Jy blaai in die argief vir 2011 November.

by Bruggie

Koorsang

November 13, 2011 in Sonder kategorie

Wie van julle stem saam dat koorsang van die hoogste gehalte te hoor is op Cape Tv , Sondae aande.

Ek meen dis die Nuwe Apostoliese Koor.  Jong bruin koorlede , seker so 100 van hulle. Netjies, skoon, trots.

Begelei deur n volle orkes, alle spelers bruin.

Dis nie alles drugs, misdaad , dronkenskap, en uit voortande onder bruinmense nie. Net n eindelose

verskeidenheid talentvolle jong mense.

by Bruggie

Smiles all round

November 10, 2011 in Sonder kategorie

My ou Uno se remme was n nagmerrie. Die probleem le by die master cylinder. n Betroubare werkswinkel vra R1200 om

n pirate cylinder in te sit. Ek besluit: doen dit self, want Suburban spares verkoop hulle vir R500.

Spring vanmiddag aan die werk. Moeilike, fyndraad pypaansluitings moet losgedraai word. n Uur later staan ek en kak praat

met n ou by die counter in Suburban spares. Hy en sy bejaarde pa dra n Sentra se alumium top rond.  Hulle soek al dae want die Sentra is oud.Daarom geniet hulle iemand wat na hulle storie luister.

Ek kry my master cylinder maar dis nog nag, want ek moet nou gaan kennis bedel oor hoe om die plastiek reserviortjie

van die oue af te kry, sonder om plastiek pypies af te breek.

Ek ry skaars 100 meter of ek sien ouens wat op n oop stuk veld goedkoop knaldempers aan tjor eienaars verskaf.

Toe ek  nader stap ,herken ek die manne wat my twee jaar gelede met moeilike swyswerk gehelp het. Blye wedersiens.

Blad word geskud met verskeie her-vatte. Serserviortjie afhaal sonder om te breek ? Geen probleem . Plat yster inglip

tussen die cylinder en die reservior. Voete wat die yster vastrap op die grond. Vingers om die reservior geklem. Kromrug  beur.

Los !

Ek jubbel. Probleem opgelos. Ag , Sorry , my friends. I have no money. No problem, madala. Dit was lekker vir ons om jou

te help. Jy het ons vaardigheid waardeer.

n Lekkervoel vyf minute vir almal. Harte weer skoon .

by Bruggie

oorbevolking

November 1, 2011 in Sonder kategorie

Die toekoms van veral Afrika is skrikwekkend. Die VN moet dringend verreis dat alle lande waar meer as 5% werkloos is,

elke ses maande by die VN verslag doen oor hoe bevolkingsgroei beheer word.

Die perk van 5% sluit feitlik alle lande in,ook die VSA en die Europese lande.

Van die ryk lande het alreeds n lae aanwas maar sommige, soos Rusland,

moedig nou groot families aan vir nasionalistiese redes.

In die ryk lande is daar ook te min jong mense om die groot persentasie

ou mense te versorg.

Nogtans moet alle lande deelneem, anders sal ons weer hoor dat slegs die donker nasies se aanwas n

probleem is.

Dis slim en nodig om oorbevolking en werkloosheid saam te sien. Wonderlik  as politici wereldwyd se loopbane

glans kry as hulle  met vernuf planne uitdink om die beste te vaar wanneer hulle elke ses maande by die VN

verslag doen. Shine geleentheid vir die blink menere.

Meer belangrik: skole, kerke, alkohol sektor, reklame bedryf, media, sit stewig skouer aan die wiel. Slim planne.

Uit-die-doos denke. In Indie het hulle ouens wat laat knip het, met draagbare radios omgekoop.

Die probleem is wereldwyd, maar moet plaaslik oorkom word.