Jy blaai in die argief vir 2012 Februarie.

by Bruggie

Oplossing ?

Februarie 28, 2012 in Sonder kategorie

Ons slaan so maklik ons hande saam in afgryse oor plaasmoorde. Maar hoeveel ryk boere is al vermoor ?

Die slagoffers is gewoonlik minder welaf mense wat nie duur moderne veiligheids maatree”ls kan bekostig nie.

Kan georganiseerde landbou en die kerke nie hiermee help nie. Ook met staats hulp.

Selfoon en radio verbinding om hulp te roep. Alarms, sensors, tralies. Dis tog nie rocket science nie.

n Ou vrou wat alleen in die boendoes  op n plaas aanbly kan haarself beveilig totdat hulp opdaag.

Afrikaners , verwerp die rol van slagoffer. Staan saam en maak plaasmoorde baie moeilik.

by Bruggie

Pikkewyn

Februarie 23, 2012 in Sonder kategorie

Peter Blum kon fyn spot. Nog voor die volk n bietjie losser kon raak, nog voor Antjie Krog, terg

hy die koeksusters so:

Van buite skoon, van binne rein

— En fridzid soos n pikkewyn !

by Bruggie

Militere Intelligensie

Februarie 21, 2012 in Sonder kategorie

Dis glo n ou storie die, maar vir my nuut en snaaks. Ons hou mos daarvan as ouens wat in struktuurdenke vasgevang is, skielik

met hul broek op hul belangrike enkels, moet bloos.

This is the transcript of a radio conversation of a US naval ship with Canadian authorities off the coast of Newfoundland in October, 1995. Radio conversation released by the Chief of Naval Operations 10-10-95.

Americans: Please divert your course 15 degrees to the North to avoid a Collision.

Canadians: Recommend you divert YOUR course 15 degrees to the South to avoid a collision.

Americans: This is the Captain of a US Navy ship. I say again, divert YOUR course.

Canadians: No. I say again, you divert YOUR course.

Americans: This is the aircraft carrier USS Lincoln, the second largest ship in the United States’ Atlantic fleet. We are accompanied by three destroyers, three cruisers and numerous support vessels. I demand that YOU change your course 15 degrees north, that’s one five degrees north, or countermeasures will be undertaken to ensure the safety of this ship.

Canadians: This is a lighthouse. Your call.

by Bruggie

Liefdevol ?

Februarie 20, 2012 in Sonder kategorie

Wat is die eienskappe van n goeie vader ?

1. Hy is beskikbaar 2. Vriendelik 3. Geniet sy kinders. 4. Speel graag met hulle. 5.Praat gehurk en kyk in hul oe”.

6. Is soms streng, maar regverdig. 7 Stel n voorbeeld van liefwees vir sy vrou, kinders, huisdiere, bediendes , medemense ?

Is God so n vader ?  Glo nie. Hy is nie fisies teenwoordig en beskikbaar nie. Vriendelik ? n Fun ou ? Kommunikeer duidelik

mens tot mens ?

Die God van die bybel kommunikeer deur n verouderde boek en dan deur Moses , die Profete, sy Seun. Hoorse^.

Sy hedendaadse kinders is verwar. Krisistye. n Aardse vader sal persoonlik liefdevol ingryp.

Ek het probleme met die beeld van God-die-Vader.

by Bruggie

Nigel.

Februarie 13, 2012 in Sonder kategorie

Jare gelede woon ek in n koshuis. My een buurman was Nigel Brayshaw , n hansome ou met talle

dames wat sy bloed soek.

Die ander buurman was n sewende jaar teoloog. n Ernstige man.

Een van die irritasies van die koshuis was die eerstejaars wat telefoon diens moes doen.

Dit sou te lank vat om n ou te gaan roep in die verste uithoeke van die koshuis. Daarom

word almal se rus versteur wanneer die eerstejaar n naam uit gil om foon toe te kom.

Nigel, synde n gewilde man, se naam was dikwels geskree , tot die irritasie van veral die teoloog.

Eendag toe dit weer dawer Ni-g-el. !!!! skree die teoloog terug …. Nee !!!! ongelukkig nie !!!!!  

by Bruggie

Paaie

Februarie 8, 2012 in Sonder kategorie

Zuma lees Donderdagaand hortend sy State of the Nation toespraak. Dit gaan direk gebeeldsend word.

Gunsteling programme moet wyk.

Maar wat my die dwarste in die krop steek is die sluiting van paaie in Kaapstad wat spitstydverkeer erg

gaan ontwrig. Nie net Donderdagaand nie. Sommer twee dae voor die tyd ook. Die verkeersmanne moet glo

oefen.

Grootdoenerig verby.

by Bruggie

Kil

Februarie 2, 2012 in Sonder kategorie

Hoe ontdek n Engelsman sy katelgenoot is oorlede ?

Die skottelgoed hoop op.