Swart gal
Januarie 31, 2012 in Sonder kategorie
Die Engelse woord VERMIN spring in my kop toe ek oor die nuus hoor dat die treine weer nie loop nie.
Vandalisme.
Wat is n VERMIN op Afrikaans ?
VERMIN word bestry. Hoe word plaagmense bestry?
Januarie 31, 2012 in Sonder kategorie
Die Engelse woord VERMIN spring in my kop toe ek oor die nuus hoor dat die treine weer nie loop nie.
Vandalisme.
Wat is n VERMIN op Afrikaans ?
VERMIN word bestry. Hoe word plaagmense bestry?
Januarie 29, 2012 in Sonder kategorie
Ek versuim om n vlieg te red wat verdrink en voel effens skuldig. Die Hindus glo alle lewe is heilig.
Nou wonder ek: As mense so huiwer om dood te maak, dan moet hul soldate maar vrotterig wees.
En dan word hulle oorrompel deur beter krygers.
Seker maar weer n geval van inkonsekwentheid- jy red vliee maar jy wis ander volke uit wat jou aanval.
Hoe anders sou die Hindoebeskawings so lank oorleef het.
Wat seg Neander.
Ag natuurlik ! Kammasutra. Hulle naai so lekker dat hulle soos vliee aanteel. En die invallers kammasuut
eerder as baklei.
Januarie 28, 2012 in Sonder kategorie
Twee lekker woorde om in Afrikaans oor die tong te laat rol is
WURM
en
WRIEMEL.
Die Engelse WORM is flou. WRIGGLE kielie lekker
Maar ai, daardie lekker sensuele RR e in Afrikaans.
Januarie 26, 2012 in Sonder kategorie
Gehoor by n AWB rally
Gee my tien kaffers en ek doen dit self.
Januarie 18, 2012 in Sonder kategorie
Jare gelede help my seun sy ma om van Renkum na Amsterdam te verhuis. n House swap vind plaas . Nella neem n huis
in Amsterdam oor en die Amsterdammers neem haar huis oor.
Arjan leen n lamlendige vervoer wat hy hy nie durf afskakel nie want die battery word nie gelaai nie.
Daar staan hy toe in Amsterdam met die luirerende lorrie en wag vir die vele verfynde manlike vriende van
die Mevrou wat haar kosbare besittings moet aandra. Twintig minute. Niks. Die kunstiges is besig om
die haak en tou te akteveer. Uiteindelik verskyn n piepklein, oulike mandjietjie drie verdiepings hoog aan die balk
gereed om afgekatrol te word. Arjan besef teen hierdie tempo gaan die lorrie vir twee weke luier. Dadelik verfynde
Hollandse gatte geskop. Elke man gryp n item en trap af daarmee.Verdomp.
Januarie 8, 2012 in Sonder kategorie
Die SABC reeks is verbasend goed en bevestig dat Umkonto we Sizwe se bydrae tot die omwenteling onbenullig was.
Pik Botha vertoon swak. Barend du Plessis gee rustig die feite. Ek wonder hoekom die wereldmedia toegelaat was
om daagliks skokbeelde van wit polisie met sambokke in die voorkamers van die wereld te plaas. Onthou, dit was voor
die moderne internet era. Wat is julle indrukke van die reeks ?
Onlangse kommentare