by

a Blast from the Past

Desember 21, 2011 in Sonder kategorie

In 1945 koop my enkelma n kaal erf in Kew, 15 km noordoos van Johannesburg.Alles op skuld. Die ou UBS

vetrou haar met n verband.

In daardie dae n oorgangsgebied. Portugese groenteplasies langs die Jukskei. Vervalle plotte. Verspoelde

stofstrate. Geen elektrisiteit of water. Alexandra lokasie oor die bult.

 Maar wat ek eintlik oor wil skryf is die Lyndhurst laerskool. n Dubbelmedium met die meeste kinders uit

die weeshuis van die Apostoliese Kerk. Die Kerk verskaf eindelose stimulasie vir n pikkie wanneer so 10,000

kerkgangers met Pinkster kom handeklap.

Kaalvoet kinders wat pouses sonder toesig in die veld rondom die skool speel. Elke dan en wan is daar groot

opwinding vir so vyf minute wanneer twee kannies aanmekaar spring . Faait ! n Horde kinders pak saam.

Ek was eenkeer een van die appelswaaiers. Die bloedneus of gekneusde lip was nie die ergste nie. Traumaties was daardie

hegte kring barbare wat om bloed skree. Vreeslik vernederend vir die ou wat eerste bes gee veral as hy huil.

Dit was dus n genadige uitkoms toe ek skielik vanuit die mob n moerse hou teen die kop kry. My teenstander se

ouer sus het haar boetie kom red. Faait verby. Altwee tree met eer uit die stryd.

23 antwoorde op a Blast from the Past

  1. Ek moet seker liewer word gebruik en dan oorplak.
    Dan spring die sinne nie so rond nie.

  2. katrina het gesê op Desember 21, 2011

    Word is beter. Dit help ook vir wanneer daar iets fout gaan en jy dan nie alles hoef oor te tik nie. Mooi storietjie 🙂

  3. TS het gesê op Desember 21, 2011

    Ek tik my blog altyd sommer in ‘n kommentaarblokkie Werk goed en dan kan mens die font en alles gelyk regmaak

  4. TS het gesê op Desember 21, 2011

    Lekker onthou! Daai stukkie grond is nou seker baie geld werd.

  5. Teerpaaie en water het so teen 1960 gekom.
    Waarde het toegeneem tot 1990.
    Uittog van Wittes na 2000.
    Swart slumlords prop nou 10 mense in elke kamer in.
    Apostolies is weg. Swart kerke paddastoel.

  6. Magtag ! Kry jy jou fotos en grappies alles georganise in n kommentaarblokkie.
    Tina,die pionier.

  7. Ek hou van hoe jy dit vertel, Kaspaas.

  8. Tina: Wat????
    Hoe kry jy dit reg?

    Hoe kan mems in ‘n kommentaarblokkie fonts kies? Vertel asb, slim vrou!

  9. Dankie,Lou

  10. enn die rede van die vuisgevegte? seker so triviaal dat dit nie meer onthou kan word nie

  11. TS het gesê op Desember 21, 2011

    hehehe… nee ek tik net die teks daar!Firefox se speltoetser werk beter as die van my Word

  12. TS het gesê op Desember 21, 2011

    *bloos* … nee – misverstand. Ek tik net die teks daar … dis naby en die speltoetser werk beter as die van Word

  13. Rede vir die appelswaai ? Die een het waarskynlik via riemtelegram laat weet dat hy die ander een nie skrik nie. Dan word dit n saak van eer.

  14. ==== http://www.fashion-long-4biz.com

    ====
    Wholesale Cheap Nike shoes with discount jersey, High quality T-shirts,ED hardy t-shirts,ED Hardy

    hoodies,ED hardy shoes,ED hardy Jeans,Evisu shoes,GUCCI shoes,LV Handbag,Chanel Handbag……welcome to

    Nike shox(R4,NZ,OZ,TL1,TL2,TL3) $33

    Handbags(Coach lv fendi d&g) $33

    Tshirts (Polo ,ed hardy,lacoste) $16

    Jean(True Religion,ed hardy,coogi) $30

    Sunglasses(Oakey,coach,gucci,Armaini) $12

    New era cap $9

    Bikini (Ed hardy,polo) $18

    ==== http://www.fashion-long-4biz.com

    ====

  15. goed vertel

  16. Ja, Ru. Die terug-wortels-toe-stories loop deesdae dik. Dankie vir jou wyshede
    die afgelope maande.

  17. Bit bored so looking for blast from the pasts – do you remember a Dutch teacher – started at Lyndhurst Laerskool in 1951. Nickname = Kaas, real name Flip van Zeeventer?

