by

Redakteur ?

Desember 18, 2011 in Sonder kategorie

Die hoofdoel van die Litbblogs is seker om aspirant skrywers te laat oefen.

Sommiges stoor hulle poste hier met die hoop om later te bundel.

Ek vermoed een van die is Vlindervlerk.

Sy skryf sober. In die styl van Eleanor Baker. Kwaliteit wat n mens gerus elke

tweede week kan herlees.

Vannoggend lees ek lekker hoe haar kind n nuwe fiets opsyskuif om met nuwe maatjies

te speel. n Paar poste terug is n essay oor wind. Sy is nors oor die monster. En  toe wonder ek.

Sou n goeie redakteur haar haar aanraai om die laaste sin weg te laat ?

Ons vergeet dat wanneer ons n gepubliseerde werk geniet, n redakteur dit afgerond het.

16 antwoorde op Redakteur ?

  1. TS het gesê op Desember 18, 2011

    Ek het gevind dat redakteurs ook maar mense met menslike voorkeure is en so gaan baie kosbare brokkies verlore.

  2. Die hoofdoel van die Litbblogs is seker om aspirant skrywers te laat oefen?
    Jy is nie nou ernstig nie?

  3. Jy’s reg Peace,ek weet nie wat die doel was nie. 99% is die blogs n vriendekring
    forum met die kommentare soos twitters.
    Daar is tog goedversorgde kleinkuns ook.

  4. En tog, Tina, hoor n mens van groot
    gepubliseerde skrywers wat baat by
    kundige tweede opinie. Skrywers raak dikwels te verlief op hul skeppings.
    Hulle het n klankbord nodig.

  5. My doel met blog is bloot om met oordentlike mense soos jy te kommunikeer ; ) …en ‘n soortvan dagboek van gebeure vir die nageslag. Soms soek mens na ‘n datum, dan blaai jy terug op jou blog en siedaar..

  6. Vetjan het gesê op Desember 18, 2011

    Litnet blogs verskaf gewaarborgde besoeke aan selfs die kakste skryfsels denkbaar.

    Enige iemand wat ‘n blog skryf wat sy sout werd is en nie ‘n fokken cheapskate is nie, maak sy eie blog op sy eie domein oop. Obviously kos dit omtrent tussen R 50 en R 100 pm.

    As jy op jou eie domein lesers wil trek moet jy ordentlik blog.

  7. Het jy so n domein, Petrus? Sou hom graag wou besoek.

  8. Dankie Lou. Was ek maar so ordentlik
    as jy.

  9. Vetjan het gesê op Desember 18, 2011

    Ja ek het, en nee, hoe sal jy weet of jy dit wil besoek ?

  10. as mens so na die naam kyk is jy seker reg. En hier is ook mense wie so skryfsels werklik goed is – net so lekker gelees aan die fietsstorie.

    Die meeste egter op die trant wat Lou beskryf

  11. Moet n mens genooi word, Petrus ?

  12. Hullo Ru. Jou kleinding skep fyn. Sproeisies !

  13. Vetjan het gesê op Desember 18, 2011

    nee, jy moet self ontdek

  14. Hoekom so coy ?

  15. Vetjan het gesê op Desember 18, 2011

    go figure

  16. Dankie vir die mooi kompliment, Bruggie!! Eleanor Baker – jy sal dat ek grootkop kry!:) Dankie ook vir die raad. Waardeer dit altyd, want ek droom nog groot drome. Na jare van my talent onder ‘n maatemmer wegsteek het liewe Pippi my sover gekry om hier op Litnet te blog. ‘n Wonderlike bloggemeenskap waar enige een sy skrywes kan deel.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.