by

Vrynet ?

November 29, 2011 in Sonder kategorie

Nuwe maat op 72 ?

 

Ek is al 7 jaar n wewenaar. Sorg vir myself in n lekker, stil huis.

Weer vrou soek ? Glo nie. Gelukkig soos ek is.

 

 

 

n Weduwee wat alleen woon binne 10 km radius, sal gaaf wees.

Lekker om nou en dan saam tee te drink en takies vir haar te verrig. Beide gaan voort met hul eie lewens en deel wanneer dit albei pas.

 

Ligloop vir bitter geskeides.

 

Vermy alle vrouens jonger as 30.

 

Pasop vir die mooies. Die sugar daddy ding is nie vir my nie.

 

Beste ouderdom vir n blywende maat waarskynlik 70 +

 

n Wyse , rustige vrou, wakker en skerp van gees, woon dalk tevrede alleen iewers in Kaapstad.

10 antwoorde op Vrynet ?

  1. TS het gesê op November 29, 2011

    hehehehe… so skep jy jou eie opsitkers!

  2. ‘n sugar daddy moet die sugar kan bekostig. En die jongeres het gewoonlik ‘n yslike soettand

  3. Die beste is as jy tevrede is alleen.
    Die saamwees af en toe moet n bonus wees,
    nie n noodsaaklikheid nie.

  4. Die jong mooi poppies verdien swaar aan
    die sugar by die oor-die-muur- daddies.

  5. Tina, opsitkers is nie vir my nie.
    As n gawe onafhanklike oor my pad kom, gaaf. Ek is te lui vir blink kant voor
    hou.

  6. avega het gesê op November 29, 2011

    Toe my pa 85 was is my ma oorlede. Die vroue van die woonstelle waar hy bly in die aftree oord het hom oorval, want hy’s nog heel gesond. Enetjie was 70 en baie oulik. Hulle is al 4 jaar ‘n paartjie maar elk in hul eie woonstel. Sy doen wondere vir hom en hy is goeie, intelligente en humoristiese geselskap vir haar.

  7. Hulle het die resep reg, Vega. Die 15 jaar ouderdomverskil wys alles hang van die individu af.

  8. Dankie, MK

  9. As jy wel 72 is, sou ek voorstel vermy vrouens jonger as 60, ouderdomsgapings groter as 10 jaar werk bitter selde.

  10. En blykbaar woon jy in Kaapstad !

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.