    He taught there for 27 yrs before retiring. Passed away in 2011 aged 94.

    I remember many of the above altercations – Faaits tussen weeskind en ons, tussen die “boertjies” en die “souties” but all buddies afterwards.

    Cheers

    son of Kaas

    • Bruggie het gesê op Augustus 10, 2013

      Son of Kaas, Sorry I don’t remember Kaas , the teacher. I do remember the school and the weeshuis, and the boere and the souties and the fights. Some Dutch immigrants rented a house from my mother 1948 onwards. Rietbroek and Overes. I bullied Jopie and his irrate father almost killed me before my mother could calm him down. I remember large poor white families and their imbicile children who could not learn to read or write and upset the pecking order by being ten years old among the six year olds. Piet Snot was pathetic, I was scared of Daantjie Gouws, the Labuschagnes were lanky, my mother fed one of the large Botes brood. I remember the athletics on the sloping bit of veld especially the tug-of-war.I was in love with Salome Pretorius. Lets hear some of your details. Ben

  18. Ok, so you are way before my time and possibly my dad’s. As mentioned my dad started teaching there fresh from Holland in 1951. He taught many kids and then their children. Also the Botes clan, which may be the same as who you mention, cant remember how many there were, but I was friends with the second youngest, Manie. He still had a younger brother – IIRC Werner? but he did have many older brothers. My dad was given a gold watch by the parents when the youngest was done.

    Jopie sounds familiar, last few years my dad was friends with a Jopie that he had taught at Lyndhurst. I started school in 1967 at Lyndhurst, when Christo Doman was principal

    The field – my dad spend quite a bit of effort to get it to resemble a rugby pitch, but could never get the grass to take, so playing rugby, soccer, etc one always left a bit of skin behind.

    Afrikaans families started moving away from the area in the middle 70’s due to no high school. Another English medium school was built in Lyndhurst Road and so the number of souties dwindled. So it became one of the 1st Model C schools. But the school is still well run and looks well looked after.

    Possibly you remember Mrs Fritelli? Small, but fierce Italian teacher. Her kids also went to school there? Vincent and another son???

    Then there was also the Marais girls, Rita and her sister, who’s name escapes me now. But their parents were also taught by my father. They lived a few houses up from the school in 2nd Ave.

    I have lost touch with all but 3 old friends from there.

    The school was built in 1919, so heading for its centenary.

    Cheers

    Jan Rein

    Jammer dat ek in Engels skryf, alhoewel ek in die Afrikaanse deel was vir laerskool, het ek die res van my skool loopbaan ens, in Engels gedoen. Praat nog redelik, maar die skrywe moet ek so bietjie hard dink:-)

    • Bruggie het gesê op Augustus 12, 2013

      Jan, Daardie rugbyveld wat jy van praat het later gekom toe die skool fênsie reraak het. (Nat regering, fondse, Broeders wat Sondae die tennisbane bewaak). Ek praat van die stuk veld waar die Apostole pinkster parkeer het. Op die veld het groot kantiene sop en melk met eerste pouse verskyn om die arm bloedjies te voed. Hompe kaas is blokkies gesny en daar was kratte botterbroodjies. Toesig was onvoldoende. n Kind met n beker warm sop aan die een arm wat dan stoei met die ander arm na die brood skink die sop netjies by n ou se kraag in. Ook op die veld het bloeddorstige kinder n ondeurdringbare kraal gevorm om twee kannetjies wat appels swaai. Ek was eenmaal verneder toe n ouer suster uit die kring my neergevel het om haar boetie te red. Ons huis was n hanetreetjie van die veld en die skool.

  19. tina10 het gesê op Augustus 14, 2013

    @benvanbruggen hoe kan julle alles so goed onthou?

    • Bruggie het gesê op Augustus 14, 2013

      @ tina 10 Ek praat van gisteraand se uitsending. Die moeders besef dat die stupid mans jarelank baklei oor opvolgers en ou Herman baklei namens sy vyand se kind.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.