, soos die Protestante en die Katolieke in Noord Ierland, of die Sunni teen die

Shia muslims, stel ek voor dat alle redelike mense vir Dawkins en die Progressiewe Teoloe”steun.

Met slagspreuke en baniere op busse wat waarsku teen The God Delusion.

Die beskawing le^ te vlak by 99% van die mensdom (renosterhoring…pamflette wat beloof om 100 probleme bonatuurlik teen

R10 op te los.)

Sheldrake ? Kom ons takel een Delusion op n slag.

by Bruggie

Jenkins

April 29, 2012 in Sonder kategorie

Leon Starker was tot n week gelede vir my slegs n naam. Toe kom die uitnodiging om deel te word

van sy koor en orkes daarstelling van Karl Jenkins se Armed Man. Ek weet nog steeds min van Leon

maar is nou bewus van sy groot musikaliteit, dinamika, en mensverhouding en -bestuurstalent.

Armed Man is n moderne, ritmies moeilike werk. Leon het iewers die geld vandaan getower om n groot

hoofsaaklik professionele orkes te betaal. Amateurs sou nie die mas kon op nie.

Die groot koor het bestaan uit leerders van DF Malan hoe”r, oud leerders, ouers, tien of wat mans van die

Kaapse Waliese koor, 20 of wat lede van n jong swart koor.

Google gerus vir Karl Jenkins en luister na Armed Man op youtube.

Afrikaanse gehore is beleefd en geduldig besef ek toe hulle n vervelige pretensieuse stuk Avo Pert

voor pouse verduur het.

Wat n vreugde die knap , vinnige skakelings en ree”lings via internet, behartig deur n skaam , fraai alt.

Ek raai sy is n onderwyseres. Nee, tog nie. Selfs Afrikaanse tieners sal haar kneus. Aletta Dorfling, take a bow.

by Bruggie

Kletsgras

April 25, 2012 in Sonder kategorie

Almal wat werklik kwaliteit wil lees , begin by Kletsgras waar hy jare gelede oor sy verblyf in Engeland hier begin blog het.

n Reus. Beethoven aanhanger, Rugby kommentator, jong oupa, besoeker van sieklikes, soeker na sinvolle godsbegrip.

Soepel taal virtuoos.

Ai ! Lekker.

by Bruggie

Verkoopstaal????

April 21, 2012 in Sonder kategorie

For sale – an antique desk suitable for lady with thick legs and large drawers.

Four- poster bed , 101 years old. Perfect for antique lover

by Bruggie

Belt

April 15, 2012 in Sonder kategorie

Ek was lank laas onner die belt maar vanoggend besef ek dat ek my vrouevrinne in twee groepe kan verdeel.

1. Die lankmoediges wat oor en oor saam lag as ek weereens n kom grappie maak.

2. Die suur dose vir wie ek my lip moet zip en maar die ou grappie alleen moet geniet.

Vanoggend kuier een van die tweede groep. n Tante wat seker 20 jaar gelede gekom het. Daarom is dit so snaaks

(vir my) as sy vertel hoe sy bo-op n dak was om blare te verwyder en nie kon hoor toe toe werksmense haar roep om die hek oop te maak nie. “Well, I eventually came when they called louder.” Kinky, seg ek jou.

by Bruggie

Wolke

April 14, 2012 in Sonder kategorie

Ek kom nou net van die NG kerk , Pinelands, se jaarlikse konsert ten bate van n enkele beursfonds.

En ek sweef. Wonderlike talent. Veral Hendrik Hofmeyer wat sy eie werk op die klavier gespeel het.

Vooraf het hy verduidelik oor n Boesman tema wat die eensaamheid en oneindige van die Karroo oproep.

n Wereldklas moderne komponis tree gratis op in sy ma se gemeente.

Soos gewoonlik kon die oumas oe toe die kleine Nicola Botha, gebril en gevlegsel en  begelei deur haar ouma n vioolstukkie

gespeel het. Gevolg deur Susan Maartens , viool, en haar man Peter, tjello en Veranza Joubert, klavier. Drie stukke van Max Bruch.

Wat n voorreg om twee meter van hierdie top kunstenaars te sit en sien hoe intens hulle konsentreer.

Vanjaar het klaviersterre van dertig jaar gelede besef dat die jong Mark Spence liewer n kans moet kry.  Rachmaninov wat oorrompel.

En dan die kersies op die koek. Voor pouse Minette du Toit -Pearce met  Ave Maria gevolg deur Carmen en Samson en Delilla.

