Jy blaai in die argief vir 2011 Desember.

by Bruggie

Alkohol vrae

Desember 13, 2011 in Sonder kategorie

Kies een van die volgende en motiveer.

1. Alkohol is my onmisbare vriend, die lewe is leeg daarsonder. Die lewe oorweldig my sonder alkohol. Ek ken iemand….

2. n Dop n dag takes off the edge en is gesond. Niemand word oornag n alkoholis nie. Maklik om betyds briek aan te draai.

3. Alkohol is n slang in die gras. Passop. ! Want…..

4. Chill. Wat van briljante alkis soos Langenhoven, Sibelius . Ek ken iemand….

Of

Wette

1.  Strenger. Ek stel voor…

2 . Streng genoeg

3. Wette cramp net my style.Maak alkohol goedkoop, dan lewe die wat wil drink lekker. VIVA N PERMANENTE BUZZ.

Of

Druk

1. Verbied happy hour wat die klante lok

2. Verbied ” put it on my tab”

3. Verbied beurte neem om nog n rondte te koop.

4. Verbied gratis ysbreek drankies.

5. Verbied macho shooter bravade.

6. Verhoog ouderdom van wettige drinkers . (21 ?)

7. Verbied drank reklame.

Wat dink jy ?

by Bruggie

Dronk

Desember 13, 2011 in Sonder kategorie

Almal praat oor die vrou wat in China tereggestel is oor sy Tik help smokkel het.

Intussen is Kersfees op hande en ons gunsteling dwelm, alkohol is center stage.

n Paar kersfese gelede was my gasheer n recovering alhoholic. Die res van ons het

gewyn en getriffel. Die man het sonder fuss gekoffie en geTab. Baie alkoholiste is nie so

sterk soos hy nie.

In vandag se Times vra Carlos Amato of drankreus SAB gemis sou word as hulle ophou om plaaslike

sokker en krieket te borg. Hy meen die cellfoon ouens en die banke is skoner borge. As alle drankreklame

verbied word gaan die sukkelende gedrukte media krimp en gaan 2500 mense in die bedryf ander werk moet soek.

Carlos herinner ons dat die reklamekoek drasties gekrimp het toe tabakreklame verbied was maar dat minder mense

nou aan nikotien verslaaf is.

Carlos twyfel of reklameverbod van drank suksesvol gaan wees. In Canada en Denemark is die verbod opgehef

want dronkenskap en drankprobleme het nie merkbaar afgeneem nie. Selfs waar swaar belasting op drank gehef word,

suip die mense voort. Hy was onlangs in Noorwee waar n bier  R70 in n kroeg kos. Die dorstiges suip voort, want in die

fensie kroee kos die bier R100 !

Carlos dink minder mense rook omdat rook nie meer gesellig is nie. Wie wil nou elke 30 minute pateties uit

jou kantoorgebou gedwing word om op die sypaadjie jou fix te kry.Alhokol gebruik sal moeilik gestigmatiseer word.

Reklame is gemik om drankgebruik te bewierook. Die gevaarlike , verslawende dwelm, alkokol, maskereer suksesvol.

n Reklameverbod sal nie misbruik laat afneem nie. Dis slegs n simboliese gebaar.

Ja , alkohol is n ingeburgerde dwelm. Drie jaar se prohibition in Amerika het geflop. Duur drank sal miskien tot

n afname in gebruik onder die ryker 30  % van Suid Afrikaners lei, maar baie die 70% wat alreeds papsakke en erger

drink, se lewens sal nog steeds deur alkohol verwoes word.

Intussen stel die Sjinese tiksmokkellaars tereg en kyk ons vriend alkohol mis. Watter salf is daar aan die 50 mijoen

Sjinese alkoholiste  te smeer ?

by Bruggie

Porn TV.

Desember 12, 2011 in Sonder kategorie

Vanoggend uit die bloute verskyn daar n boodskap op my inbox. Ene Mandy bedank my vir n aangename

aandjie en vra of ek die videos wil sien ? Die videos blyk toe porn fotos van n verskeidenheid jong dames te wees.

Vraag: Is dit skynheilig om n veldtog te voer om porn op n betaal kanaal TV te verbied waar n mens moet by betaal

vir die porn. Hier is tog nie sprake van gedwonge of per abuis porn nie. Soos die porn wat Mandy my vandag op my

inbox kon plaas nie.

