by

Nursie

November 30, 2011 in Sonder kategorie

Modderkoekie is die enigste jongeling wat skynbaar belang gestel het in die debat van my vorige pos.

Vandag besluit Tina om eerder n lang lys grappies te plaas oor oud word. Ek stem saam , grappies is beter.

Tog wil ek nou vertel van n bepaalde niche mark wat n verpleegster hier in my geweste haar eie gemaak het.

Ek het haar ontmoet in die laaste jare van n steunpilaar van ons seniorsskaakgroepie. Hierdie slim man het

met haar getrou . Hy het haar lief gehad omdat sy hom goed versorg het. Sy het hom ook lief gehad en sy dood was vir haar swaar.

n Week gelede praat ek met n man wat op sy dag n wereldklas pianis was. Hy is opgewek. Toe ek hom tien jaar gelede

gesien het was hy suur. Hy kon dit nie verwerk dat dat hy nie meer klasgee nie, nie meer belangrik was nie. Oor beuselagtighede

het hy in die koerante briewe geskryf en gekla.

Hoekom is ou knorpot nou weer gelukkig ? Aan sy sy is die weduwee van die skaakspeler. Sy is die nuwe mev/doktor/professor.

Sy versorg hom . As verpleegster weet sy hoe. Sy straal ook,want versorging is haar roeping. 

7 antwoorde op Nursie

  1. Ek kan solank in die tou gaan staan.
    Dit gaan n lange wees teen die tyd
    die pianis die Jordaan oorsteek.
    En sy gaan al hoe beroemder raak.

  2. TS het gesê op November 30, 2011

    Wat soek jy nou eintlik? Verpleegster/maat/skaakspeler of ‘n stukkende huis wat jy kan heelmaak?

  3. TS het gesê op November 30, 2011

    Ek het ook nogal gewonder oor die een…

  4. Liefde maak alles beter. Liefde en aanraking. Ons is almal beter mense as gevolg daarvan.

  5. avega het gesê op November 30, 2011

    In vandag se tye is 72 nog ‘n spring chicken. Dis nie lekker om eensaam oud te word nie. As jy baie geld het sal jy gougou iemand kry, maar ‘n goeie sin van humor help. Grumpy old men is aaklig.

  6. melvanas het gesê op Desember 2, 2011

    Ek glo dat elke man mommy-issues het. Dis hoekom ek so vreeslik deur die mans gegaan het in my lewe, jy weet. Want ek love om hulle te VERSORG en hulle love dit ook. Ek kook. Ek hou huis. Ek hou kop met kinders (of so lyk dit) en ek is deugsaam. Maar dit kom teen ‘n prys want vir ‘n lui-gat man het ek nie tyd nie!

  7. Jy is n lewendige vrou en verdien
    n wakker man.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.