Lieflike Mezzo. Ten laaste die sopraan Janel Speelman. Strauss en Victor Herbert met Victor Tichardt as begeleier. Met oorgawe,

talent en professionalisme.

Ek moet vertel van die krisis. Een van die organiseerders, n Engelssprekende dame van so by die sestig, hare perfek, juwele smaakvol,raak te meegevoer deur die Mezzo se Delilah . Sy raak aan’t ween en haar maskara vloei.

Ja, daar is iets te se vir Kerke en hul geldinsamel vir  verdienstelike sake. Kan NGO’s hulle vervang ? Haal uit en wys.

by Bruggie

Kruispaaie

April 14, 2012 in Sonder kategorie

As jongeling op n net-seuns hoe”rskool het ek in my kop eienskappe van my toekomstige vrou vertroetel. Stupid verby.

Talente het baie getel. Goeie genetiese materiaal. Soms moes sy soos Callas of Streisand kan sing. Soms moes sy

beter as ek wiskunde kan doen (kompenseer, sien). Snaaks, beauty het nie oorheers nie. Totdat my onderwyseres ma

van L begin vertel het.

Sy was die mooi , slim, stil, Hollandse immigrant wat ten spyte van taalagterstand binne n paar maande die res uitgestof het

in my ma se SkeiNat klas.

Na matriek werk vir ek n jaar op n goudmyn en skryf toe op Wits in om medies te swat. Skielik baie meisies. In die Koor. In die

Gilbert and Sullivan oparettes. En saam in die kursus is L. Jis, en was sy mooi en stil, en waardig en begeerlik. En met n

ke^rel. Die donner is n senior (toekomstige sakeman) met n fensie sportskar en aantreklik en fris.En n Springbok (?) hokkie speler. n Moerse vlieg in die salf.

Daar was 200 in ons medies 1 groep sodat n groepsdans sekers onvermydelik was. Ek was nie van plan om te gaan nie. Niemand

behalwe L het my lus geprikkel nie.  So n week voor die dans kom staan Let langs my kampstig in haar hoedanigheid as organiseerder. Kom jy dans ? wil sy weet. Weet nie wie om te vra nie, seg ek. Wel , ek hoop iemand vra my, seg sy.

Poepol is stomgeslaan. Hiers sy kans ! Maar hy huiwer ! Let is net te ver in die hoogste liga. Sy stap toe traag weg. Ag. Was sy

nie so waardig nie. Was sy meer soos Ultra mel kon sy met humor die poepol oor die drumpel gehelp het.

En miskien kon Let en ek n string kinders gehad het wat kon wiskunde doen En sing.

NS. Let word in haar tweede jaar Jool Konigingin. Ek dink sy het later met Blinkjan afgehaak. Op veertig het ek haar 

vir n paar oomblikke van ver gesien. Maer, met n bitter trek. Dalk kinderloos en geskei. Kruispaaie.

by Bruggie

Bondig

April 13, 2012 in Sonder kategorie

Jare gelede (vroeg sestigs) was daar elke etenstyd op die Wits Kampus genooide sprekers om politiek te praat.

Die linkses was die aktiefste en die ingenieurs die regse opponente. n Gewilde linkse spreker was so n Max du Preez tipe Afrikaner.

Die formule was die spreker verdoem die jongste Regering stommiteit vir so tien minute en dan begin die sports:Vraetyd.Eintlik

snedighede en steekhoue verbloem as vrae wat die gevatte spreker of opvolg vraestellers onskadelik moet stel met gevathede

van hul eie. Eenkeer daag die Max-kloon weer op. Miskien was hy babbelas of miskien was dit die geval kom ons mors vandag nie tyd nie. Hy val weg met “Lekker om weer hier te wees. Laat kom die vrae.. “

Soos ou Sol Kerzner by die vergadering van aandeelhouers vrae oor sy omkoop van Mtanzima systap met… Folks, lets not waste time. All the boring facts in this thick report prove that Sun International made a pisspot full of money… Let go party.

by Bruggie

jongelinge

April 12, 2012 in Sonder kategorie

Hiers n verhaal van n ongelukstoneel. Besig om die beseerdes knap te versorg is talle

hardebaard verpleegsters/teater seniors/ matrones. n Kar hou stil en n jong knaap

spring uit.

“Staan opsy ! Ek’s n derde jaar mediese student.”

My laatlam wat n paar Unisa sielkunde take ager die blad het, verdien agting in sy groep

as “die sielkundige”.

by Bruggie

Zorba

April 9, 2012 in Sonder kategorie

Vir Zorba is die grootste sonde as n vrou n man bed toe nooi en hy gaan nie.