Jy blaai in die argief vir 2011 Desember.

by Bruggie

Sulke Bliksems.

Desember 31, 2011 in Sonder kategorie

Hart vashou oor wilde tieners op Margate ? Wat van hartvashou oor wilde veertigers.

Elke jaar staan twee 7O plus Gautengers hulle lieflike vakansiehut/huisie in die Wildernes

aan hul knap seun af . Die knaap stres heeljaar om sy spesialis ingenieursaak aan die gang te hou.

Vir n paar dae ontmoet hy sy universiteitspelle om barbaars te ontstres.Die ouers vrees dat hul huisie

skade kan optel. Hulle pla die jongelinge met gereelde oproepe om tog op hierdie of daardie te let.

Die mannetjies besluit om terug te slaan. Laatnag stuur hulle die n SMS.

“Waars die brandblusser ?”

Binne sekondes lui hul foon.

by Bruggie

Francois Williams

Desember 23, 2011 in Sonder kategorie

Bloggers, Geen normale mens kan so non-stop kakpraat soos F.W. nie.

So aanhou teen die stroom op swem nie.  Dag na dag reaksie probeer

uitlok deur Afrikaners,die Weste, Christene … ag nou ja, you get my drift.

Sy ergste straf sal wees as almal him ignoreer. Maar dit sal wreed wees.

Die man smag siek na aandag.

Ek vra dat ons almal hom nou en dan beledig en maak asof hy ons irriteer.

Hy is na alles n mens.

by Bruggie

Iets vir die dames….

Desember 21, 2011 in Sonder kategorie

In haar autobiografiese boek The Sum of Our Days, word Isabel Allende genooi om vir die jeugmark

n boek oor Zorro te skryf. Sy skryf:

I fell in love with Zorro. I imagine his erotic feats. My favorite sexual fantasy is for that appealing hero to quietly climb

to my balcony, make love to me in the shadows with the wisdom and patience of Don Juan, undeterred by my cellulite

and my years, and disappear at dawn. I lie drowsing between the wrinkled sheets without a hint who the gallant was

who so favored me, because he never took off his mask.

No guilt assigned. 

by Bruggie

a Blast from the Past

Desember 21, 2011 in Sonder kategorie

In 1945 koop my enkelma n kaal erf in Kew, 15 km noordoos van Johannesburg.Alles op skuld. Die ou UBS

vetrou haar met n verband.

In daardie dae n oorgangsgebied. Portugese groenteplasies langs die Jukskei. Vervalle plotte. Verspoelde

stofstrate. Geen elektrisiteit of water. Alexandra lokasie oor die bult.

 Maar wat ek eintlik oor wil skryf is die Lyndhurst laerskool. n Dubbelmedium met die meeste kinders uit

die weeshuis van die Apostoliese Kerk. Die Kerk verskaf eindelose stimulasie vir n pikkie wanneer so 10,000

kerkgangers met Pinkster kom handeklap.

Kaalvoet kinders wat pouses sonder toesig in die veld rondom die skool speel. Elke dan en wan is daar groot

opwinding vir so vyf minute wanneer twee kannies aanmekaar spring . Faait ! n Horde kinders pak saam.

Ek was eenkeer een van die appelswaaiers. Die bloedneus of gekneusde lip was nie die ergste nie. Traumaties was daardie

hegte kring barbare wat om bloed skree. Vreeslik vernederend vir die ou wat eerste bes gee veral as hy huil.

Dit was dus n genadige uitkoms toe ek skielik vanuit die mob n moerse hou teen die kop kry. My teenstander se

ouer sus het haar boetie kom red. Faait verby. Altwee tree met eer uit die stryd.

by Bruggie

Trots en Jaloers.

Desember 19, 2011 in Sonder kategorie

Ek fiets vanoggend  om te gaan skaak speel.Langs die Common stap Andre Brink en sy jong vrou.

Hy stap vier , flink en gemaklik. n Stralende paartjie saam.

Ek is trots op hierdie mede Afrikaner  en  op sy talent.

Jaloers op die tye van geluk wat hy met sy vorige vroue gehad het en jaloers op die geluk wat hy nou weer

met die knap Pool geniet.

Trots op hoe waardig hy hom nie steur aan geskinder nie. Trots op die goeie verhoudings wat hy met sy ekse handhaaf.

by Bruggie

Redakteur ?

Desember 18, 2011 in Sonder kategorie

Die hoofdoel van die Litbblogs is seker om aspirant skrywers te laat oefen.

Sommiges stoor hulle poste hier met die hoop om later te bundel.

Ek vermoed een van die is Vlindervlerk.

Sy skryf sober. In die styl van Eleanor Baker. Kwaliteit wat n mens gerus elke

tweede week kan herlees.

Vannoggend lees ek lekker hoe haar kind n nuwe fiets opsyskuif om met nuwe maatjies

te speel. n Paar poste terug is n essay oor wind. Sy is nors oor die monster. En  toe wonder ek.

