by

Have you heard from Johannesburg ?

Januarie 8, 2012 in Sonder kategorie

Die SABC reeks is verbasend goed en bevestig dat Umkonto we Sizwe se bydrae tot die omwenteling onbenullig was.

Pik Botha vertoon swak. Barend du Plessis gee rustig die feite. Ek wonder hoekom die wereldmedia toegelaat was

om daagliks skokbeelde van wit polisie met sambokke in die voorkamers van die wereld te plaas. Onthou, dit was voor

die moderne internet era. Wat is julle indrukke van die reeks ?

26 antwoorde op Have you heard from Johannesburg ?

  1. Alles eensydig en dit voeg niks waarde toe nie.

  2. louisna het gesê op Januarie 8, 2012

    Nie geweet van die reeks nie. Sal gaan kyk.

  3. TS het gesê op Januarie 8, 2012

    sulke goed steek in mense se geheue vas.

  4. avega het gesê op Januarie 8, 2012

    Ek het ook so gedink

  5. So-so….

  6. Nie gesien nie, bruggie.

    MOET ek kyk?
    ; )

  7. louisna het gesê op Januarie 8, 2012

    Ek het al die videos op You Tube gekyk. Toe ek die meelbom in NZ sien, toe onthou ek die 1981 Springboktoer.

  8. Ouens soos Oliver Tambo,Albert Luthuli en Nelson Mandela en mooi vrou Winnie was die gesig wat die Media
    kon stel teenoor die gevoellose konserwatiewe skurke wereldwyd. Muldoon, Reagan, Thatcher, Afrikaner politici met hul vreemde aksent. Vir my was Tutu as
    firebrand n gevaar vir die beeld van slagoffer.As gebruikers van die media was The Left onverbeterlik. Hedendaags suffer ons almal as gevolg van die swak beeld van The Bankers. Malema ry op die rug van die arm 99% beweging wereldwyd. Ons leer nie uit die verlede nie.

  9. binzzs het gesê op Januarie 8, 2012

    ==== http://www.fashion-long-4biz.com ====
    Wholesale Cheap Nike shoes with discount jersey, High quality T-shirts,ED hardy t-shirts,ED Hardy hoodies,ED hardy shoes,ED hardy Jeans,Evisu shoes,GUCCI shoes,LV Handbag,Chanel Handbag……welcome to
    Nike shox(R4,NZ,OZ,TL1,TL2,TL3) $33

    Handbags(Coach lv fendi d&g) $33

    Tshirts (Polo ,ed hardy,lacoste) $16

    Jean(True Religion,ed hardy,coogi) $30

    Sunglasses(Oakey,coach,gucci,Armaini) $12

    New era cap $9

    Bikini (Ed hardy,polo) $18

    ==== http://www.fashion-long-4biz.com ====

  10. Hullo Lou. Die reeks is amper verby.
    Ouboet kon dit op utube kyk.

  11. Ek kyk dit nie. Wys hulle darem die bomme wat Madiba en Kie geplant het by die stasie? Ek wonder maar net.

  12. Hoe kan mens goeie indrukke vorm oor die rol van die wit SAP?
    Dis onbegonne…

  13. sal dit ook op youtube wil gaan opsoek

  14. jjanajj het gesê op Januarie 9, 2012

    hmm ek het dit nie gesien nie, maar ek is nou baie geinteresseerd.

    sal bietjie op die saak ingaan, dankie, bruggie!

    gaan kuier gerus daar by my vriendin sussietjie:
    http://blogs.litnet.co.za/sussietjie/ouma-s-e

  15. Ek kyk nie daarna nie, dit wek net rasse-haat op. Die trailers is al genoeg om daardie effek op my te he.

  16. Hallo Deon. Rolling Mass Action is nou
    gevestig wereldwyd. Egipte, Sirie ens.
    Gaddafi het sy gat gesien. Ghandi sou
    deesdae met die internet groter geslaag het. Gelukkig pas Malema se beeld nie.
    Die media soek nederig en maer slagoffers. Die moral high ground is alles.
    Daarom is Whitey Basson se 68 miljoen
    n gevaar.

  17. Twaksak het gesê op Januarie 9, 2012

    Ek moes seker gekyk het. Dis net die hele tyd se “rehashing” wat afgesaag raak.

  18. Twaksak, ek was verbaas om te sien hoeveel ek vergeet het.

  19. lora2me het gesê op Januarie 9, 2012

    Ek het so af en toe gekyk en sekere beeldmateriaal nogal interessant gevind. Ek het jare gelede aan so ‘n navorsingsprojek deelgeneem en riller polisiefoto’s van aangehoudenes gesien. Wat my egter opgeval het, was die een beeld van ‘n polisieman wat met sy sambok agter ‘n oproerige man aanhardloop, maar sy hare is so half ge-square-cut – ons ouens se hare was daardie tyd mos blou geskeer. Ek dink dit was ‘n gedokterde/geredigeerde video. ‘n Staatsaanklaervriendin van die tagtigerjare het egter vir my baie erge dinge van die toestande van aangehoudenes vertel. Sensasie was natuurlik altyd die hoofmotief vir oorsese media.

  20. die tagtigs was harde jare , Lora

  21. flapoor het gesê op Januarie 13, 2012

    ‘n Stil bek is ‘n heel bek.

  22. Ek is bly oor Gaddafi, maar ‘rolling mass action’ lei myns insiens tot anargie. Die raserige minderheid wat hul sin kry. In Egipte is Moebarak afgeset, daar is al ‘n referendum gehou en nou weer ‘n verkiesing, maar die betogings hou nie op nie.

  23. hoe bedoel jy, hoekom die media ‘toegelaat’ was om die beelde te plaas?

  24. Celeste, dit was n propaganda oorlog.
    Werklik totalite^re lande van die tyd, soos Oos Duitsland , Sjina, Kuba het eenvoudig die internasionale media verban.
    Die Afrikanerstaat het die mag van die
    wereld media , veral TV, skynbaar heeltemal onderskat en die gevolge gedra.

  25. Stem, was ‘n propaganda orolog, maar sekerlik net gekry wat reg was

  26. Ek kyk bitter selde TV, maar my ondervinding is dat stories soos hierdie dikwels dinge uit verband opblaas.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.