by

Kan dit werk ?

Desember 14, 2011 in Sonder kategorie

Kom ons aanvaar dat die matige gebruik van alkohol gesellig kan wees en dat kroee , pubs en sjebeens

deel van ons ekonomie en kultuur is.

Kom ons aanvaar ook dat alkohol n gevaarlike dwelm is.

Hoe kan ons alkohol gebruik beskaafd hou, veral onder die jeug.

Wat van alle kontant verkope van alkohol verbied. Vervang kontant met n alkohol debit kaart met n minimum

intree vlak van R1000.

19 antwoorde op Kan dit werk ?

  1. Vetjan het gesê op Desember 14, 2011

    en hoeveel het jy gedrink voor jy hierdie inskrywing gemaak het?

  2. Wat van net R100/persoon/maand

  3. on-nugtere idee

  4. Ek is straal nugter

  5. Ek dink R1000 maak dit n gewigtige besluit wat ook die jongeling se ouers dalk betrek. Dis nie vir onbeheersde wegsuip nie. n R10 limiet per dag sal betaal vir n glas wyn of n bier.
    Die kaart moet elke maand hernu word.Die saldo wip oor met n stewige rente na n spaarrekening. Jongeling kan
    spaar vir n ryding.

  6. UNPOCO het gesê op Desember 14, 2011

    Jou plan is eintlik briljant, ek dink net die bedrag is bietjie hooooooog.

  7. pasella het gesê op Desember 14, 2011

    Blerrie drank. Dis alles Noag se skuld.

  8. As ons nie eers iets soos tik (wat onwettig is) kan bekamp onder kinders nie, gaan drank maar sukkel!

  9. Het wingerd die vloed oorleef of het Noag
    stokkies aanboord gehad ?
    Ek het my vergaap aan n video van
    n Amerikaner wat voor groot gehore
    College studente verklaar dat die aarde
    6000 jaar gelede ontstaan het want
    die bybel se so.

  10. louisna het gesê op Desember 14, 2011

    Sjebeens het nie kaartmasjiene nie. DUS, drank gaan bly verkoop word, ongeag wette of wat ook al.

  11. TS het gesê op Desember 14, 2011

    hehehe… onthou ek daai een ‘n paar weke gelede – jy was darem diep in die sop!

  12. TS het gesê op Desember 14, 2011

    en as jy nou daai R1000 in een aand uitdrink? Kan jy dan more weer kry? Moet met dit nie ‘n maksimum maak nie?

  13. n Onttrekkings limiet van R10 per dag.
    Die pubs word gesellige koffiekroee.
    Familie vriendelik.

  14. Happy 2012 newyear
    Merry Christmas ,Christmas top gift
    ==== http://www.fashion-long-4biz.com ====
    Wholesale Cheap Nike shoes with discount jersey, High quality T-shirts,ED hardy t-shirts,ED Hardy hoodies,ED hardy shoes,ED hardy Jeans,Evisu shoes,GUCCI shoes,LV Handbag,Chanel Handbag……welcome to

    Nike shox(R4,NZ,OZ,TL1,TL2,TL3) $33

    Handbags(Coach lv fendi d&g) $33

    Tshirts (Polo ,ed hardy,lacoste) $16

    Jean(True Religion,ed hardy,coogi) $30

    Sunglasses(Oakey,coach,gucci,Armaini) $12

    New era cap $9

    Bikini (Ed hardy,polo) $18

    ==== http://www.fashion-long-4biz.com ====

  15. Vetjan het gesê op Desember 14, 2011

    fok, dis jammer, dan het jy miskien ‘n verskoning gehad vir seker die tweede mees delusionele bloginskrywing sedert die bestaan van litnet blogs.

  16. abrham het gesê op Desember 15, 2011

    en hoe moet ek my kinders se studies betaal?

  17. Moenie worry nie Abram. My ou voorstelletjie is dood gebore.
    (Kla jy dat jy moet kies tussen jou
    kinders se duur gesuip of hulle duur
    klasgeld ?)

  18. dink nie die groot drinkers gaan jou sekondeer nie

  19. abrham het gesê op Desember 15, 2011

    ek praat nie uit die huis uit nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.