Sou n goeie redakteur haar haar aanraai om die laaste sin weg te laat ?

Ons vergeet dat wanneer ons n gepubliseerde werk geniet, n redakteur dit afgerond het.

by Bruggie

Yawn cure ?

Desember 17, 2011 in Sonder kategorie

Another Rugby union year awaits. Same old same old. Here’s a radical proposal.

Rugby Union and Rugby League reach a compromise and the whole rugby world plays League in 2013

and Union in 2014, alternating every year until the viewing public opts for a favourite.

Let the people decide how they want to be entertained in this professional era.

Since most of our bloggers know and support Union I urge them to be open-minded about

League or at least explain why it would be the end of the world to expose the South African

rugby public to world class League. Would it not be interesting to see Union players change

codes for a year . I suspect the real footballers will shine in both codes.

I am ignorant about League. Union has revered  stadia like Newlands, Loftus, Twinkenham etc.

Do similar holy venues exist for League ? How many professionals play which code ?

What are the virtues of the 15 man and 12 man codes ?

One thing for sure. If my radical proposal is adopted it will shake up BOTH codes. No more

same old same old.

by Bruggie

Gebore onderwysers en gebore poepolle

Desember 17, 2011 in Sonder kategorie

Tina en Lou en nog baie ander hier op die blogs is gebore onderwysers. Hulle is lief

vir die kinders en die kinders vir hulle. En dan kry jy  onderwyspoepholle soos ek.

Jare gelede gee ek Afrikaans as n tweede taal op King Edward V11 in Houghton.

n Goeie sportskool. Gestig in Milner se tyd na die Boereoorlog.

Afrikaans is vir hierdie rykmansseuns onbelangrik en n vreemde taal. n Besielde

onderwyser sou nogtans daarin geslaag het om hulle houding te verander.

Die omgang met n geliefde taal en seuns  geniet en genotvol  maak.

Nie hierdie poephol nie. Geniet wel die rugby afrigting en pogings om koorsang

na ure aan die gang te kry. Maar sukkel met indril van taalpatrone uit n gehate

taaldoseermetode boek. Onderwys geniet? Aaikonna. Gehaat.

In die een klas sit so n groot , slim seun. Sagmoedige slot in die C span.

Deon du Plessis. Hy praat vlot Afrikaans. Hy weier om die blerrie ou taalpatroontjies

uit te skryf . Poephol meneer besef Deon het nie die patroontjies nodig nie. Maar Deon

daag sy gesag uit. Daarom moet Deon dag na dag vorentoe kom en vernederend

buk vir n hou met n plak. Deon het later n koerantredakteur geword.

Nog n herinnering wat brand. Volgens voorsrif moet hierdie seuns elke week n

opstel skryf. Stel jou voor jy moet n opstel in Zoeloe skryf. Meneer nors. Kinders

verbysterd. Meneer boonop n poephol. Vars van onderwyskollege en klasse onder

van Wyk Louw.  Hy weet mos van styl en outentiek skryf. Ploeg weer deur n pak

opstelle wat nagesien moet word. Kom af op n foutlose stukkie oor klere wat

die tienerseun uit n Afrikaanse vroue tydskrif oorgeskryf het. Ewe trots aangebied.

Wil meneer beindruk sien,want meneer het hom kaptein van die rygbyspan gemaak.

Wat doen poephol meneer. Hy maak n les van die seun se opstel. Lees dit voor.

Arme kind krimp weg.

Ek glo nie daardie kind sou tien jaar later vir meneer opsoek en lekker gesels nie.

by Bruggie

Juig vir Engels , ook.

Desember 15, 2011 in Sonder kategorie

Ons tweetalige Afrikaners (99.9% ?) het met ons gatte in die botter geval.

Ons geniet Afrikaans en OOK Engels. En soms is Engels lekkerder.

Hoekom se ek so ?

Ek pas my huurder se cute worshond op. Die lewendige brakkie is n plesier.

Hy snuffel elke paar uur my kombuis en stoorkamer se gleuwe deeglik deur.

As n muis of n rot onlangs daar geloop het, raak hy opgewonde. 

Die rotte en muise trap in hul spoor. Hierdie mannetjie is hulle Moses.

En waarom waardeer ek Engels as ek vir Wors dophou ? Because he

takes the phrase “I smell a rat !” to a new level.

by Bruggie

Kan dit werk ?

Desember 14, 2011 in Sonder kategorie

Kom ons aanvaar dat die matige gebruik van alkohol gesellig kan wees en dat kroee , pubs en sjebeens

deel van ons ekonomie en kultuur is.

Kom ons aanvaar ook dat alkohol n gevaarlike dwelm is.

Hoe kan ons alkohol gebruik beskaafd hou, veral onder die jeug.

Wat van alle kontant verkope van alkohol verbied. Vervang kontant met n alkohol debit kaart met n minimum

intree vlak van R1000.