by

Clash of cultures.

Januarie 18, 2012 in Sonder kategorie

Jare gelede  help my seun sy ma om van Renkum na Amsterdam te verhuis. n House swap vind plaas . Nella neem n huis

in Amsterdam oor en die Amsterdammers neem haar huis oor.

Arjan leen n lamlendige vervoer wat hy hy nie durf afskakel nie want die battery word nie gelaai nie.

Daar staan hy toe in Amsterdam met die luirerende lorrie en wag vir die vele verfynde manlike vriende van

die Mevrou wat haar kosbare besittings moet aandra. Twintig minute. Niks. Die kunstiges is besig om

die haak en tou te akteveer. Uiteindelik verskyn n piepklein, oulike mandjietjie drie verdiepings hoog aan die balk

gereed om afgekatrol te word. Arjan besef teen hierdie tempo gaan die lorrie vir twee weke luier. Dadelik verfynde

Hollandse gatte geskop. Elke man gryp n item en trap af daarmee.Verdomp.

8 antwoorde op Clash of cultures.

  1. Enige regdenkend mens sou hulle gatte geroer het.

  2. TS het gesê op Januarie 18, 2012

    ooooo in my lewe trek ek nooit weer by trappe op nie…

  3. Ja nee. Die Here het selfs vir Moses gesê: ‘Hou op bid en beweeg aan.”

  4. Hie hie hie.
    Giggel ek nou.
    Ek sien sommer die hele prentjie so in my geestesoog.

  5. alle blyplekke het hope trappe

  6. Hahaha. Ek kan my net voorstel!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.