Kortom, porn is oorals. As jy kinders wil beskerm, moet jy beplan en monitor

by Bruggie

Boere Jode

Desember 11, 2011 in Sonder kategorie

Op daardie selfde byeenkoms waar ek so paalgespring het,(sien vorige blog) het die hoerskool se twee rugby helde

die wereld rekord vir die myl opgestel.

Joe Kaminer en sy identiese tweeling broer het gesien dat n tent langs die baan n wegkruipplek was.

Joe spring weg vir die eerste rondte en hy blits dit af teen 440 pas. Sy tweeling hardloop verder

toe Joe agter die tent wegraak en hy hou die ongelooflike pas vol. Intussen rus Joe agter die tent.

Die tydhouers kan hulle oe nie glo nie. Hier kom n wereld rekord. Bannister se sub vierminute myl rekord

gaan spat. Wereld geskiedenisaan op Pieterburg gemaak word. !

Joe het later vir Transvaal losskakel gespeel.

by Bruggie

Side Show

Desember 11, 2011 in Sonder kategorie

My enkelouer-ma was n aflosonderwyseres. n Jaar op Nylstroom, en toe n paar jaar op Pietersburg. Ek en my sus was op laerskool

in die twee dorpe se koshuise.

Die hoerskool se atletiek dag op Pietersburg was n groot dag vir die hele dorp. Ons tjokkers van die laerskool kon ons helde sien sping, spiesgooi hardloop ens. Die paalspring was vir my n hoogtepunt.

Daar kry ek toe n blink gedagte . Die hoogspringstaanders was reg voor die pawiljoen. Die dwarslat word so ses voet hoog gestel.

n Gaatjie word gegrawe om n aangepasde paalspringstok te plant. Toe spring hierdie laerskoolknaap toe paal tot groot vermaak van die pawiljoen.

Held van die dag. Met n houtdwarslat as paalspringpaal, seil ek oor die dwarslat wat dan hoer gestel word.

So met die vierdie of vyfde heldepoging was dit n bridge too far. My hout paalspringpaal breek morsaf en ek donner neer op my rug aan die verkeerde kant van die saagsels. Die gebreekte paal kon my deurboor het.

Lekker dae daai op Tina se dorp, Polekwane.

by Bruggie

Die gras is altyd groener

Desember 6, 2011 in Sonder kategorie

Ek sit nou hier en luister na n basso profundo wat Ole Man River  sing. Ek probeer met my bariton

saam sing. Ag nee wat. Luister liewer na hoe dit regtig moet klink. Selle wanneer ek saam met Pavarotti

probeer sing. Die ou baritontjie kom net by nie. Party ouens se stembande en resonansholtes is net beter.

Frank Sinatra, Josh Grobbin is ook baritonne maar in n ander klas. En dan die musikaliteit van n bariton soos

Thomas Hansen. Vergeet van groener gras. Ons is bevoorreg met toegang tot heerlike musiek en talentreuse.

Van Streisand en Rene Fleming, tot by Hansen. Ek kan nie nou dink aan alte en kontra tenore nie. Noem julle

gunstelinge, asb.

by Bruggie

Minnetjies.

Desember 4, 2011 in Sonder kategorie

Net sewe bloggies vandag. Sien julle hoe stil dit hier raak as daai baasblogger Modderkoekie

die dag af vat. En Rissipit , en Vega, en Anha en Jeanne. Woelers van die verlede sluit in Maankind

en Kammakazi en Billeam. Hier in die Kaap gaap die kraaie. Wat is die res van julle se verskonings ?

by Bruggie

Liggie

Desember 2, 2011 in Sonder kategorie

Ou Henry gaan vir sy jaarlikese checkup. Die dok vind geen fout met sy lyf nie, maar hy wil seker maak

Henry se varkies is nog almal op hok.

“Hoe gaan dit met jou en God, Henry ? “

“Nee, kan nie beter nie, Doc. Ek en God is groot tjomme.”

“Hoe so, Henry ?”

“God is tog te gaaf met my, Doc. Sal jy glo, as ek in die nag opstaan met n nood, dan skakel God die lawwie

se lig vir my aan sodra ek die deur oop maak. En as ek klaar is,en ek maak die deur toe, dan skakel God weer vir

my die lig af.”

Die Doc. is stomgeslaan. Later die dag bel hy mevrou Henry .

“Kan die waar wees mevrou ? Skakel God vir Henry die lawwie se lig aan en af ?”

“Aggenee ! Die donner pis alweer in die fridge.”