by

Gebore onderwysers en gebore poepolle

Desember 17, 2011 in Sonder kategorie

Tina en Lou en nog baie ander hier op die blogs is gebore onderwysers. Hulle is lief

vir die kinders en die kinders vir hulle. En dan kry jy  onderwyspoepholle soos ek.

Jare gelede gee ek Afrikaans as n tweede taal op King Edward V11 in Houghton.

n Goeie sportskool. Gestig in Milner se tyd na die Boereoorlog.

Afrikaans is vir hierdie rykmansseuns onbelangrik en n vreemde taal. n Besielde

onderwyser sou nogtans daarin geslaag het om hulle houding te verander.

Die omgang met n geliefde taal en seuns  geniet en genotvol  maak.

Nie hierdie poephol nie. Geniet wel die rugby afrigting en pogings om koorsang

na ure aan die gang te kry. Maar sukkel met indril van taalpatrone uit n gehate

taaldoseermetode boek. Onderwys geniet? Aaikonna. Gehaat.

In die een klas sit so n groot , slim seun. Sagmoedige slot in die C span.

Deon du Plessis. Hy praat vlot Afrikaans. Hy weier om die blerrie ou taalpatroontjies

uit te skryf . Poephol meneer besef Deon het nie die patroontjies nodig nie. Maar Deon

daag sy gesag uit. Daarom moet Deon dag na dag vorentoe kom en vernederend

buk vir n hou met n plak. Deon het later n koerantredakteur geword.

Nog n herinnering wat brand. Volgens voorsrif moet hierdie seuns elke week n

opstel skryf. Stel jou voor jy moet n opstel in Zoeloe skryf. Meneer nors. Kinders

verbysterd. Meneer boonop n poephol. Vars van onderwyskollege en klasse onder

van Wyk Louw.  Hy weet mos van styl en outentiek skryf. Ploeg weer deur n pak

opstelle wat nagesien moet word. Kom af op n foutlose stukkie oor klere wat

die tienerseun uit n Afrikaanse vroue tydskrif oorgeskryf het. Ewe trots aangebied.

Wil meneer beindruk sien,want meneer het hom kaptein van die rygbyspan gemaak.

Wat doen poephol meneer. Hy maak n les van die seun se opstel. Lees dit voor.

Arme kind krimp weg.

Ek glo nie daardie kind sou tien jaar later vir meneer opsoek en lekker gesels nie.

15 antwoorde op Gebore onderwysers en gebore poepolle

  1. katrina het gesê op Desember 17, 2011

    Jip, daai was ‘n fout. ‘n Kollega kry terugvoering van ‘n outjie: Sir, you used to write ‘swak’ (uitgespreek as swêk) on all my essays!

  2. benmica het gesê op Desember 17, 2011

    Ek onthou en het kontak met beide my Afrikaansse en Engelse onnies.
    Bossie is baie goed. Baie relaxed gewees.
    Robin Jelly is die beste. Ek was nie naby die bestes in hulle klas nie (meer gemiddeld) maar het dit baie geniet.
    Robin het klas gegee op die ou manier. In ‘n toga. Die enigetse een wat dit gedoen het.

  3. Dis tragies dat sulke varke nie geskors
    is nie.

  4. Geniet is die sleutel, Carl.

  5. TS het gesê op Desember 17, 2011

    Ai hoe hartseer maak jy my…
    Jy moet maar nie te kwaai wees met jouself nie – ons het almal ons geraamtes, die kere waar mens onnadenkend ‘n kind/kinders te na gekom het. Ek het ook geslaan toe ek begin skoolhou het en jy kan nie dink hoe spyt ek daaroor is nie.

    Noudat ek nie meer skoolhou wonder ek ook baie keer of ek nie beter in ‘n ander beroep sou gevaar het.

  6. avega het gesê op Desember 17, 2011

    Ek verstaan nie eintlik hoekom die arme kinders Afrikaans moet doen nie.

  7. Dankie vir die troos, Tina.

  8. n Taal in iemand se keel afdruk lok net weerstand,Vega.

  9. Adage het gesê op Desember 17, 2011

    Ek het op ‘n stadium tussen studies by die katolieke buurskool skoolgehou.
    Maar dis goed dat kinders ‘n tweede taal aanleer dit maak die taalarea in die brein ‘oop’ – dis ‘n fisiese feit.
    🙂

  10. !!!!! Ons het sowat ‘n uur gelede gepraat oor ons eie belangeloosheid be sommige skoolvakke omdat di eonderwysers nie mens se belangstelling in die vak geprikkel het nie – in my geval geskiedenis.

    die lig het gelukkig vir my rooi geslaan voordat ek onderwysrigting ingeslaan het, ek is egter weer spyt oor die manier waaroop ek my eie kinders soms gestraf het

  11. Ek gaan nie begin dink aan skade oor 38 jaar aan kinders gedoen nie – ook nie wat hulle aan my gedoen het nie!

    Nie een van ons onnies is onskuldig nie…
    Hoop dit troos…

  12. Die aanleer van tale gebeur natuurlik en
    maklik by kindertjies wat speel speel aanleer by
    anderstalige maatjies. Ek het as volwassene Duits
    aangeleer deur in Duitsland in n koor te sing en deur na TV te kyk en radio te luister. Ook in Frankryk probeer, maar gefaal, met oorfone in n taallabratorium. As tieners weerstand bied kort dit n uitsonderlinge onnie, goeie taallabratrorium en uitstappies na Afrikaanse toneelopvoerings om hond haaraf te maak.

  13. Jip Lou, onnies word ook soms verinnerweer. Dankie vir die troos.

  14. Wat my pla is dat die onderwys oor die algemen besig is om van sleg na vrot te gaan in RSA. Dus lei ek af dat daar meestal peopolle in beheer is en klas gee. Die goeies is maar min, maar vir hulle het ek uiterste respek.

    dankie tog vir Mastermaths…nou is my kind ‘n top presteerder.

  15. Eksamengewys kan mens privaat geholpe raak.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.